Hyundai Automotive Suid-Afrika (Edms) Bpk is 'n motorvervaardiger met sy hoofkantoor in Bedfordview, Gauteng. Die maatskappy is gestig in 1999 in samewerking met die houermaatskappy "Associated Motor Holdings" onder leiding van die sakeman Billy Rautenbach. Dit is die opvolger van die destydsbekende "Hyundai Motor Distributors" verspreidings- en handelaarnetwerk. Die fondament is gebou op die voormalige produksiefasiliteit in Gaborone, wat na later na Rosslyn, Suid-Afrika verskuif is. Die bestuurshoof van die aanleg is Alan Ross. Die Rosslyn-aanleg het die verskaffing aan 80 handelaars in die lande Suid-Afrika, Botswana en Namibië oorgeneem. In 2005 het die maatskappy die Hyundai-toekenning as "Globale Verskaffer van die Jaar" verower.
Na afloop van die kortstondige onderbreking van die "Motor Company of Botswana" het Billy Rautenbach besluit om sy Hyundaiproduksie in Suid-Afrika te hervestig. Die modelreeks van die maatskappy was steeds dieselfde bekende modelle, met die Accent, Elantra, Sonata; asook die Tiburon wat gewild was onder Suid-Afrikaners in wedrenne en by dryfaanhangers.
Modelreeks