Havelland (amptelik: Landkreis Havelland) is 'n administratiewe distrik in die weste van die Duitse deelstaat Brandenburg. Dit het 'n oppervlakte van 1717,15 km² en 'n bevolking van 159 685 (soos op 31 Desember 2016).
Geskiedenis
Die distrik is in 1993 deur die samesmelting van die ou Nauen- en Rathenow-distrikte gevorm.
Havelland is die naam van die gebied op die oewer van die Havel-rivier tussen die stad Berlyn en die Elbe-rivier. Hierdie gebied sluit ook die stede van Brandenburg en Potsdam in, wat nie deel van die distrik is nie. Die distrik Havelland bestaan hoofsaaklik uit die gebied noord van die Havel-rivier.
Stede en munisipaliteite
Havelland is bestuurlik in die volgende stede, munisipaliteite en Ämter ingedeel:
Eksterne skakels
|
Selfregerende stede en distrikte van Brandenburg
|
|
|
|