Genk is 'n Belgiese stad en munisipaliteit in die middel van die Vlaamse provinsie Limburg en het 'n oppervlakte van 88 km² en sowat 65 000 inwoners (2011).
Die Provinsiale Domein Bokrijk is in Genk geleë. Dit herberg 'n opelugmuseum en 'n bostuin.
Plekke
Plekke in die munisipale gebied van Genk:
Bokrijk, Boxbergheide, Bret-Gelieren, Driehoeven, Genk-Centrum, Hoevezavel, Kolderbos, Langerlo, Nieuw Texas, Nieuwe Kempen, Sledderlo, Termien, Vlakveld, Waterschei, Winterslag en Zwartberg.
Geboortes
- Jan Jambon (1960), politikus (eerste minister van Vlaandere sedert 2019)
Eksterne skakels
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met Genk. |