El Al bedien slegs kosjermaaltye en vervoer geen passasiers op sabbat (Saterdag) en Joodse godsdienstige feesdae nie.
Geskiedenis
El Al is aan die einde van 1948 gestig, pas na die oprigting van die staat Israel. El Al was aanvanklik geheel en al in staatsbesit, maar vanaf 12 Junie2003 word aandele ook op die beurs van Tel Aviv verhandel. Sedert 1 Januarie2005 is El Al 'n privaatmaatskappy.
Veiligheid
Die lugredery is bekend vir sy uitgebreide sekuriteitskontroles op passasiers en vliegtuie. Die inweegtoonbank by Schiphol is byvoorbeeld heeltemal afgeskerm. Minstens vier gewapende wagte is teenwoordig op elke vlug, beide binnelands en internasionaal. Hulle word op strategiese plekke op die vliegtuig geplaas, soos nooduitgange of naby kajuitdeure, om 'n moontlike kaping te voorkom.
Volgens El Al het dit ’n missielverdedigingstelsel op elke vliegtuig geplaas wat kan veroorsaak dat oppervlak-tot-lug-missiele van koers verander. So 'n stelsel kos sowat 38 miljoen dollar elk. Die nodige veiligheidsbeleid is een van die redes waarom 'n vliegkaartjie van El Al duurder is as by ander lugrederye.
El Al Cargo
Die vragdraer van die maatskappy word El Al Cargo genoem. Dit het tot 2008 'n tak by Schiphol-lughawe in Nederland gehad. Daardie jaar is hierdie tak verskuif na Luik Lughawe, 'n groot vraglughawe in België. Schiphol sou te duur geword het vir El Al Cargo, deels weens streng regulasies.