Eddie Daniels

Eddie Daniels
Gebore
Edward Daniels

(1928-10-25)25 Oktober 1928
Sterf30 November 2017 (op 89)
NasionaliteitVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Bekend viranti-apartheidsaktivis

Eddie Daniels (25 Oktober 192830 November 2017) was 'n Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktivis. Hy was vyftien jaar lank politieke gevangene op Robbeneiland gedurende die jare wat Nelson Mandela daar deurgebring het.[1]

Die Begin

Eddie se vader was 'n Engelsman uit Engeland, en sy moeder 'n sogenaamde Kleurling; dus is hy outomaties as Kleurling geklassifiseer. Hy neem aanstoot aan hierdie term, en verkies om 'n Suid-Afrikaner genoem te word.[2] Hy het grootliks gelukkige kinderdae deurgebring in die omgewing om Distrik Ses en Lavender Hill. Ontmoetings en voorvalle met bendes en die polisie het bygedra tot die vorming van sy sterk gevoel oor regverdigheid en ordentlike gedrag. Met Tafelberg so naby, het hy en sy vriende genoeg geleentheid gehad vir stap en bergklim.

Skooljare en Werk

Eddie het plaaslike skole bygewoon, en met 'n standerd-ses sertifikaat die lewe betree. Hy het verskeie werke gehad, selfs vanaf sy skooldae. Kort na die einde van die Tweede Wêreldoorlog, wou hy sy droom om by die handelsvloot aan te sluit bewaarheid; maar hy moes maar wag tot 1954, toe hy begin walvisse jag het.[3]

Na sy jare as visterman, sluit Daniels aan by die diamantontginningsbesigheid in Oranjemund waar hy met behulp van groot masjienerie gehelp het om die rotslaag te ontbloot. Dit is interessant om op te let dat, sonder navraag, hy as wit aanvaar is.[4] Die stilte en natuurskoon van beide die see en die woestyn het hom besonder aangetrek.

Aktivisme

Daniels se oplettendheid het hom vroeg bewus gemaak van ongeregtigheid om hom. In 1952 begin hy meer aktief raak deur protes-opmarse en -vergaderings by te woon. Hier het sy betrokkenheid by die Liberale Party (LP), sy politieke tuiste, ook begin.[5]

Politiek

Met sy terugkeer na Kaapstad, vanaf Oranjemund, begin Eddie meer bewus word van ongeregtigheid deur sy betrokkenheid by 'n fotografiese saak. Hy begin sien hoeveel mense seergemaak word slegs deurdat hulle nie wit was nie. Na sy deelname aan verskeie demonstrasies, vind hy dat die beginsels van die Liberale Party – demokrasie en geregtigheid in 'n nie-rassige Suid-Afrika – hom besonder byval.[6]

Toe Eddie vir Walter Sisulu vertel hoe hy by die LP aangesluit het, was Sisulu verstom dat hy doodluiters by 'n organisasie aangesluit het bloot omdat hulle beginsels hom aangestaan het.[7]

Deur die militante houding van die LP en verwante organisasies, word Eddie betrek by sabotasie wat uiteindelik gelei het daartoe dat hy 'n politieke gevangene word.[8]

Gevangenskap

Tussen 1964 en 1979 was Daniels in die tronk – die grootste deel op Robbeneiland. Hy vertel van sy ondervindinge met hofamptenare, polisie, tronkbewaarders en mede-gevangenes met eerlikheid en humor. Alhoewel hy nie lid was van die African National Congress nie, was hy na aan Nelson Mandela, en is hy dikwels uitgesonder om inligting te deel.[9] Na sy ontslag van gevangenskap word Eddie nog onder huisarres gehou tot Julie 1983.

Gedurende die jare in die tronk, slaag Eddie daarin om BA en BComm grade te verwerf. Na sy banningsbevel opgehef is het hy 'n onderwysdiploma verkry en het hy sy onderwysloopbaan begin – ongelukkig tydens hewige studente-protestye.

Persoonlike lewe

Gedurende die tyd toe Daniels tot die Kaapstadse Magistraatsdistrik beperk is, hervat hy sy vriendskap met Eleanor Buchanan (nou 'n weduwee) met wie hy bevriend was in Oranjemund. Dit was nie moontlik vir hulle om te trou nie aangesien Eleanor blank was, maar hulle kon die wet oortree deur hulle ernstige verhouding.

In 1983, trou hulle nogtans, ten spyte van die Groepsgebiedewet. Sewe jaar later, na die herroeping van die wet, het Eddie en Eleanor weer (wetlik) getrou. Hulle sou vele gelukkige jare verder saam deurbring voor Eleanor hom in 2001 ontval het.

Eddie reis dikwels oorsee waar hy meesal studente toespreek, en mense dikwels bedank vir ondersteuning tydens die moeilike jare.[10][11]

Eddie sterf te Somerset-Wes op 30 November 2017, op 89 jaar.[12]

Verwysings

  1. "CVET onderhoud; video". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Julie 2015. Besoek op 23 Junie 2013.
  2. There and Back, Outobiografie, Hoofstuk 1
  3. There and Back, Outobiografie, Hoofstukke 3 en 4
  4. There and Back, Outobiografie, Hoofstuk 6
  5. There and Back, Outobiografie, Hoofstuk 3
  6. There and Back, Outobiografie, Hoofstuk 8, bl. 93
  7. There and Back, Outobiografie, Hoofstuk 16
  8. There and Back, Outobiografie, Hoofstuk 9
  9. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 September 2013. Besoek op 26 Junie 2013.
  10. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 November 2013. Besoek op 26 Junie 2013.
  11. http://www.bgsu.edu/offices/mc/monitor/10-23-06/page24107.html
  12. http://www.sahistory.org.za/people/edward-eddie-john-daniels

Publikasies

Read other articles:

Mixcoatl seperti yang digambarkan dalam Kodeks Telleriano-Remensis. Mixcoatl (bahasa Nahuatl: Mixcōhuātl, [miʃˈkoːwaːt͡ɬ] dari mixtli [ˈmiʃt͡ɬi] awan dan cōātl [ˈkoːaːt͡ɬ] ular), atau Camaztle [kaˈmaʃt͡ɬe] atau Camaxtli, adalah dewa perburuan yang dikaitkan dengan Bima Sakti, bintang-bintang, dan langit dalam kepercayaan yang dianut oleh beberapa kebudayaan Mesoamerika. Ia merupakan dewa pelindung suku Otomi, Chichimec, dan beberapa kelompok lain yang menyatakan dir...

 

Sir Karl Raimund PopperCH FRS FBAPopper pada dekade 1980-anLahir28 Juli 1902Wina, AustriaMeninggal17 September 1994(1994-09-17) (umur 92)London, InggrisEraFilsuf abad ke-20KawasanFilsuf BaratAliranAnalitisRasionalisme kritisFalibilismeEpistemologi evolusionistikLiberalismeMinat utamaEpistemologiFilsafat ilmuFisafat sosial and Filsafat politik Filsafat budiGagasan pentingFalsifiabilitasMetode Hipotetik-deduktif Dipengaruhi Sokrates (via Platon) · Lycophron · ...

 

عمر البشير   مناصب رئيس السودان[1][2] (7 )   في المنصب30 يونيو 1989  – 11 أبريل 2019  أحمد الميرغني  أحمد عوض بن عوف‎  رئيس وزراء السودان   في المنصب30 أكتوبر 1993  – 19 أغسطس 2002  معلومات شخصية اسم الولادة عمر حسن أحمد البشير الميلاد 1 يناير 1944 (العمر 80 سنة) ...

Felice Carlo Besostri Sindaco di Borgo San GiovanniDurata mandato1983 –1988 PredecessoreEttore Oldani SuccessoreAntonio Scotti Senatore della Repubblica ItalianaDurata mandato9 maggio 1996 –29 maggio 2001 LegislaturaXIII GruppoparlamentareDemocratici di Sinistra-L'Ulivo CoalizioneL'Ulivo CircoscrizioneLombardia Sito istituzionale Dati generaliPartito politicoPSI (fino al 1994)FL (1994-1998)DS (1998-2007)PD (2007-2017)Art1 (2017-2023) Titolo di st...

 

Собачий полденьангл. Dog Day Afternoon Жанр криминальная драма Режиссёр Сидни Люмет Продюсеры Мартин БрегманМартин Элфэнд На основе Собака[d] Авторсценария Фрэнк Пирсон В главныхролях Аль ПачиноДжон КазалеДжеймс БродерикЧарльз Дёрнинг Оператор Виктор Дж. Кемпер Кинок...

 

American crossover thrash band This article is about the band. For other uses of the term, see Suicidal tendencies (disambiguation). Suicidal TendenciesSuicidal Tendencies in 2018Background informationAlso known as S.T. SxTx Suicidal OriginVenice, California, U.S.Genres Crossover thrash thrash metal hardcore punk[1][2] funk metal[3] skate punk[1][4] DiscographySuicidal Tendencies discographyYears active1980–presentLabels Frontier Caroline Virgin Epic ...

American scholar of Sanskrit Sheldon I. PollockBorn1948 (age 75–76)United StatesOccupationChair, South Asian Studies, Columbia UniversityLanguageEnglishAlma materHarvard UniversitySubjectSanskrit, Philology, intellectual historyNotable awardsPadma ShriWebsitesheldonpollock.org Pollock (in right) with Venkatachala Sastry Sheldon I. Pollock (born 1948) is an American scholar of Sanskrit, the intellectual and literary history of India, and comparative intellectual history. He is ...

 

Jake HagerNomeDonald Jacob Hager Nazionalità Stati Uniti Luogo nascitaFargo, ND24 marzo 1982 (42 anni) Ring nameJake Hager[1]Jake Strong[1]Jack Swagger[1] Altezza dichiarata200[2] cm Peso dichiarato120[2] kg AllenatoreBill DeMott[2] Debutto2005[1] FederazioneAEW Progetto Wrestling Manuale Donald Jacob Hager, detto Jake Hager (Fargo, 24 marzo 1982), è un wrestler ed ex artista marziale misto statunitense sotto contratto con la...

 

Europe ComicsEurope Comics logoFounded2015DistributionIzneo [fr], ComiXology, Apple, Google, Amazon, Kobo, OverDrivePublication typesComic books and graphic novels for adults and younger readers; fiction and non-fictionOfficial websitewww.europecomics.com Europe Comics is a pan-European comics and graphic novel digital venture run by 13 European comics publishers from eight European countries.[1] The project received funding in 2015 from the European Commission's Creative...

Domenico PozzovivoDomenico Pozzovivo sur le Tour d'Italie 2022InformationsSurnom Le docteurNaissance 30 novembre 1982 (41 ans)Policoro (Italie)Nationalité italienneÉquipe actuelle VF Group-Bardiani CSF-FaizanéSpécialité GrimpeurÉquipes non-UCI 2001US Palazzago2002Palazzago - Zoccorinese2003Palazzago - Caneva - Zoccorinese2004Zalf Désirée FiorÉquipes UCI 2005-2007Ceramica Panaria-Navigare2008CSF Group Navigare2009CSF Group-Navigare2010-2012Colnago-CSF Inox2013-2017AG2R La Mondial...

 

Family sign language of Oaxaca, Mexico Chatino Sign LanguageNative toMexicoRegionOaxacaEthnicityChatinoNative speakers11 deaf in San Juan Quiahije (2015 survey)[1]also used by some hearing peopleLanguage familyfamily sign[1]Language codesISO 639-3None (mis)Glottologchat1269 San Juan Quiahije Chatino Sign Language (Spanish: Lengua de señas chatina de San Juan Quiahije) is an emerging village sign language of the indigenous Chatino villages of San Juan Quiahije and Ci...

 

Space habitat designed by Bigelow Aerospace B330Rendering of the B330Station statisticsCrew6[1]Launchplanned: 2021[2] (cancelled)Carrier rocketAtlas V[3]Mission statusDevelopmentalMass 23,000 kg (50,000 lb)[4] Length16.88 m (55.4 ft)[5]Diameter6.7 m (22.0 ft)[5][a]Pressurized volume330 m3 (11,654 cu ft)[5] The B330 (previously known as the Nautilus space complex module and BA 330) was ...

Artikel ini perlu dikembangkan agar dapat memenuhi kriteria sebagai entri Wikipedia.Bantulah untuk mengembangkan artikel ini. Jika tidak dikembangkan, artikel ini akan dihapus. Bagian dari seri tentangBuddhisme SejarahPenyebaran Sejarah Garis waktu Sidang Buddhis Jalur Sutra Anikonisme Buddhisme awal Buddhisme prasektarian Aliran Buddhis awal Mahāsāṃghika Sthaviravāda Teks Buddhis Awal Tripitaka awal Nikāya Āgama Benua Asia Tenggara Asia Timur Asia Tengah Timur Tengah Dunia Barat Austr...

 

هذه المقالة تحتاج للمزيد من الوصلات للمقالات الأخرى للمساعدة في ترابط مقالات الموسوعة. فضلًا ساعد في تحسين هذه المقالة بإضافة وصلات إلى المقالات المتعلقة بها الموجودة في النص الحالي. (يوليو 2019) منتخب غانا لدوري الرغبي بلد الرياضة غانا  أكبر فوز أكبر خسارة تعديل مصدري - ت�...

 

School of thought advocating free access to lawmaking for the people This article relies excessively on references to primary sources. Please improve this article by adding secondary or tertiary sources. Find sources: Open-source governance – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (June 2011) (Learn how and when to remove this message) Part of a series onGovernance Models Algorithmic Bad Collaborative Electronic Good Multistakeholder Open-source P...

American TV series or program Keep TalkingFrom top: Host Merv Griffin and panelists Morey Amsterdam, Jayne Meadows and Danny Dayton.GenrePanel/Game showCreated byHerb WolfWritten byHerb WolfDirected byLloyd GrossPresented byMonty HallCarl ReinerMerv GriffinCountry of originUnited StatesNo. of seasons2ProductionProducerWolf ProductionsProduction locationsStudio 51 (CBS)ABC StudiosRunning time30 minutesOriginal releaseNetworkCBSABCReleaseJuly 15, 1958 (1958-07-15) –May 3, 1960 ...

 

Questa voce o sezione sull'argomento astronomi tedeschi non cita le fonti necessarie o quelle presenti sono insufficienti. Puoi migliorare questa voce aggiungendo citazioni da fonti attendibili secondo le linee guida sull'uso delle fonti. Heinrich Louis d' Arrest Heinrich Louis d'Arrest o Heinrich Ludwig d'Arrest (Berlino, 13 luglio 1822 – Copenaghen, 14 giugno 1875) è stato un astronomo tedesco. Mentre era ancora un allievo, d'Arrest fece parte della squadra di ricerca del pianeta N...

 

Rio de Janeiro 2016 Généralités Sport Haltérophilie Édition 25e Lieu(x) Rio de Janeiro Nations 94 Participants 260 (156 hommes et 104 femmes) Épreuves 15 Site(s) Riocentro Navigation Londres 2012 Tokyo 2020 modifier Les épreuves d’haltérophilie des Jeux olympiques d'été de 2016 se déroulent du 6 au 16 août au Riocentro à Rio de Janeiro (Brésil). 15 épreuves sont au programme : 8 en catégories masculines et 7 en catégories féminines. Compétitions Calendrier Il y aura...

Si ce bandeau n'est plus pertinent, retirez-le. Cliquez ici pour en savoir plus. Cet article ne cite pas suffisamment ses sources (juin 2018). Si vous disposez d'ouvrages ou d'articles de référence ou si vous connaissez des sites web de qualité traitant du thème abordé ici, merci de compléter l'article en donnant les références utiles à sa vérifiabilité et en les liant à la section « Notes et références ». En pratique : Quelles sources sont attendues ? Comm...

 

INED redirects here. For the biology abbreviation, see Glossary of botanical terms. For the pharaoh, see Mersekhemre Ined. This article includes a list of general references, but it lacks sufficient corresponding inline citations. Please help to improve this article by introducing more precise citations. (October 2009) (Learn how and when to remove this message) The French Institute for Demographic Studies (French: Institut national d'études démographiques, INED) is a French research instit...