Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat.
Dhivehi (ދިވެހިބަސް, divehi-bas; letterlik: "Malediviese taal", of kort ދިވެހި, divehi, "Maledivies") is 'n Indo-Ariese taal wat deur sowat 340 500 mense op die Maledive en die Indiese eiland Minicoy gepraat word. Dhivehi is die amptelike taal en die belangrikste inheemse taal op die Maledive. Dhivehi is nou verwant aan Singalees en word in die Tana-skrif geskryf, 'n afgeleide Arabiese alfabet. Ander verwante tale sluit in Konkani in die IndiesedeelstaatGoa en Marathi in die Indiese deelstaat Maharashtra, hoewel Konkani soms as 'n dialek van Marathi beskou word.