D.F. du Toit

Daniël Francois du Toit
D.F. du Toit
D.F. du Toit (Oom Lokomotief)
Gebore15 Januarie 1846
Plaas Kleinbos, Daljosafat
Sterf22 April 1923
NasionaliteitSuid-Afrika
BeroepJoernalis
Redakteur
Bekend virTaalstryder

Daniël Francois du Toit (1846–1923), of Oom Lokomotief soos hy bekend gestaan het, was 'n taalstryder, joernalis en letterkundige. Hy was vir veertien jaar lank redakteur van Di Patriot gewees en was 'n stigterslid van die Genootskap van Regte Afrikaners.[1]

Die sterk groei van Di Patriot was grotendeels te danke aan sy oorname as redakteur en die politieke menings wat daarin gelig is. Met die anneksasie van Transvaal (12 April 1877) en gedurende die Eerste Vryheidsoorlog (1880–1881) het die koerant byvoorbeeld sterk ondersteuning aan Transvaal gegee.

Hy was die broer van die taalstryder S.J. du Toit.[2]

Lewe en werk

Vroeë lewe en opleiding

Daniël Francois du Toit is op 15 Januarie 1846 op die plaas Kleinbos in Daljosafat gebore. Sy ouers is David Petrus du Toit en Helena Elizabeth du Plessis. Hy is die ouer broer van ds. S.J. du Toit en die gesin bestaan uit ses broers en sewe susters. Vyf seuns en vier dogters bereik volwasse ouderdom. Sy vader was ’n regstreekse afstammeling van die stamvader die Hugenoot François du Toit, aan wie die plaas Kleyne Bosch (Kleinbosch) in 1692 uitgegee is. Die goewerneur Simon van der Stel ken die plaas aan François toe ten spyte van die feit dat dit buite die grense van die toenmalige kolonie geleë was, op voorwaarde dat hy ’n duisend gulde betaal en homself teen die aanvalle van die San beskerm. Sy gevegte teen die San lei tot die benaming van Du Toitskloof, omdat dit die kloof was waardeur hy die San agtervolg het. As boerseun help hy sy pa op die wynplaas en begin eers laat leer, wanneer hy en sy broer ’n Goewermentskool in Daljosafat bywoon. Hulle onderwyser hier is die Engelsman Bart Smith, wat ’n foutiewe uitspraak van sy eie taal gehad het en die leerlinge daardeur beïnvloed, sodat Oom Lokomotief later te skaam was om die bietjie Engels wat hy kon bemagtig, te gebruik. Dit gaan beter wanneer hy eerwaarde Roth as onderwyser kry. Uiteindelik spandeer hy slegs sowat drie jaar op skool en is hy in ’n groot mate ’n outodidak.

Werk as taalstryder

Op 14 Augustus 1875 is hy een van die agt stigterslede van die Genootskap van Regte Afrikaners. By die publiek is hy bekend as Oom Lokomotief, die naam waaronder hy gereelde rubrieke in Di Patriot behartig.[1] Vanaf 1876 dien hy op die redaksie van Di Patriot en word dan in 1878 die vaste redakteur van hierdie koerant, ’n taak wat hy tot 1891 vervul.[3] In hierdie hoedanigheid bepaal hy die redaksionele beleid van die blad en is ook ten volle verantwoordelik vir die uitgawe daarvan. Hy is ook medestigter van die drukpers wat sy naam dra, D.F. du Toit & Co, wat Di Patriot druk en ook verskeie ander publikasies van die Eerste Afrikaanse Taalbeweging, insluitende Di geskiedenis van ons land in di taal van ons volk, Eerste Afrikaanse printjies boeki vir soet kinders en Patriot-Woordeboek.

Tydens die 1879 verkiesings van die Wetgewende Vergadering ontvang hy versoeke van beide die Beaufort-Wes as Montagu kiesdistrikte om hom as kandidaat beskikbaar te stel. Sy keuse val op Beaufort-Wes, maar hy word by die stembus verslaan. Met die totstandkoming van die politieke party die Zuid-Afrikaansche Boeren Beschermings Vereniging (ZABBV) onder leiding van J.H. Hofmeyr (Onze Jan) word hy tot die hoofbestuur verkies. Hy is medestigter en in 1882 tree hy vir ’n ruk op as die eerste onderwyser aan die Gedenkschool der Hugenoten in Daljosafat. Hy hou nie vir lank skool nie, want hy kan nie die redakteurskap van Di Patriot en die onderwys beide volhou nie.

In 1891 verlaat hy en C.P. Hoogenhout Di Patriot wanneer hulle nie met sy broer se politiek kan saamstem nie. Hy verlaat die Paarl in 1892 om hom in die Vrystaat te vestig, waar hy naby Ladybrand woon op Brightside, die plaas van Johannes van Soelen. Die boerdery is nie suksesvol nie en hy begin met ’n plaasskooltjie.

In 1894 verhuis hy na Bloemfontein en tree toe tot die redaksie van De Express. Tydens die Anglo-Boereoorlog sluit hy by die Boeremagte aan, maar word gevange geneem en na Durban gestuur. Hy word vrygelaat, maar weer gevange geneem en as krygsgevangene na Indië gestuur nadat ’n buurman ’n valse verklaring oor hom aflê. Na die oorlog doen hy vertaalwerk vir The Friend en nadat verantwoordelike bestuur aan die Vrystaat toegeken word, is hy vertaler vir die regering. Wanneer die Vrije Christelike School in 1905 in Bloemfontein op ’n stoep van die Gereformeerde Kerk in Bloemfontein gestig word in reaksie teen Lord Milner se verengelsingsbeleid, is hy die eerste hoof. Hierdie skool word later Sentraal Hoërskool. Hy dra by tot die veldtog vir Afrikaans en dien saam met mense soos generaal J.B.M. Hertzog, Dr. O’Kulis en professor Adriaan Francken op die bestuur van die Afrikaanse Taalgenootskap wat op 12 April 1907 gestig word. Hierna word hy bewaarder van die Vrystaatse Argief, ’n betrekking wat hy tot met sy dood beklee.

Persoonlike lewe en sterfte

In 1882 trou hy met Anna Susanna du Plessis en uit die huwelik word een dogter (Anna) gebore, maar sy vrou sterf tydens die bevalling. Hy trou in 1886 met Maria Catharina van Nierop en ses kinders word uit hierdie huwelik gebore, naamlik Daniël Francois, Mimi, Petrus Johann, Margaretha, Anna en Francois Stephanus.

Hy is op Sondag, 22 April 1923 in Bloemfontein oorlede en word in die Kleinbosch familiebegraafplaas in Daljosafat begrawe.[4]

Skryfwerk

Hoewel hy nooit publiseer nie, laat hy ’n groot aantal Afrikaanse gedigte na en sy prosa, veral sy hoofartikels in Di Patriot, dra veel gewig. So skryf hy ’n aantal artikels waarin hy Afrikaans as landstaal bevorder en sterk argumente aanvoer waarom Hollands nie weer in Suid-Afrika ten volle herstel kan word nie, terwyl hy die besware teen Engels as landstaal ook formuleer. Hy lewer ook insiggewende kommentaar op aspekte soos die erkenning van Hollands in die parlement (wat hy verkies omdat dit as teenwig teen Engels kan dien tot tyd en wyl Afrikaans sterk genoeg gevestig is), Christelike onderwys in die skole en die erkenning van die Afrikaner in die politiek.[5]

Saam met C.P. Hoogenhout, Arnoldus Pannevis en S.J. du Toit skryf hy die Afrikaanse volkslied, wat in Groot verseboek en verskeie ander versamelbundels opgeneem word, insluitende Die Afrikaanse poësie in ’n duisend en enkele gedigte, Afrikaanse verse, Eerste stemme en Afrikaanse letterkunde.[5]

Eerbewyse

In 1925 plaas die Afrikaanse Studentebond ’n gedenksteen op sy graf.

In 1975 verkies die Bloemfonteinse Taalfeeskomitee hom tot hulle spesiale taalheld en met die eeufeesviering van die Genootskap van Regte Afrikaners bring hulle ook ’n gedenkteken by sy graf aan.[4]

Bronnelys

Boeke

  • Bouwer, Alba. Afrikaans 100. Tafelberg-Uitgewers Bpk. Kaapstad Eerste uitgawe 1975
  • Dekker, G. Afrikaanse Literatuurgeskiedenis. Nasou Beperk Kaapstad Elfde druk 1970
  • Grové, A.P. Letterkundige sakwoordeboek vir Afrikaans. Nasou Beperk Vyfde uitgawe Eerste druk 1988
  • Kannemeyer, J.C. Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 1. Academica, Pretoria en Kaapstad Tweede druk 1984
  • Kannemeyer, J.C. Die Afrikaanse literatuur 1652–2004. Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe 2005
  • Nienaber, P.J. Hier is ons skrywers! Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Eerste uitgawe 1949
  • Totius. Versamelde werke 8. Tafelberg-Uitgewers Beperk Eeufees-uitgawe 1977
  • Totius. Ds. S.J. du Toit in weg en werk. Versamelde werke 9. Tafelberg-Uitgewers Beperk Eeufees-uitgawe 1977
  • Van Coller, H.P. (red.) Perspektief en Profiel Deel 2. J.L. van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 1999

Tydskrifte en koerante

  • Anoniem. Oom Lokomotief het Afrikaner op alle gebiede gelei. Volksblad, 12 Augustus 1975

Internet

Ongepubliseerde dokumente

Verwysings

  1. 1,0 1,1 Esat: http://esat.sun.ac.za/index.php/D.F._du_Toit
  2. "Oom Lokomotief – kampvegter vir Afrikaans". Volksblad. 19 Januarie 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Desember 2012. Besoek op 12 Desember 2012.
  3. Liebenberg, O.J. Oom Lokomotief – Redakteur van ‘Die Afrikaanse Patriot’. Die Taalgenoot, Augustus 1975
  4. 4,0 4,1 Kotzé, D.J. Hier lê die G.R.A.-leiers begrawe. Die Huisgenoot, 15 Augustus 1975
  5. 5,0 5,1 Nienaber, P.J. Ken u die leiers van die Eerste Taalbeweging? Die Taalgenoot, Augustus 1950

Read other articles:

Questa voce o sezione sull'argomento editoria non cita le fonti necessarie o quelle presenti sono insufficienti. Puoi migliorare questa voce aggiungendo citazioni da fonti attendibili secondo le linee guida sull'uso delle fonti. Segui i suggerimenti del progetto di riferimento. Questa voce è parte della serieGiornalismo Notiziabilità Notizia Regola delle 5 W Verifica dei fatti Rassegna stampa Linea editoriale Stile giornalistico Storia del giornalismo Articoli Titolo Articolo Articolo...

 

City in West Virginia, United States City in West Virginia, United StatesClarksburg, West VirginiaCityDowntown ClarksburgWaldomoreClarksburg-Harrison Public LibraryHarrison County CourthouseGlen Elk Historic District FlagSealNickname: Jewel of the HillsMotto: Proud Past...Unlimited FutureInteractive map of ClarksburgClarksburgShow map of West VirginiaClarksburgShow map of the United StatesCoordinates: 39°16′50″N 80°20′40″W / 39.28056°N 80.34444°W ...

 

Disambiguazione – Se stai cercando altri significati, vedi Etiopia (disambigua). Disambiguazione – Abissinia rimanda qui. Se stai cercando altri significati, vedi Abissinia (disambigua). Etiopia (dettagli) (dettagli) (AM) ኢትዮጵያ ፣ትቅደም (Ethiopia Tikdem)(IT) Prima l'Etiopia Etiopia - Localizzazione Dati amministrativiNome completoRepubblica Federale Democratica d'Etiopia Nome ufficialeየኢትዮጵያ ፌዴራላዊ ዴሞክራሲያዊ ሪፐብሊክ(Ityop'...

Pascal LallePascal Lalle à Marseille le 14 juillet 2012.FonctionsInspecteur général de l'administrationdepuis le 6 juillet 2019Directeur central de la Sécurité publique19 juillet 2012 - 1er janvier 2019Jacques FournierDirecteur départemental de la Sécurité publiqueBouches-du-Rhône24 novembre 2008 - 19 juillet 2012BiographieNaissance 25 octobre 1956 (67 ans)SkikdaNationalité françaiseFormation École nationale supérieure de la Police (1980)Institut d'études politiques d'Aix-e...

 

American baseball player (1895-1957) For other people named Peter Schneider, see Peter Schneider (disambiguation). Baseball player Pete SchneiderPitcherBorn: (1895-08-20)August 20, 1895Los Angeles, California, U.S.Died: June 1, 1957(1957-06-01) (aged 61)Los Angeles, California, U.S.Batted: RightThrew: RightMLB debutJune 20, 1914, for the Cincinnati RedsLast MLB appearanceAugust 2, 1919, for the New York YankeesMLB statisticsWin–loss record59-86Earned run a...

 

Primera División 1972-1973 Competizione Primera División Sport Calcio Edizione 42ª Organizzatore RFEF Date dal 2 settembre 1972al 20 maggio 1973 Luogo  Spagna Partecipanti 18 Formula Girone all'italiana Risultati Vincitore Atlético Madrid(7º titolo) Retrocessioni BetisDeportivo La CoruñaBurgos Statistiche Miglior marcatore Marianín (19) Incontri disputati 306 Gol segnati 656 (2,14 per incontro) Cronologia della competizione 1971-1972 1973-1974 Manuale La Primera...

Atlanta Motor SpeedwayTracciato di Atlanta Motor SpeedwayLocalizzazioneStato Stati Uniti LocalitàHampton, Contea di Henry, Georgia CaratteristicheLunghezza2048 m Inaugurazione1960 CategorieNASCAR Sprint Cup Series Mappa di localizzazione Modifica dati su Wikidata · ManualeCoordinate: 33°23′00.58″N 84°19′04.28″W / 33.383494°N 84.317856°W33.383494; -84.317856 Vista dell'Atlanta Motor Speedway. L'Atlanta Motor Speedway, in passato, dal 1960 al 1990 Atlanta...

 

Logical paradox from vague predicates The sorites paradox: If a heap is reduced by a single grain at a time, the question is: at what exact point does it cease to be considered a heap? The sorites paradox (/soʊˈraɪtiːz/;[1] sometimes known as the paradox of the heap) is a paradox that results from vague predicates.[2] A typical formulation involves a heap of sand, from which grains are removed individually. With the assumption that removing a single grain does not cause a ...

 

Rosario Rivellino Nazionalità  Italia Calcio Ruolo Centromediano Carriera Squadre di club1 1959-1961 Cirio? (?)1961-1964 Napoli29 (0)1964-1966 Parma58 (0)1966-1967 Trani11 (0)[1]1967-1968 Città di Castello35 (0)[2]1968-1970 Ischia Isolaverde[3][4]36 (1) Carriera da allenatore 1968-1971 Ischia Isolaverde[3]1974-1975 NapoliGiovanili1976 Napoli1976-1977 NapoliVice1977-1978 Paganese1978-1979...

Emmy SaelanLahir(1924-10-15)15 Oktober 1924Malangke, Hindia BelandaMeninggal24 Januari 1947(1947-01-24) (umur 22)Makassar, Sulawesi, IndonesiaDikenal atasPahlawan Nasional Indonesia, Pejuang perempuan yang gagah berani Emmy Saelan (15 Oktober 1924 – 24 Januari 1947) adalah salah seorang pejuang wanita dan Pahlawan Nasional Indonesia.[1] Ayahnya bernama Amin Saelan, adalah tokoh pergerakan taman siswa di Kota Makassar dan sekaligus penasehat organisasi pemuda. Sal...

 

Full-frame mirrorless interchangeable-lens camera Canon EOS R5Canon EOS R5OverviewMakerCanon Inc.Type Full-frame mirrorless interchangeable lens cameraReleasedAnnounced July 9, 2020Intro price$3899 (body only)LensLens mountCanon RFSensor/mediumSensorDual-pixel CMOS sensorSensor sizeFull-frame (36 x 24 mm)Maximum resolution8192 × 5464 (44.8 MP)Film speedISO 100 – 51,200 expandable to 64 – 102,400Recording mediumDual slots: CFexpress and SDXC (UHS-II)FocusingFocusDual-pixel CMOS ...

 

Season of television series My Little Pony: Friendship Is MagicSeason 4DVD coverNo. of episodes26ReleaseOriginal networkHub NetworkOriginal releaseNovember 23, 2013 (2013-11-23) –May 10, 2014 (2014-05-10)Season chronology← PreviousSeason 3Next →Season 5List of episodes The fourth season of the animated television series My Little Pony: Friendship Is Magic, developed by Lauren Faust, originally aired on the Hub Network in the United States. The series is based o...

 烏克蘭總理Прем'єр-міністр України烏克蘭國徽現任杰尼斯·什米加尔自2020年3月4日任命者烏克蘭總統任期總統任命首任維托爾德·福金设立1991年11月后继职位無网站www.kmu.gov.ua/control/en/(英文) 乌克兰 乌克兰政府与政治系列条目 宪法 政府 总统 弗拉基米尔·泽连斯基 總統辦公室 国家安全与国防事务委员会 总统代表(英语:Representatives of the President of Ukraine) 总...

 

此条目序言章节没有充分总结全文内容要点。 (2019年3月21日)请考虑扩充序言,清晰概述条目所有重點。请在条目的讨论页讨论此问题。 哈萨克斯坦總統哈薩克總統旗現任Қасым-Жомарт Кемелұлы Тоқаев卡瑟姆若马尔特·托卡耶夫自2019年3月20日在任任期7年首任努尔苏丹·纳扎尔巴耶夫设立1990年4月24日(哈薩克蘇維埃社會主義共和國總統) 哈萨克斯坦 哈萨克斯坦政府...

 

Miss IndonesiaLogo Miss IndonesiaTanggal pendirian2005TipeKontes kecantikanKantor pusat JakartaLokasi IndonesiaJumlah anggota Miss World(2006-sekarang)Miss ASEAN (2005)Bahasa resmi IndonesiaInggrisChairwoman and FounderLiliana TanoesoedibjoTokoh pentingMartha TilaarWulan TilaarLina PriscillaSitus webwww.missindonesia.co.id Miss Papua Tengah adalah sebuah gelar yang didapat bagi perwakilan provinsi Papua Tengah di ajang Miss Indonesia, dan pemegang titel saat ini adalah Catherine Aprilia ...

Japanese smoking pipe A kiseru (煙管) is a Japanese smoking pipe, traditionally used for smoking kizami, a finely shredded tobacco product resembling hair.[1] History The word kiseru is said to have originated from the Cambodian word khsier around the 16th century, while it is also said that the word originated from the Portuguese que sorver (which is drawn).[2][3] It is believed that pipe smoking was introduced to Japanese high society, such as the samurai, the Budd...

 

1989 film by Miloš Forman ValmontTheatrical release posterDirected byMiloš FormanScreenplay by Jean-Claude Carrière Miloš Forman Based onLes Liaisons dangereuses by Pierre Choderlos de LaclosProduced by Michael Hausman Paul Rassam Starring Colin Firth Annette Bening Meg Tilly Fairuza Balk Siân Phillips Jeffrey Jones Henry Thomas CinematographyMiroslav OndříčekEdited by Nena Danevic Alan Heim Music byChristopher PalmerProductioncompanies Renn Productions Timothy Burrill Productions Dis...

 

Untuk reaksi termonuklir yang melibatkan karbon yang memberikan tenaga bagi beberapa bintang, lihat siklus CNO. Siklus karbon adalah siklus biogeokimia di mana karbon dipertukarkan antara biosfer, geosfer, hidrosfer, dan atmosfer Bumi (objek astronomis lainnya bisa jadi memiliki siklus karbon yang hampir sama meskipun hingga kini belum diketahui). Dalam siklus ini terdapat empat reservoir karbon utama yang dihubungkan oleh jalur pertukaran. Reservoir-reservoir tersebut adalah atmosfer, biosfe...

Localisation du département du Morbihan (en rouge) sur une carte de France. Liste des députés du Morbihan Article connexe : Liste des circonscriptions législatives du Morbihan. Assemblée législative (1791-1792) 8 députés et 3 suppléants Députés Olivier Le Tutour, cultivateur, administrateur du directoire du département. Joseph-François Le Malliaud de Kerharnos, procureur-général-syndic du département. Joseph-Marie Fabre, second juge au tribunal de Ploërmel. Jean-Marie An...

 

Gathering of invited guests For other uses, see Party (disambiguation). Garden party redirects here. For other uses, see Garden party (disambiguation). Beer party redirects here. For the Austrian political party, see The Beer Party (Austria). This article has multiple issues. Please help improve it or discuss these issues on the talk page. (Learn how and when to remove these template messages) This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding...