Die Citroën Traction Avant is die wêreld se eerste skulprompontwerp, voorwielaangedrewe motor wat massavervaardig is. 'n Reeks van meestal 4-deur sedans en uitvoerende motors, sowel as langer wielbasis "Commerciale", en drierysitplek "Familiale" modelle, is vervaardig met vier- en sessilinder enjins, deur die Franse motorvervaardiger Citroën vanaf 1934 tot 1957. Met sowat 760 000 eenhede gebou, was die Traction Avants die eerste voorwielaandrywingvoertuie wat in 'n sessyfer-hoeveelheid gemaak is.
Terwyl voorwielaandrywing en vierwiel- onafhanklike vering in produksiemotors deur Auto Union gevestig is, het die Traction Avant baanbrekerswerk gedoen deur dit in 'n massaproduksiemotor te integreer met 'n botsbestande,[1] grootliks eenvormige, skulprompbak. Daarbenewens was die motor ook 'n vroeë gebruiker van tandratstuur.
Inoverende vervaardiging
Die Traction Avant se struktuur was 'n gesweisde eenheidsbak/onderstel. Die meeste ander motors van die era was gebaseer op 'n aparte raam (onderstel) waarop die nie-strukturele bak gebou is. Unitêre konstruksie (ook genoem Unit Body of "Unibody" in die VSA) lei tot 'n ligter voertuig, en word nou vir feitlik alle motorkonstruksie gebruik.[2][3]
Hierdie eenheidsbakwerk het 70 kg per motor aan staal bespaar. Dit is massavervaardig met behulp van innoverende tegnologie wat van die Amerikaanse firma Budd Company gekoop is. Massavermindering was 'n motivering vir Citroën wat Amerikaanse vervaardigers van die tyd nie gehad het nie.[4]
Hierdie metode van konstruksie is in baie kringe met groot agterdog bejeën, met twyfel oor die sterkte daarvan. 'n Soort botsingstoets is bedink, wat die vorm aanneem om die motor van 'n krans af te ry, om sy groot inherente veerkragtigheid te illustreer.[5]
↑Nieuwenhuis, Paul; Peter E. Wells (8 Augustus 2003). The Automotive Industry and the Environment, 1st Edition. Woodhead Publishing. p. 109. ISBN978-1-85573-713-6.
Histories: Tipe A • C2 • 2CV • Acadiane • Ami 6 • Ami 8 • Ami Super • Axel • AX • BX • CX • C25 • C35 • Dyane • DS • ID • Evasion • GSA • H Van • LN • LNA • M35 • Rosalie • Saxo • SM • Traction Avant • TUB • Visa • XM • Xantia • Xsara • ZX