Die bokwark was eers in die Standaardmodel, wat in die 1970's ontwikkel is, voorgestel. Dit is die swaarste kwark en is in 1995 waargeneem met behulp van die D0-detektor en die CDF-detektor in Fermilab se Tevatron-versneller. Die bokwark word in die natuur in die termosfeer vervaardig wanneer kosmiese straling met ione bots. Op die oomblik is slegs die energie van die Tevatron-versneller en CERN se Groot Hadronversneller hoog genoeg om bokwarke in 'n laboratorium te produseer.[5]
Die bokwark se wisselwerking word hoofsaaklik deur die sterk krag gedryf waar kwarke in pare geproduseer word, naamlik 'n bokwark en 'n anti-bokwark. Wanneer die bokwark se wisselwerking deur die swak krag gedryf is, word enkele kwarke geproduseer. Kwarke verval byna uitsluitlik in ’n W-boson en ’n onderkwark (99,8%), maar dit kan ook soms in ’n W-boson en ’n vreemdkwark (0,17%) of in ’n W-boson en ’n afkwark (0,007%) verval. Volgens die Standaardmodel is sy leeftyd rofweg 5×10−25 s.[6][5] Dit is 20 keer korter as die tyd vir sterk wisselwerkings en daarom vorm hulle nie hadrone nie – dit bied wetenskaplikes dus ’n unieke geleentheid om ’n "naakte" kwark te sien. (Alle ander kwarke kan net in hadrone gevind word.)
↑C.R. Nave. "Quarks". HyperPhysics (in Engels). Department of Physics and Astronomy, Georgia State University. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 April 2020. Besoek op 20 Junie 2014.