Berlin Ankaraspor Kulübü 07 is 'n Duitsesokkerklub uit Berlyn. Die klub is gestig as Berlin Athletik Klub en is tans 'n multi-kulturele Duits-Turkse vereniging met bande met professionele sokker in Turkye.
Geskiedenis
Die vereniging is in 1907 gestig in die Wedding-distrik (Berlyn) as 'n atletiekklub en 'n sokkerafdeling is in 1908 opgerig.
Die klub het grotendeels in die laer Berlynse ligas deelgeneem en speel tans in die Oberliga, wat in 2000 bereik is.
Berliner AK 07 het in 2004 met BSV Mitte saamgesmelt: Mitte is vroeër gevorm deur samesmeltings tussen die Turks-etniese klubs BFC Güneyspor en Fenerbahce Berlyn. Die nuwe klub het in 2006 'n samewerkingsooreenkoms met die eersteliga Turkse span Ankaraspor gesluit en die naam Berlin Ankaraspor Kulübü 07 aangeneem. Ahmet Gökcek, die seun van die burgemeester van Ankara, is as die klubvoorsitter aangewys.
Stadion
Berliner AK 07 het tradisioneel sy tuiswedstryde gespeel in die Sportanlage Lüderitzstraße (kapasiteit 3 000). Sedert die 2006/07-seisoen het die span na die Friedrich Ludwig Jahn Sportpark verskuif, naas die Olimpiese stadion die grootste stadion in Berlyn.