Die klub het oorspronklik in 1894 ontstaan as MTV Germania Kleinschönbeck Schöneiche, 'n gimnastiekklub. Na die Tweede Wêreldoorlog is die klub herstig as SG Schöneiche en tipies aan die DDR is die naam hierna verskeie kere verander: BSG Lokomotive Schöneiche, BSG Motor Friedrichshagen, BSG Motor Ostend, BSG Empor Köpenick, TSG Schöneiche en uiteindelik BSG ZBE Landbau Schöneiche. Die huidige naam is na die hereniging van Duitsland aangeneem.
Die klub het sy grootste prestasie in 2004 gelewer deur die Brandenburgpokal te wen en daarmee vir die hoofrondte van die DFB-Pokal te kwalifiseer, waar daar in die eerste rondte met 1-2 teen TSV 1860 München verloor is.
Onlangse ligaposisionering
1996-97 (VII) Landesklasse 1ste
1997-98 (VI) Landesliga BB St. Noord 9de
1998-99 (VI) Landesliga BB St. Noord 1ste
1999-00 (V) Verbandsliga Brandenburg 8ste
2000-01 (V) Verbandsliga Brandenburg 11de
2001-02 (V) Verbandsliga Brandenburg 9de
2002-03 (V) Verbandsliga Brandenburg 6de
2003-04 (V) Verbandsliga Brandenburg 2de
2004-05 (V) Verbandsliga Brandenburg 3de
2005-06 (V) Verbandsliga Brandenburg 1ste
2006-07 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 11de
2007-08 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 11de
2008-09 (V) Oberliga Noordoos-Noord 13de
2009-10 (V) Oberliga Noordoos-Noord 9de
Eksterne skakels
Klaarblyklik tans (status 30/6/07) geen amptelike klubblad nie.