Bariumperoksied kristalliseer in 'n tetragonale struktuur. Die suurstofatome vorm pare wat as [O2]2--ione beskou kan word. Hulle lê ewewydig aan die c-as. Die O-O-afstand is 149(4) pm, wat vergelykbaar is met hierdie afstand in waterstofperoskied (149(2) pm). Die bariumioon word omring deur ses peroksiedione. Twee polêres is eind-aan, vier aan die ewenaar sywaarts. Dit gee die bariumioon tien buuratome. [2] Dit is die C11a-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie.
Chemiese eienskappe
Die oktahidraat van bariumperoksied (BaO2·8H2O) kan verkry word deur 'n oplossing van 3% waterstofperoksied aan 'n oplossing van bariumhidroksied by te voeg.[2]
Die neerslag kan eers oor silikagel teen 60 °C gedroog word en dan teen 100 °C oor P2O5. Kalsinasie onder 'n suurstofatmosfeer teen 550-600 °C lewer 'n goed gekristalliseerde poeier.
Gebruike
Dit is die mees algemene anorganiese peroksied.[4]
Dit word gebruik:
as vuurtegniese onderlaagmengsels in fakkels en vuurwerke[5], as oksideermiddel wat 'n groen kleur gee by ontsteking. [4]
as 'n oksideermiddel in ammunisie[5] (spoorsnyer)[4]
as 'n bleikmiddel vir dierlike stowwe, plantvesels en strooi[4]