Arena Corinthians (bekend as Arena de São Paulo tydens die Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014) is 'n sokkerstadion in São Paulo, Brasilië. Dit was een van die gasheerstadions vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014, Olimpiese Somerspele 2016 en Copa América 2019. Vir die duur van die Wêreldbekertoernooi het die stadion 'n vergrote kapasiteit van 62 000 gehad, wat daarna weer verminder is.