Ambrose Lomax

Ambrose Lomax
Lomax het dié kloktoring, in 1903 opgerig, gepatenteer en as kenteken vir sy Kloktoring-medisynereeks gebruik.

Ambrose Lomax (Lichfield, Engeland, 15 Augustus 1867 - Adelaide, 20 Januarie 1943) was 'n Suid-Afrikaanse fotograaf en apteker van Britse herkoms.

Agtergrond

Hy was die seun van Arthur Lomax, die landelike deken van Cradock en Anglikaanse predikant van Steynsburg. Hy het saam met sy ouers na Suid-Afrika gekom toe hy nog 'n klein seuntjie was. Hy gaan in Kaapland skool, bes moontlik die St. Andrew's-kollege in Grahamstad, en begin daarna sy vakleerlingskap by die aptekersfirma Mager en March op Queenstown. Hy kwalifiseer op 21-jarige leeftyd en doen eers 'n bietjie afloswerk op Aliwal-Noord en vestig hom daarna op Molteno, waar hy sy eie sakeonderneming en fotografiese ateljee begin. Sy fotografiese afdeling het bekendgestaan as The Rembrandt Studio. Die geboutjie wat hy opgerig het, staan nog en was later jare weer 'n apteek, wat intussen ook gesluit het. Lomax het van 1894 tot 1909 op Molteno gewoon.

Apteker

Lomax stel belang in boererate en gebruik dié resepte vir medisyne. Met die oprigting van Molteno se kloktoring in 1903 laat hy dit as sy handelsmerk registreer. Sy Kloktoringsalf en Zinkpyn Specific word landswyd bekend. Die toekoms van Molteno begin egter so onseker lyk toe die laegraadse steenkool wat in die Stormberge ontdek is, nie meer winsgewend ontgin kon word nie en beter steenkool uit Transvaal na Kaapland gebring word, dat Lomax in 1909 na Adelaide verhuis, waar hy 'n nuwe sakeonderneming begin. Daar het veral fotografiese werk hom weer welvarend gemaak. Hy het aanvanklik die apteek op Molteno as 'n tak aangehou totdat dit mettertyd deur ene Cardno oorgeneem en uiteindelik deur Glyn Evans oorgeneem is, wat die interieur gemoderniseer en uitgebrei het. The Rembrandt Studio was agter dié gebou en is in 1972 gesloop. Ná sy dood word die firma op Adelaide deur sy oudste seun oorgeneem en met die hulp van een van sy susters uitgebou sodat A. Lomax (Edms.) Bpk. later jare 'n groot en bekende firma word wat slegs boererate vir die vervaardiging van medisyne gebruik. Geeneen van sy kinders het Lomax se liefde vir fotografie geërf nie.

Fotograaf

Lomax was ook bekend vir die hoë gehalte van sy foto's en het 'n waardevolle fotografiese beeld van Molteno en sy mense geskep. Hy was wetenskaplik aangelê maar ook kunssinnig; slegs die beste lense is gebruik en hy het 'n fyn aanvoeling gehad vir komposisie, tekstuur en lig-effekte. Johannes Meintjes skryf van hom: "As fotograaf het Lomax uitstekend gebruik gemaak van eenvoudige agtergronde, 'akamediese' agterdoeke, plant, bank, stoel en staander, en beligting wat soms magies is. Sy ateljee het 'n glasmuur en glasdak gehad met eenvormige lig dwarsdeur die dag." In sy tyd is al gesê: "Mr. Lomax's pictures are examples of photographic excellence which would be difficult to surpass."

Tydens die Anglo-Boereoorlog, die sentrale punt van sy produksie, neem hy honderde foto's van Britse soldate en militêre onderwerpe. Soldate het by die Rembrandt Studio tougestaan om foto's te kry wat hulle huis toe kon stuur. Hulle het hulself te perd laat afneem, in groepe, op Stormberg-stasie, op begrafnisse en voor geboue. Sy versameling negatiewe is in 1960 op Molteno ontdek deur 'n vriend van die kunstenaar Johannes Meintjes, wat die ou apteekgebou gekoop en toe weer verkoop het en Lomax se ou fotografiese ateljee deur 'n nuwe aptekersfirma oorgeneem is. Sowat 1 400 studies is ontdek, waarvan baie reeds in skerwe of beskadig was. Elkeen was in 'n geelbruin koevert, in drie groottes, met die naam van die besteller op die flap. Dit bied 'n aangrypende beeld van Suid-Afrikaners aan die einde van die 19de eeu en die begin van die 20ste eeu.

Hy was 'n aantreklike man met wakker, blink oë in sy rooierige gesig en 'n groot snor, gewoonlik geklee in 'n tweedpak met 'n paisleydas. Kenmerkend van hom was sy swygsaamheid, want tensy dit nodig was, het hy nooit gepraat nie. Sy enigste tydverdryf was gholf.

Hy trou op 5 Mei 1904 met Ellen Augusta Dodd, dogter van eerw. Douglas Dodd van Molteno. Van hul agt kinders het drie seuns hul as geneesheer en 'n vierde hom as apteker gekwalifiseer. Lomax se broer was John Lomax, 'n prokureur, kranige sportman en dramaturg.

Bekende uitvoerprodukte

Lomax en sy vrou se grafsteen in Adelaide se begraafplaas.

Die Burger berig op 21 Julie 2001 as volg oor twee van Molteno se bekende uitvoerprodukte: "Twee handelsname wat Molteno op die internasionale landkaart geplaas het, is die Kloktoring Medisyne-reeks en die bekende Ouma Beskuit waarvan daar na raming 1 000 miljoen per jaar geëet word. Die eerste baksel Ouma Beskuit is in die winter van 1939 op die plaas Friedenheim net buite die dorp gebak. Daar word vertel dat die destydse AGS-pastoor op 'n dag - op die hoogtepunt van die depressie - na die Bybelstorie oor 'talente' verwys het en toe aan elk van sy vrouelidmate 'n halfkroon (25c) gegee het om mee te gaan woeker. Mev. Nannie (Ouma) Greyvensteyn het toe bestanddele vir beskuit gekoop en die eerste baksel uit die oond van die houtstoof op Friedenheim was die voorloper van 'n produk wat vandag na verskeie lande toe uitgevoer word. Met 140 werknemers is die beskuitfabriek net buite Molteno die grootste werkverskaffer in die omgewing.

"Die eerste medisyne in die bekende Kloktoringreeks was 'n hoesmiddel, Borstol, wat die plaaslike apteker, mnr. Ambrose Lomax, in die winter van 1894 vir die mense van Molteno gemaak het. Gedurende die Groot Griep (1918) het Borstol 'n huismiddel geword. Salf en 'n senupynmiddel is later by die reeks gevoeg. Lomax het die kloktoring op Molteno gekies as kenteken vir sy medisyne. Dié toring - vandag 'n nasionale gedenkwaardigheid - is in 1903 ter ere van koningin Victoria opgerig. Besoekers aan Molteno besoek ook graag die Johannes Meintjes-kunsgalery by die plaaslike hoërskool terwyl damfeeste by die dorpsdam ook baie gewild is. Winterbesoekers moet onthou, die Buffelsfontein-weerstasie, waar die koudste temperature in die land elke winter aangeteken word, is in dié omgewing geleë!"

Fotogalery

Bronne

Read other articles:

Piringan yang menggambarkan Coyolxauhqui yang terpotong-potong. Piringan ini ditemukan pada tahun 1978 di Ciudad de Mexico. Dalam mitologi Aztek, Coyolxauhqui (Nahuatl Klasik: Coyolxāuhqui [kojoɬˈʃaːʍki]) adalah putri dari Coatlicue dan Mixcoatl, dan merupakan pemimpin Centzon Huitznahuas, dewa-dewa bintang selatan. Coyolxauhqui adalah penyihir yang kuat dan memimpin saudara-saudaranya menyerang Coatlicue karena Coatlicue sedang hamil dan hal tersebut membuat mereka merasa malu. Nam...

 

Prosopocera peeli Klasifikasi ilmiah Kerajaan: Animalia Filum: Arthropoda Kelas: Insecta Ordo: Coleoptera Famili: Cerambycidae Genus: Prosopocera Spesies: Prosopocera peeli Prosopocera peeli adalah spesies kumbang tanduk panjang yang berasal dari famili Cerambycidae. Spesies ini juga merupakan bagian dari genus Prosopocera, ordo Coleoptera, kelas Insecta, filum Arthropoda, dan kingdom Animalia. Larva kumbang ini biasanya mengebor ke dalam kayu dan dapat menyebabkan kerusakan pada batang kayu...

 

Contoh ilustrasi percakapan bahasa Sunda yang menggunakan kosakata lemes dusun dalam potongan gambar komik Webtoon yang dimodifikasi. Kata lemes dusun atau kecap lemes dusun (aksara Sunda baku: ᮊᮨᮎᮕ᮪ ᮜᮨᮙᮨᮞ᮪ ᮓᮥᮞᮥᮔ᮪, pengucapan bahasa Sunda: [ləməs dusʊn], juga dikenal sebagai kata lemes kampung atau kecap lemes kampung) adalah salah satu kosakata bahasa Sunda yang merupakan jenis kata lemes rekaan/baru yang tidak baku. Kata ini tercipta atas ketidaktah...

American politician For other people with the same name, see John Collins. John F. CollinsPortrait of Collins in the 1960sMayor of BostonIn officeJanuary 4, 1960[1] – January 1, 1968[2]Preceded byJohn HynesSucceeded byKevin WhiteMember of theMassachusetts SenateIn office1951–1955Preceded byChester A. Dolan Jr.Succeeded byJames W. Hennigan Jr.Constituency5th SuffolkMember of theMassachusetts House of RepresentativesIn office1949–1951Preceded byVincent A. Mannerin...

 

1868 earthquake in the San Francisco Bay Area, California, United States 1868 Hayward earthquakeDamage to the Alameda County courthouse with inset showing building before the earthquakeSanta RosaSanta CruzUTC time1868-10-21 15:53USGS-ANSSComCatLocal dateOctober 21, 1868 (1868-10-21)Local time07:53[1]Magnitude6.3–6.7 Mw[2]Epicenter37°42′N 122°06′W / 37.7°N 122.1°W / 37.7; -122.1[3]FaultHayward Fault ZoneTypeStrike-sl...

 

The SpoilersPoster untuk The SpoilersSutradaraColin CampbellAlfred E. Green (ast. sut.)ProduserWilliam Nicholas SeligDitulis olehLanier BartlettBerdasarkanThe Spoilersnovel tahun 1906oleh Rex BeachPemeranWilliam FarnumKathlyn WilliamsTom SantschiSinematograferHarry GerstadAlvin WyckoffPerusahaanproduksiSelig Polyscope CompanyDistributorGeneral Film CompanyTanggal rilis 25 Maret 1914 (1914-03-25) Durasi9 rol (1914)110 menit (perilisan tahun 1916)NegaraAmerika SerikatBahasaBisuInggrisPenda...

Russian footballer In this name that follows Eastern Slavic naming customs, the patronymic is Sergeyevich and the family name is Pomerko. Aleksei Pomerko Pomerko with Torpedo Moscow in 2022Personal informationFull name Aleksei Sergeyevich PomerkoDate of birth (1990-05-03) 3 May 1990 (age 33)Place of birth Gorodovikovsk, Russian SFSRHeight 1.82 m (6 ft 0 in)Position(s) MidfielderTeam informationCurrent team FC ChelyabinskNumber 5Youth career FC Torpedo MoscowSenior care...

 

Hamlet in New York, United States Sand Hill in January 2021 Sand Hill is a hamlet in the town of Newstead in Erie County, New York, United States.[1] References ^ U.S. Geological Survey Geographic Names Information System: Sand Hill, New York 43°03′32″N 78°33′29″W / 43.05889°N 78.55806°W / 43.05889; -78.55806 vteMunicipalities and communities of Erie County, New York, United StatesCounty seat: BuffaloCities Buffalo Lackawanna Tonawanda Towns Al...

 

Study with uncontrolled variable of interest Anthropological survey paper from 1961 by Juhan Aul (et) from University of Tartu who measured about 50 000 people In fields such as epidemiology, social sciences, psychology and statistics, an observational study draws inferences from a sample to a population where the independent variable is not under the control of the researcher because of ethical concerns or logistical constraints. One common observational study is about the possible effe...

2017 album by Unleash the Archers ApexStudio album by Unleash the ArchersReleasedJune 2, 2017 (2017-06-02)[1]StudioHansen Studios, Ribe, DenmarkGenrePower metalheavy metalspeed metal[2]Length60:39LabelNapalmUnleash the Archers chronology Time Stands Still(2015) Apex(2017) Abyss(2020) Professional ratingsReview scoresSourceRatingMetal Assault9.5/10[3] Apex is the fourth studio album by Canadian heavy metal band Unleash the Archers. It was released on ...

 

Männerlist größer als FrauenlistOpera (unfinished) by Richard WagnerThe composer, c. 1830, the decade when he worked on the projectTranslationMen Are More Cunning Than Women, or The Happy Bear FamilyOther titleDie glückliche BärenfamilieLibrettistRichard WagnerLanguageGerman Männerlist größer als Frauenlist oder Die glückliche Bärenfamilie (Men Are More Cunning Than Women, or The Happy Bear Family;[1] WWV 48) is an unfinished Singspiel by Richard Wagner, written between 1837...

 

Film festival This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: Maryland Film Festival – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (September 2014) (Learn how and when to remove this message) Maryland Film FestivalLocationBaltimore, Maryland, United StatesFounded1999LanguageInternationalWebsitehttp://www.mdf...

Historic cemetery in California, United States United States historic placeSacramento Historic City CemeteryU.S. National Register of Historic PlacesCalifornia Historical Landmark No. 566[2] Sacramento City Cemetery in 1866Location1000 Broadway, Sacramento, California, U.S.Coordinates38°33′45″N 121°30′04″W / 38.56250°N 121.50111°W / 38.56250; -121.50111Built1849Architectural styleVictorian Garden styleNRHP reference No.14000...

 

Biblioteca Nacional de España Logotipo de la Biblioteca Nacional de España Fachada principal de la Biblioteca Nacional de España.LocalizaciónPaís EspañaLocalidad MadridDirección 28071Coordenadas 40°25′26″N 3°41′25″O / 40.423822, -3.690215Información generalSigla BNETipo biblioteca nacionalSede Recoletos: paseo de Recoletos 20-22. 28071 Madrid;Alcalá de Henares: carretera de Alcalá a Meco, km 1,600. 28805 MadridOrganizaciónDirección Óscar Arroyo Ortega[1]...

 

此條目可参照英語維基百科相應條目来扩充。 (2021年5月6日)若您熟悉来源语言和主题,请协助参考外语维基百科扩充条目。请勿直接提交机械翻译,也不要翻译不可靠、低品质内容。依版权协议,译文需在编辑摘要注明来源,或于讨论页顶部标记{{Translated page}}标签。 约翰斯顿环礁Kalama Atoll 美國本土外小島嶼 Johnston Atoll 旗幟颂歌:《星條旗》The Star-Spangled Banner約翰斯頓環礁�...

2020年夏季奥林匹克运动会马来西亚代表團马来西亚国旗IOC編碼MASNOC马来西亚奥林匹克理事会網站olympic.org.my(英文)2020年夏季奥林匹克运动会(東京)2021年7月23日至8月8日(受2019冠状病毒病疫情影响推迟,但仍保留原定名称)運動員30參賽項目10个大项旗手开幕式:李梓嘉和吳柳螢(羽毛球)[1][2]閉幕式:潘德莉拉(跳水)[3]獎牌榜排名第74 金牌 銀牌 銅�...

 

Військово-музичне управління Збройних сил України Тип військове формуванняЗасновано 1992Країна  Україна Емблема управління Військово-музичне управління Збройних сил України — структурний підрозділ Генерального штабу Збройних сил України призначений для планува...

 

Federacion Uruguaya de Patin y HockeyDiscipline Hockey su pista Hockey in-line Pattinaggio Nazione Uruguay ConfederazioneCPRS Sede Montevideo Modifica dati su Wikidata · Manuale La Federazione di pattinaggio dell'Uruguay (sp:ːFederacion Uruguaya de Patin y Hockey) è l'organo nazionale dell'Uruguay che governa e gestisce tutti gli sport rotellistici ed ha lo scopo di organizzare, disciplinare e sviluppare tali discipline. La sede della federazione è a Montevideo. Discipline Le di...

Municipality in Quba, AzerbaijanSusayMunicipalitySusayCoordinates: 41°18′40″N 48°17′17″E / 41.31111°N 48.28806°E / 41.31111; 48.28806Country AzerbaijanRayonQubaPopulation[citation needed] • Total701Time zoneUTC+4 (AZT) • Summer (DST)UTC+5 (AZT) Susay is a village and municipality in the Quba Rayon of Azerbaijan. It has a population of 701. See also Susay Mosque References Susay at GEOnet Names Server vteQuba DistrictCapi...

 

American dramatist The topic of this article may not meet Wikipedia's notability guideline for biographies. Please help to demonstrate the notability of the topic by citing reliable secondary sources that are independent of the topic and provide significant coverage of it beyond a mere trivial mention. If notability cannot be shown, the article is likely to be merged, redirected, or deleted.Find sources: David Cerda – news · newspapers · books · scholar ...