INRI, 'n akroniem vir Iesus Nazarenus Rex Iudaeorum (Jesus van Nazareth, koning van die Jode)
'n Akroniem is 'n afkorting wat as 'n woord uitgespreek kan word, byvoorbeeld VIGS (Verworwe immuniteitsgebreksindroom).
Meer formeel: 'n Akroniem is 'n naamwoord wat gevorm word deur die saamtrekking van die beginletters (of vernaamste letters) van meerwoordige name en gesamentlik presies soos 'n woord gelees en uitgespreek word.
'n Akroniem wat volgens die alfabetname van die lettters uitgespreek word, word 'n letternaamwoord genoem. Byvoorbeeld; BA , VLU , WNNR , EFF .
Wanneer die akroniem as 'n woord uitgespreek word, word dit 'n letterklankwoord genoem. Voorbeelde is Avbob (Afrikaanse Verbond Begrafnisondernemers Beperk), Sasol , en Absa ).
Die volgende bronne kan geraadpleeg word vir lyste van akronieme wat tans in algemene gebruik is.
Müller, D en Pistor, S. Skryf Afrikaans van A tot Z. Die essensiële gids vir taalgebruikewrs . 2011. 2de uitg. Kaapstad: Pharos Woordeboeke.
HAT: Handwoordeboek van die Afrikaanse taal . 2005. 5de uitg. Kaapstad: Pearson Education.
Voorbeelde
A - B - C - D - E - F - G - H - I - J - K - L - M - N - O - P - Q - R - S - T - U - V - W - X - Y - Z - Sien ook
A
ABBA – Agnetha, Benny, Björn, Anni-Frid (Sweedse popgroep)
ABSA – Geamalgameerde Banke van Suid-Afrika[ 1]
ASCII – American Standard Code for Information Interchange (Amerikaanse Standaardkode vir Inligtingsuitruiling)
Assocom – Association of Chambers of Commerce (Verenigde Kamers van Koophandel)
Avbob – Afrikaanse Verbond Begrafnisonderneming Beperk
Azapo – Azanian People's Organization
B
BENELUX – België, Nederland en Luxemburg
C
Cosas – Congress of South African Students
Cosatu – Congress of South African Trade Unions
D
Dalro – Dramatiese, Artistieke en Letterkundige Regte-Organisasie
E
ESKOM – vroeër EVKOM: Elektrisiteitsvoorsieningskommissie
ESSA – Engelssprekende Suid-Afrikaner
F
FEDUSA – Federation of Unions of South Africa (Federasie van Suid-Afrikaanse Vakbonde)
FICA – Financial Intelligence Centre Act (Wet op die Finansiële Intelligensiesentrum)
FIFA – Fédération Internationale de Football Association – Internasionale Voetbalfederasie
Foskor – Fosfaat-Ontginningskorporasie
G
Gear – Growth, Employment and Redistribution Strategy – Strategie vir Groei, Werkverskaffing en Herverdeling
Gestapo – Geheime Staatspolizei
GISA – Genealogiese Instituut van Suid-Afrika
H
HAT – (Verklarende) Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal
I
INRI – Iesus Nasarenus Rex Iudaeorum (Jesus die Nasarener, (die) koning van die Jode)
INTAK – Instituut vir Taal- en Kunstenavorsing
Intelsat – Internasionale Telekommunikasiesatelliet-organisasie
Interpol – Internasionale Kriminele Polisiekommissie
K
KEEM – Kantoor vir Ernstige Ekonomiese Misdrywe
KODESA – Konvensie vir 'n Demokratiese Suid-Afrika
Komintern – Kommunistiese Internasionale
Komsat – Kommunikasiesatelliet
KONTRALESA – Kongres van Tradisionele Leiers van Suid-Afrika
Kruik – Kaaplandse Raad vir die Uitvoerende Kunste
Krygkor – Krygstuigkorporasie van Suid-Afrika
L
Laser – Light Amplification by Stimulated Emission of Radiation (ligversterking deur gestimuleerde uitlaat van straling)
M
MEDUNSA – Mediese Universiteit van Suid-Afrika
MEMA – Moderne Evangelisasiemedia in Afrika
MINTEK – Raad vir Mineraaltegnologie
N
NAPOSA – Nasionale Professionele Onderwysorganisasie van Suid-Afrika
Naruk – Natalse Raad vir Uitvoerende Kunste
NASA – National Aeronautics and Space Administration (Nasionale Lugvaart- en Ruimte-administrasie)
Natref – Nasionale Olieraffinadery van Suid-Afrika
NAVO – Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie
NEDLAC – National Economic, Development and Labour Council (Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad NEOAR)
NEPAD – New Partnership for Africa's Development (Nuwe Vennootskap vir Afrika-ontwikkeling)
Nimro – Nasionale Instituut insake Misdaadvoorkoming en Rehabilitasie van Oortreders
NOIK – Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie
NOKSA – Nasionale Olimpiese Komitee van Suid-Afrika
NUMSA – Nasionale Unie van Metaalwerkers van Suid-Afrika
Nusas – Nasionale Unie van Suid-Afrikaanse Studente
O
OBSA – Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika
OPUL – Organisasie van Petroleumuitvoerlande
P
PAGAD – People Against Gangsterism and Drugs
PanSAT – Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad
PEN – International Association of Poets, Playwrights, Essayists, Editors, Novelists
PIN – Persoonlike Identifikasienommer
Polkol – Suid-Afrikaanse Polisiekollege
POP – Progressiewe Onafhanklike Party
POPCRU – Police and Prisons Civil Rights Union (Burgerregtevereniging van die Polisie en Gevangenis ook Polisie- en Gevangenisvakbond)
POTS – Private Outomatiese Taksentrale
R
Radar – Radio Detecting and Ranging
RAU – Randse Afrikaanse Universiteit
RAVO – Raad op Arbeidsverhoudinge in die Onderwys
Renamo – Resistência Nacional Moçambicana (Nasionale Mosambiekse Weerstandsbeweging)
Rica – Regulation of Interception of Communications and Provision of Communication-related Information Act (Wet op die Onderskepping van Inligting en Voorsiening van Kommunikasieverwante Inligting)
RISA – Recording Industry of South Africa (Opnamebedryf van Suid-Afrika)
Roep – Red Ons Eie Platteland
S
Sabek – Suid-Afrikaanse Besigheidskamer
Sabinet – Suid-Afrikaanse Bibliografiese en Inligtingsnetwerk
Sacos – South African Council for Sport
Sadou – Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie
Saivert – Suid-Afrikaanse Instituut vir Vertalers en Tolke
SAKO – Suid-Afrikaanse Kwalifikasieowerheid
Sakruk – Suid-Afrikaanse Koördinerende Raad vir die Uitvoerende Kunste
SALM – Suid-Afrikaanse Lugmag
Salu – Suid-Afrikaanse Landbou-Unie
SAMRO – Suid-Afrikaanse Musiekregte-Organisasie
Sanab – Suid-Afrikaanse Narkotikaburo
SANAE – Suid-Afrikaanse Nasionale Antarktiese Ekspedisie
Sanlam – Suid-Afrikaanse Nasionale Lewens-assuransie-maatskappy
Sanok – Suid-Afrikaanse Nasionale Olimpiese Komitee
Sanra – Suid-Afrikaanse Nasionale Raad vir Alkoholisme en Afhanklikheid van Verdowingsmiddels
Sanral – South African National Roads Agency Ltd (Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Beperk))
Santam – Suid-Afrikaanse Nasionale Trust- en Assuransiemaatskappy
SAOU – Suid-Afrikaanse Onderwysersunie
SAPA – Suid-Afrikaanse Persagentskap
SARS – South African Revenue Service (Suid-Afrikaanse Inkomstediens – SAID)
Sarvu – Suid-Afrikaanse Rugbyvoetbalunie
SASO – Suid-Afrikaanse Studente-organisasie
SASOL – Suid-Afrikaanse Steenkool-, Olie- en Gaskorporasie
Sasvia – Suid-Afrikaanse Studentevereniging in Amsterdam
Satoer – Suid-Afrikaanse Toeristekorporasie
Saval – Suid-Afrikaanse Vereniging vir Algemene Literatuurwetenskap
SAVLU – Suid-Afrikaanse Vroue-Landbou-Unie
Sensal – Sentrum vir Suid-Afrikaanse Letterkundenavorsing
Sirsa – Sielkundige Instituut van die Republiek van Suid-Afrika
SKA - Square Kilometre Array (Kilometer vierkant radioteleskoopprojek)
SKOOR – Staande Komitee oor Openbare Rekeninge
Scuba – Self-Contained Underwater Breathing Apparatus
SOEKOR – Suidelike Olie-eksplorasiekorporasie
Sonar – Sound Navigation and Ranging
SUKOVS – Streekraad vir die Uitvoerende Kunste in die Oranje-Vrystaat
T
Truk – Transvaalse Raad vir die Uitvoerende Kunste
U
UKOR – Uraanverrykingskorporasie
UKOVS – Universiteitskollege van die Oranje-Vrystaat
UNESCO – United Nations Educational, Scientific and Cultural Organisation
UNICEF – United Nations Children's Fund (Verenigde Nasies se Kinderfonds)
UNISA – Universiteit van Suid-Afrika
UNIWES – Universiteit van Noordwes
UNIZUL – Universiteit van Zoeloeland
V
VRUK – Vrystaatse Raad vir die Uitvoerende Kunste
VOO - Verderde Onderwys Opleiding
W
WASP – Wit Angel-Saksiese Protestant
WAT – Woordeboek van die Afrikaanse Taal
Y
Yskor – Suid-Afrikaanse Yster en Staal Industriële Korporasie Beperk
Z
ZAR – Zuid-Afrikaansche Republiek
ZARP – Zuid-Afrikaansche Republiek Politie
Verwysings
Bronnelys
Carstens, W.A.M. & Bosman. N. (reds.). 2014. Kontemporêre Afrikaanse Taalkunde . Pretoria: Van Schaik.
Müller, D en Pistor, S. Skryf Afrikaans van A tot Z. Die essensiële gids vir taalgebruikewrs . 2011. 2de uitg. Kaapstad: Pharos Woordeboeke.
HAT: Handwoordeboek van die Afrikaanse taal. 2005. 5de uitg. Kaapstad: Pearson Education.
Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns . 2009. Afrikaanse Woordelys en Spelreëls. Kaapstad: Pharos
Eksterne skakels