Sanlam
|
Tipe
|
Publieke maatskappy
|
Gestig
|
1918[1]
|
Hoofkantoor
|
Bellville[2], Suid-Afrika
|
Sleutelpersone | Ian Kirk (hoof uitvoerende beampte) Kobus Möller (finansiële direkteur) Desmond Smith (voorsitter)[3] |
---|
Gebied bedien | Wêreldwyd |
---|
Industrie | Versekering, bankwese, batebestuur |
---|
Inkomste | $6,311 miljard (2015) |
Werknemers | ~13 000 (2015) |
---|
Webwerf | sanlam.co.za |
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Lewens Assuransie Maatskappij (Sanlam) is 'n Suid-Afrikaanse finansiële dienstegroep met sy hoofkwartier in Kaapstad.[2] Dit is op die Johannesburgse Effektebeurs en die Namibiese Aandelebeurs gelys.
Dit is op 8 Junie 1918 as 'n lewensversekeringsmaatskappy gestig.[4] Sanlam Groep het met verloop van tyd ontwikkel tot 'n gediversifiseerde finansiële dienstemaatskappy. Deur middel van sy besigheidseenhede - Sanlam Persoonlike Finansies, Sanlam Ontluikende markte, Sanlam Beleggings, Sanlam Korporatief en Santam - bied die groep finansiële oplossings vir individue asook institusionele kliënte oor alle marksegmente heen.
Die Sanlam Groep het in Desember 2021 samesprekings met Allianz getree vir die verkryging van die hele groep in Afrika behalwe Suid-Afrika. Samesprekings word gevoer tussen die groep se hoofkwartiere in Kaapstad en München.
Verwysings
Eksterne skakels