Die 64ste Oscar-toekenningsaand is op 30 Maart1992 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Los Angeles gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 1991. Die aanbieder was Billy Crystal.
The Silence of the Lambs het die meeste Oscars (vyf) gewen, onder meer vir beste prent, regisseur, akteur en aktrise.[1]
Enkele dae voor die seremonie het LGBT-aktivistegroepe soos Queer Nation en Out in Film planne aangekondig vir ’n optog buite die Dorothy Chandler Pavilion[2] uit protes teen die kleinerende en onvleiende uitbeelding van homoseksuele in prente soos The Silence of the Lambs, JFK en Basic Instinct.[3][4] Hulle wou ook die verrigtinge in die teater ontwrig.[5] Op die dag van die seremonie het verskeie demonstreerders plakkate gedra met slagspreuke soos "Stop Hollywood's Homophobia" en "Hollywood Stop Censoring Our True Queer Lives."[6][7] Net een man met ’n kaartjie is uit die teater begelei nadat hy statistieke oor vigs geskree het tydens die voorstelling van ’n beste-liedjie-optrede.[8]
Pryse
Hier volg ’n lys van die belangrikste wenners en benoemdes (die wenners word eerste genoem en is in vet druk):[9]
↑Wells, Jeffrey (27 Maart 1992). "Up the Academy". Entertainment Weekly (in Engels). Time Warner. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Oktober 2013. Besoek op 12 September 2013.