22 Junie
22 Junie is die 173ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (174ste in skrikkeljare). Daar volg nog 192 dae in die res van die jaar.
Gebeure
Geboortes
- 1837 – Paul Morphy, Amerikaanse skaakspeler († 1884).
- 1882 – Albert Kimmerling, pioniersvlieënier wat die eerste vliegtuigvlug in Afrika (en Suid-Afrika) onderneem het († 1912).
- 1892 – Robert Ritter von Greim, Duitse vlieënier en veldmaarskalk († 1945).
- 1901 – Eitemal, Afrikaanse skrywer, digter, redenaar en vertaler († 1984).
- 1910 – Axel von Ambesser, Duitse akteur († 1988).
- 1924 – Al Debbo, Suid-Afrikaanse akteur, komediant en sanger († 2011).
- 1936 – Kris Kristofferson, Amerikaanse akteur en komponis († 2024).
- 1945 – Maretha Maartens, Suid-Afrikaanse skrywer.
- 1949 – Meryl Streep, Amerikaanse aktrise.
- 1953 – Cyndi Lauper, Amerikaanse sangeres.
- 1954 – Freddie Prinze, Amerikaanse akteur († 1977).
- 1964 – Dan Brown, Amerikaanse skrywer.
- 1994 – Marnus Labuschagne, Suid-Afrikaansgebore Australiese krieketspeler.
Sterftes
- 1276 – Pous Innocentius V, 185ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ± 1224).
- 1927 – Sir John Fraser, Suid-Afrikaanse staatsman (* 1840).
- 1967 – William Nicol, predikant, teoloog, opvoedkundige en goewerneur van die Transvaal (* 1887).
- 1969 – Judy Garland, Amerikaanse sanger, akteur (* 1922).
- 1987 – Fred Astaire, Amerikaanse danser, akteur (* 1899).
- 2008 – Ryne de Beer, Suid-Afrika se fluitende predikantsvrou (* 1932).
- 2008 – George Carlin, Amerikaanse komediant (* 1937).
- 2011 – Kader Asmal, Suid-Afrikaanse ANC-politikus (* 1934).
- 2015 – James Horner, Amerikaanse komponis en dirigent van orkestrale en rolprentmusiek (* 1953).
- 2017 – Quett Masire, Botswana-politikus en tweede president van Botswana (1980–1998) (* 1925).
- 2019 – Judith Krantz, Amerikaanse romanskryfster (* 1928).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
- Anglikaanse fees van St Alban.
- Feesdag van Pous Innocentius V in die Rooms-Katolieke Kerk.
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met 22 Junie. |
|
|