Die 2016 Formule Een Spaanse Grand Prix was 'n Formule Een motorwedren wat op 15 Mei 2016 by die Circuit de Barcelona-Catalunya in Montmeló, Spanje gehou is. Die wedren was die vyfde rondte van die 2016-seisoen en dit was die 46ste keer wat die Spaanse Grand Prix as 'n rondte van die Formule Een Wêreldkampionskap en die ses-en-twintigste keer by Catalunya gehou is.
Die jong Nederlander Max Verstappen het sy eerste oorwinning van sy loopbaan in die ren behaal. Die twee Mercedesbestuurders Lewis Hamilton en Nico Rosberg het reeds vroeg uitgeval nadat hulle in die ren se eerste rondte teen mekaar gebots het.
Bande
Bandverskaffer Pirelli verskaf spanne met die sagte, medium en harde samestellings van die P-Zero band - die drie hardste samestellings beskikbaar - vir die wedren, asook twee soorte reënbande.
Bande vir gebruik te Barcelona-Catalunya
Bande vir 'n droë baan
|
Reënbande
|
Sag
|
Medium
|
Hard
|
Tussen-in
|
Reën
|
Kwalifisering
VOOR Wegspringrooster vir die 2016 Spaanse Grand Prix
Wedrenuitslag
Puntestand na afloop van die Grand Prix
Renjaers
Vervaardigers