Zaha Hadid



Zaha Hadid

Brits-Irakkese argitek


Gebore
31 Oktober 1950
in Bagdad, Irak


Oorlede
31 Maart 2016 (op 65)
in Miami, Verenigde State


Skool
Neofuturistiese argitektuur
Dekonstruktivisme


Beduidende projekte
Bridge Pavilion in Zaragoza, Spanje


Maggie's Centre in Kirkcaldy, Fife


Contemporary Arts Center in Cincinnati, Ohio


Biblioteek en leersentrum, Universiteit van Ekonomie, Wene, Oostenryk


Toekennings en pryse
Pritzker-prys (VSA) in 2004
Royal Gold Medal (VK) in 2016

Dame Zaha Mohammad Hadid DBE (31 Oktober 1950 – 31 Maart 2016) (Arabies: زها حديد) was 'n Irakkees-gebore Britse ontwerper, argitek en professor in argitektuur asook stigter van die Londense argitektuurpraktyk Zaha Hadid Architects. Sy is deur vele as die mees vooraanstaande vroulike argitek van die laat 20ste en vroeë 21ste eeu beskou.[1]

Hadid is in Bagdad gebore en getoë en het haar akademiese opleiding in Beiroet en Londen ontvang. In die Britse hoofstad het sy die ateljee gevestig wat haar naam gedra het – Zaha Hadid Architects. Haar modernistiese en futuristiese ontwerpe sluit die Londense watersportsentrum (Aquatics Centre, 2011) in wat ter geleentheid van die Olimpiese Somerspele van 2012 ontstaan het, en die Cardiff Bay-operahuis in Wallis ('n projek wat uiteindelik nie uitgevoer is nie).

Haar ontwerpe is twee keer met die Stirling-prys bekroon, en sy was die eerste vrou wie se werk in 2004 met die Pritzker-prys vir argitektuur bekroon is – 'n prys waarna soms as die "Nobelprys van boukuns" verwys word.[2] Die beoordelaarspaneel het na haar as een van die mees begaafde beoefenaars van die kuns van argitektuur verwys en die "konsekwent oorspronklike en sterk persoonlike visie" gehuldig waarmee sy "die manier waarop ons ruimte sien en ervaar, verander het. [Haar] gefragmenteerde geometrie en vloeiende beweeglikheid skep nie net 'n abstrakte, dinamiese mooiheid nie: hierdie is 'n werk wat die wêreld waarin ons lewe, verken en vertolk."[3]

Lewe en loopbaan

Ouers en kinderjare

Zaha Hadid is in 1950 in die Irakkese hoofstad Bagdad gebore. Die families van haar ouers, Wajeeha Sabonji († 1983) en Muhammad Hadid (1907–1999), is uit Mosoel afkomstig waar hulle met handel, industriële beleggings en eiendomme groot welvaart verwerf het. Haar pa het tussen 1928 en 1931 aan die London School of Economics gestudeer waar die ekonome Sidney Webb, Hugh Dalton en John Maynard Keynes net soos die sosiaal-demokratiese gedagtes van die Fabian Society sy bewondering gewek het.[4]

Naas sy sakebelange is hy herhaaldelik as minister van finansies aangestel en was in 1946 'n medestigter van die Iraqi Democratic Party en in 1960 een van die stigters en die leier van die Progressive Democratic Party.[5]

Aangesien haar ouers 'n westelike lewensstyl gevoer het, het Zaha Hadid saam met haar broers in een van die eerste huise in Bagdad grootgeword wat volgens die Bauhaus-styl ontwerp is.[6] Reeds as kind het sy haar kamer nuut ontwerp en het sodoende 'n voorbeeld gelewer wat deur timmermans in Bagdad vir baie ander kinderkamers oorgeneem is.

In die laat 1950's het sy die boubedrywighede by die nuwe gebou van die Irakkese Departement van Beplanning in Bagdad dopgehou – 'n projek wat deur Gio Ponti volgens die voorbeeld van die Pirelli-wolkekrabber in die Noord-Italiaanse metropool Milaan ontwerp is. Zaha Hadid het haar skoolopleiding aanvanklik in 'n kloosterskool in Bagdad, wat deur Rooms-Katolieke nonne bestuur is,[7] en later in 'n Switserse en 'n Britse kosskool ontvang.[8]

Akademiese opleiding

Zara Hadid het tot en met 1971 wiskunde aan die Amerikaanse Universiteit in Beiroet en tussen 1972 en 1977 argitektuur aan die Architectural Association School (AA) in Londen gestudeer. Onder leiding van Alvin Boyarsky het die AA in die 1970's tot 'n soort sentrum van die teenbeweging van 'n tweede argitektoniese modernisme geword.[9]

Dosente soos Rem Koolhaas en Bernard Tschumi het hier sentraal gestaan in die poging om nuwe stylvorme buite die klassieke moderne boukuns en neo-historisme te ontwikkel. Zaha Hadid se buitengewone talent is al in hierdie periode raakgesien. Haar finale eksamenwerk was die ontwerp vir 'n hotel by die Londense Hungerford-brug wat sy Malevich's Tectonics genoem het – 'n sinspeling op die Russiese suprematis Kasimir Malewitsj.

In 1977 het sy 'n pos as medewerkster by Koolhaas se Office for Metropolitan Architecture (OMA) aanvaar waar sy saam met haar kollegas Rem Koolhaas en Ella Zenghelis ook self gedoseer het. In 1980 het sy haar eie ateljee as argitek in die Britse hoofstad geopen. In 1988 het die Duitse argitek en huidige professor Patrik Schumacher (* 1961) as vennoot tot die praktyk toegetree.

Argitektoniese werke en projekte

phæno – Die Experimentierlandschaft, suidfasade, in Wolfsburg, Duitsland

In 1983 het Zaha Hadid se ontwerp vir die vermaakilkheidspark The Peak Leisure Club internasionaal opspraak gewek. Volgens haar planne sou die park teen 'n berghelling in Hongkong ontstaan, maar die projek is uiteindelik nooit verwesenlik nie. Nogtans is die ontwerp met 'n prys bekroon en ook ter geleentheid van die uitstalling oor Deconstructivist Architecture, wat in 1988 in die New Yorkse Museum of Modern Art gehou is, vertoon. Zaha Hadid is danksy dié ontwerp as een van die baanbrekers vir die teoretiese basis van dekonstruktivistiese boukuns beskou.

Hadid se styl was indertyd egter allesbehalwe beperk tot dekonstruktivisme. Sy was eerder op soek na haar eie vormtaal binne die modernistiese stroming. 'n Lang reeks van ontwerpe, wat nie verwesenlik kon word nie, wys hoe moeilik dié soektog was. Uiteindelik het Zaha Hadid in 1993 'n deurbraak gemaak met haar ontwerp vir 'n brandweerhuis vir die Vitra-aanleg in Weil am Rhein, Duitsland. Rolf Fehlbaum, die bestuurder van Vitra, het indertyd al bekendgestaan as opdraggewer vir 'n reeks innoverende fabrieks- en ander geboue wat deur leidende internasionale argitekte soos Tadao Ando en Frank Gehry ontwerp is, waaronder die Vitra-ontwerpmuseum.

'n Ander, minder opspraakwekkende ontwerp van Zaha Hadid vir 'n woonhuis met binnehof in die Berlynse stadsdeel Kreuzberg het reeds in 1987 ter geleentheid van die argitektoniese uitstalling Internationale Bauausstellung (IBA) in 1987 ontstaan, maar is eers in 1994 verwesenlik. Haar grootste projek in Duitsland was phæno in Wolfsburg, Nedersakse – 'n interaktiewe museum van natuurwetenskappe waarby sy nuwe konsepte vir die dinamiese ontwerp van ruimtes getoets het. Vir Hadid was hierdie projek besonder ambisieus aangesien dit ongeag sy ingewikkelde konstruksie die indruk van gewigloosheid skep.[10]

Haar onlangse meer vloeiende ontwerpe verbind volgens kritici argaïese en futuristiese elemente met mekaar.[11] Haar argitektoniese ateljee het sy werksaamhede na ontwerpkuns uitgebrei en ontwerp onder meer meubels, binnenshuise argitektuur, pawiljoene en ander dekorasies vir tentoonstellings en gebruiksvoorwerpe.

Voorbeelde en inspirasies

Dongdaemun Design Plaza, Seoel, Suid-Korea
Die vervoermuseum Riverside Museum in Glasgow, Skotland (2007-11). Die ontwerp simboliseer die golwe van die Clyderivier en die oseaan as huldeblyk aan die stad se verbintenis met die see
Aluminium-sitbank buite die Dallas-kunsmuseum, Texas, VSA

Zaha Hadid het haar inspirasies en voorbeelde veral by Russiese suprematiste en konstruktiviste soos Kasimir Malewitsj of El Lissitzky gevind. Sy het strominge soos postmoderne argitektuur verwerp. Volgens waarnemers het Hadid met haar boukuns 'n sentrale beginsel van Malewitsj gevolg wat hy in 1928 geformuleer het: "Ons kan ruimte slegs waarneem indien ons onsself losmaak van die Aarde en enige punt van aanraking verdwyn."

Hadid het die primaat van die regte hoek op 'n wiskundige manier verwerp:

Die belangrikste punt is beweging, die vloei van dinge, 'n nie-Euklidiese geometrie sonder herhalende elemente: 'n nuwe ordening van ruimte.
— Zaha Hadid[12]

'n Ander sentrale aspek van Zaha Hadid se argitektoniese visie is die kruispunte tussen boukuns, landskap en geologie. Baie kere het sy natuurlike en kunsmatige stelsels in haar ontwerpe met mekaar geïntegreer en geëksperimenteer met video- en digitale beeldkuns asook fisiese modellering. Uit sodanige prosesse en eksperimente het dikwels onverwagte en dinamiese bouvorme voortgespruit wat hul gestalte ook deur die beperkings gekry het wat bouterreine en bouvoorskrifte aan projekte opgelê het, soos byvoorbeeld in die ontwerp vir die terminus Hoenheim-Nord in Straatsburg, Frankryk wat tussen 1999 en 2001 ontstaan het.[13]

Doseerwerk

In die laat 1980's het Zaha Hadid haarself toegespits op haar teoretiese werk as gasprofessor aan die Harvard-universiteit se Graduate School of Design (Kenzō Tange-Chair) en vervolgens aan die Universiteit van Chicago se School of Architecture (Sullivan-Chair). Sy is later aangestel as gasprofessor aan die Hochschule für bildende Künste Hamburg, die Knolton School of Architecture in Ohio en by die Masters Studio, Columbia-universiteit te New York.

Vanaf 2000 was Hadid as professor aan die Instituut vir Argitektuur van die Universiteit vir Toegepaste Kuns in Wene, Oostenryk werksaam. In 2002 was sy daarnaas Eero Saarinen-gasprofessor aan die Yale School for Architecture in New Haven, Connecticut.

Zaha Hadid is as 'n erelid van die American Academy of Arts and Letters en 'n erevennoot van die American Institute of Architects benoem.

Ontwerpkuns

Eetgereistel Zaha. WMF 2007
Indianapolis Museum of Modern Art

Vir die Duitse vervaardiger WMF het Zaha Hadid in 2007 die eetgereistel Zaha ontwerp[14] wat vir die Ontwerpprys van die Bondsrepubliek Duitsland genomineer is.[15]

Dood

In Maart 2016 het Zaha Hadid tydens 'n besoek aan Miami brongitis opgedoen. Terwyl sy in 'n hospitaal behandel is, is sy vroeg die oggend op 31 Maart skielik en onverwags aan 'n hartaanval oorlede.[16][17][18] Zaha Hadid, wat ongetroud en kinderloos was, het haar laaste rusplek op die Brookwood-begraafplaas, ook bekend as London Necropolis, in die Engelse graafskap Surrey gevind.[19]

Verwysings

  1. www.zaha-hadid.com: Zaha Hadid 1950–2016
  2. International Business Times: British architect Zaha Hadid dies: Her brilliant legacy in buildings.
  3. Jaye Abbate en Michael C. Thomsett: Celebrating the Art of Architecture. 25 Years of Pritzker Prize Winning Architects. Columbia, MD: Marketplace Books 2004, bl. 99
  4. Alan Rush: Obituary: Muhammad Hadid, in: The Independent, 6 Augustus 1999
  5. "National Democratic Party (al-Hizb al-Watani al-Dimuqrati), middleeastreference.org.uk, 9 September 2004". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Maart 2016. Besoek op 30 Junie 2012.
  6. Nicolai Ouroussoff: Zaha Hadid: A Diva for the Digital Age. In: The New York Times, 2 Junie 2006
  7. Mail Online, 21 Februarie 2016: Dame Zaha Hadid 'not part of the establishment' despite royal honours. Besoek op 20 Februarie 2018
  8. The Guardian, 14 November 2012: Zaha Hadid: 'Being an Arab and a woman is a double-edged sword'. Besoek op 20 Februarie 2018
  9. British Council (2005): Zaha Hadid
  10. Eva Karcher: Architektin Zaha Hadid. Über Ecke. In: Süddeutsche Zeitung, 14 November 2009[dooie skakel]
  11. Horst Brandenburg: Löwin unter Löwen – Die Architektin Zaha Hadid. In: ARD, uitgesaai op 30 November 2010
  12. Retrospektiewe: Zaha Hadid. Architektur. Museum für angewandte Kunst, Wene, 14 Mei 2003 tot 17 Augustus 2003
  13. Ausstellung Zaha Hadid – Architektur. MAK Wene. Besoek op 16 April 2017
  14. Zaha Hadid Architects: WMF Cutlery. Besoek op 5 September 2020
  15. Rat für Formgebung: Designpreis 2009. Designpreis der Bundesrepublik Deutschland 2009 | Design Award of the Federal Republic of Germany 2009. Basel • Boston • Berlin: Birkhäuser 2009, bl. 678
  16. Zaha Hadid: 1950–2016. Besoek op 5 April 2016
  17. www.archdaily.com, 31 Maart 2016: Zaha Hadid Dies Aged 65
  18. www.archdaily.com, 1 April 2016: Tributes Pour in With News of Zaha Hadid's Passing
  19. www.findagrave.com: Zaha Hadid. Besoek op 2 Mei 2017

Eksterne skakels

Wiki-webtuistes

Amptelike webtuiste

Virtuele besigtiging van geboue

London Design Museum

Read other articles:

American social psychologist Theodore NewcombBornJuly 24, 1903Rock Creek, Ohio, U.S.DiedDecember 28, 1984 (1984-12-29) (aged 81)Ann Arbor, Michigan, U.S.NationalityAmericanAlma materColumbia UniversityKnown forProximity principleScientific careerFieldsPsychologistDoctoral studentsJoseph E. McGrathSusan M. Ervin-TrippKamla Chowdhry Theodore Mead Newcomb (July 24, 1903 – December 28, 1984) was an American social psychologist, professor and author. Newcomb led the Benningto...

Juan Hortensio Quijano[1]​ Vicepresidente de la Nación Argentina 4 de junio de 1946-3 de abril de 1952Presidente Juan Domingo PerónPredecesor Juan PistariniSucesor Alberto Teisaire Ministro del Interior de la Nación Argentina 4 de agosto de 1945-8 de octubre de 1945Presidente Edelmiro Julián Farrell (de facto)Predecesor Alberto TeisaireSucesor Eduardo Ávalos Información personalNombre en español Hortensio Quijano Nacimiento 1 de junio de 1884Curuzú Cuatiá, Corrientes, Argentina...

هذه المقالة يتيمة إذ تصل إليها مقالات أخرى قليلة جدًا. فضلًا، ساعد بإضافة وصلة إليها في مقالات متعلقة بها. (يوليو 2019) ترامب معلومات شخصية الميلاد 28 يونيو 1987 (36 سنة)  تايوان  مواطنة الولايات المتحدة  الطول 5.42 قدم[1]  الحياة العملية المدرسة الأم جامعة نيويورككلية �...

Casino RoyalePoster film Casino RoyaleSutradara Martin Campbell Produser Michael G. Wilson Barbara Broccoli Ditulis oleh Paul Haggis Neal Purvis Robert Wade SkenarioPaul HaggisNeal PurvisRobert WadeBerdasarkanCasino Royaleoleh Ian FlemingPemeranDaniel CraigEva GreenMads MikkelsenJudi DenchJeffrey WrightGiancarlo GianniniPenata musikDavid ArnoldSinematograferPhil MéheuxPenyuntingStuart BairdPerusahaanproduksiEON ProductionsStillking FilmsBabelsberg StudioDistributorMetro-Goldwyn-MayerCo...

ملعب الحزب الوطني الفاشيStadio Nazionale del PNF (بالإيطالية) معلومات عامةالمنطقة الإدارية روما البلد  إيطاليا التشييد والافتتاحالمهندس المعماري Marcello Piacentini (en) الإقفال 1953 الهدم 1957 الاستعمالالرياضة كرة القدم المستضيف منتخب إيطاليا لاتحاد الرغبي المالك روما أحداث مهمة كأس العالم ...

Buste de Gustave Eiffel par Antoine BourdelleLe buste vu de trois-quarts face.PrésentationType SculptureFondation 1929Architectes Auguste Perret (piédestal), André Granet (piédestal)Créateur Antoine BourdelleMatériau bronze et feuille d'orInauguration 2 mai 1929LocalisationLocalisation 7e arrondissement de Paris, Paris FranceCoordonnées 48° 51′ 31″ N, 2° 17′ 40″ Emodifier - modifier le code - modifier Wikidata Le buste de Gustave Eiffel par ...

This biography of a living person needs additional citations for verification. Please help by adding reliable sources. Contentious material about living persons that is unsourced or poorly sourced must be removed immediately from the article and its talk page, especially if potentially libelous.Find sources: Wang Xiaotang – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (March 2013) (Learn how and when to remove this template message) In this Chinese name...

Researcher in computational neuroscience Peter DayanFRSRoyal Society 2018Alma materUniversity of Cambridge (BA)University of Edinburgh (PhD)Known forQ-learningSpouseLi ZhaopingAwardsRumelhart Prize (2012)The Brain Prize (2017)Scientific careerFieldsComputational neuroscienceReinforcement learningInstitutionsMax Planck Institute for Biological CyberneticsUniversity College LondonMassachusetts Institute of TechnologyUber[1]University of TorontoSalk InstituteThesisReinforcing c...

Puteri Indonesia 2017Tanggal31 Maret 2017TempatJakarta Convention Center, Jakarta, IndonesiaTemaThe Sophisticated of the BalilandPembawa acaraChoky SitohangZivanna LetishaPengisi acaraUnguAndienCakra KhanAnjiMarcell SiahaanDaniel PowterPenyiaranIndosiarPeserta38Finalis/Semifinalis11Tidak tampilKalimantan TengahPemenangBunga Jelitha Ibrani DKI Jakarta 5PersahabatanSuci Marliani DKI Jakarta 3Kostum Nasional TerbaikKevin Lilliana Jawa Barat← 201...

The Right HonourableWilliam HughesCH, KCPerdana Menteri Australia ke-7Pemilihan: 1917, 1919, 1922Masa jabatan27 Oktober 1915 – 9 Februari 1923Penguasa monarkiGeorge VGubernur JenderalSir Ronald Munro FergusonLord ForsterPendahuluAndrew FisherPenggantiStanley BruceAnggota Parlemen Australia untuk BradfieldMasa jabatan10 Desember 1949 – 20 Desember 1952PendahuluPosisi DidirikanPenggantiHarry Turner Informasi pribadiLahir25 September 1862 London, InggrisMeninggal28 Oktober ...

The Battles and Operations involving the Indian National Army during World War II were all fought in the South-East Asian theatre. These range from the earliest deployments of the INA's preceding units in espionage during Malayan Campaign in 1942, through the more substantial commitments during the Japanese Ha Go and U Go offensives in the Upper Burma and Manipur region, to the defensive battles during the Allied Burma campaign. The INA's brother unit in Europe, the Indische Legion did not se...

Dodô Informasi pribadiNama lengkap DodôTanggal lahir 2 Mei 1974 (umur 49)Tempat lahir São Paulo, BrasilPosisi bermain PenyerangKarier senior*Tahun Tim Tampil (Gol)1992–1993 Nacional 1994 Fluminense 1995–1998 São Paulo 1996 →Paraná 1998–2001 Santos 2001–2002 Botafogo 2002 Palmeiras 2003–2004 Ulsan Hyundai 2005 Oita Trinita 2005 Goiás 2006 Botafogo 2006–2007 Al-Ain 2007 Botafogo 2008 Fluminense 2010 Vasco da Gama 2010–2011 Portuguesa 2011 Americana 2013 Grêmio Osasco...

Bilateral relationsSaudi Arabia-Syria relations Saudi Arabia Syria Saudi Arabia–Syria relations refer to bilateral and economic relations between Saudi Arabia and the Syrian Arab Republic. Diplomatic ties between these two countries of the Middle East have long been strained by the major events in the region. Saudi Arabia has an embassy in Damascus, and Syria has an embassy in Riyadh. Both countries are members of the Arab League and share close cultural ties. Factors affecting relations So...

華泰王子大飯店Gloria Prince Hotel公司類型旅館統一編號11658137 (查)成立1970年3月代表人物董事長:陳天貴總部 中華民國(臺灣)臺北市中山區中山里林森北路369號業務範圍台灣臺北市产业觀光旅館業實收資本額新台幣850,000,000元网站www.gloriahotel.com 耐斯王子大飯店Nice Prince Hotel公司類型旅館統一編號42588333 (查)成立2006年4月代表人物董事長:陳志倫總部 臺灣嘉義市東區�...

French electroclash/techno producer This biography of a living person needs additional citations for verification. Please help by adding reliable sources. Contentious material about living persons that is unsourced or poorly sourced must be removed immediately from the article and its talk page, especially if potentially libelous.Find sources: The Hacker – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (July 2015) (Learn how and when to remove this templa...

In diesem Artikel oder Abschnitt fehlen noch folgende wichtige Informationen: in diesem bisher sehr rudimentären Lemma wäre es sicherlich sinnvoll und hilfreich hinter die PreisträgerInnen wenigstens die Jahreszahl der jeweiligen Auszeichnung anzugeben. Hilf der Wikipedia, indem du sie recherchierst und einfügst. Médaille de la Ville de Paris Die Médaille de la Ville de Paris ist eine Auszeichnung, die seit 1911 vom Bürgermeister von Paris verliehen wird auf Vorschlag von Mitgliedern d...

This article relies excessively on references to primary sources. Please improve this article by adding secondary or tertiary sources. Find sources: Mexico Songs – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (April 2023) (Learn how and when to remove this template message) Mexico Songs is a music record chart of Mexico, published by Billboard since February 2022. It is updated every Tuesday on Billboard's website. It is part of Billboard's Hits of ...

Liga de Campeones de la CAF 2020-21 LVII Edición El estadio Mohammed V fue sede de la Final.Datos generalesSede ÁfricaFecha 28 de noviembre de 202017 de julio de 2021Edición 57Organizador CAFPalmarésCampeón Al-Ahly (10.er título)Subcampeón Kaizer ChiefsSemifinalistas Wydad Casablanca E. S. TunisDatos estadísticosParticipantes 16 (fase de grupos)54 (total) (de 42 asociaciones)Partidos 131Goles 272 (2.08 por partido)Goleador Mohamed Sherif (6)(Al-Ahly) Cronología 2019-20 LVII Edición ...

Annual skyrunning race events Skyline ScotlandSalomon Ben Nevis Ultra logoDateSeptemberLocation KinlochlevenEvent typeUltra SkyMarathonSkyMarathonSkyRaceVertical KilometerDistance65 km / 4,300 m52 km / 4,750 m29 km / 2,500 m5 km / 1,000 mEstablished2015Official siteSkyline Scotland Skyline Scotland is a set of annual skyrunning races which take place on consecutive days in the mountains around Kinlochleven in Lochaber. The main races are the Mamores VK, the Ring of Steall Skyrace, the Ben Nev...

IX campionati europei di atletica leggera Competizione Campionati europei di atletica leggera Sport Atletica leggera Edizione 9ª Date 16-21 settembre 1969 Luogo Atene,  Grecia Partecipanti 674 atleti Nazioni 30 Impianto/i Stadio Karaiskákis Statistiche Miglior nazione  Germania Est Gare 38 Cronologia della competizione Budapest 1966 Helsinki 1971 Manuale I IX campionati europei di atletica leggera si sono tenuti ad Atene, in Grecia, dal 16 al 21 settembre del 1969 allo stadio...