Wortelboommoeras

Kaart van wortelboom verspreiding.

Wortelboommoerasse of mangliete is moerasse met 'n kenmerkende woudagtige plantegroei wat in riviermondings langs tropiese en subtropiese kuste aangetref word. Die vernaamste plantegroei van hierdie moerasse is bome met spesiale bogrondse wortels waardeur hulle asemhaal, bestand is teen water met 'n hoë soutgehalte en as wortelbome bekend staan. 'n Groot verskeidenheid van diere word in hierdie moerasse aangetref.

Op die meeste plekke langs tropiese en subtropiese kuste waar varswater in die see vloei, is kleiner of groter modderbanke aanwesig waarop gespesialiseerde plantegroei aangetref word. Van die see na die binneland wissel die water van heeltemal sout tot heeltemal vars, en die soutgehalte van elke punt varieer daagliks nog met die gety. Omdat wortelbome die vernaamste plantsoort is wat in hierdie moerasse voorkom, staan hulle bekend as wortelboommoerasse. Wortelbome is die enigste houterige halofiete.[1]

Diversiteit en aanpassings

Die meeste wortelbome behoort tot die genera Rhizophora, Bruguiera, Avicennia, Sonneratia, Laguncularia en Aegiceras. Elke wortelboomspesie is meestal vir 'n spesifieke soutgehalte aangepas en van die see af na die binneland kan verskillende sones meestal onderskei word. Bome van die genus Sonneratia kan 'n hoë soutgehalte weerstaan en word gewoonlik naby die see aangetref.

Hulle hou groot hoeveelhede slik vas en verkry die meeste van hul suurstof deur spesiale asemwortels of pneumatofore wat bo die grond uitsteek. Rhizophora-spesies word meestal effens hoër aangetref en het kenmerkende stutwortels aan die onderkant van die stam en aan die onderste takke. Bruguiera-spesies met hul kniewortels word meestal nog hoër op aangetref. Die lugwortels van al die wortelbome het talle openinge (lentiselle) in die bas daarvan, waardeur suurstof die wortels kan binnedring.

Dit is hierdie wortels wat dit vir die plante moontlik maak om in die suurstofarme modderbodem te groei. Die besontwikkelde wortelboommoerasse met die hoogste spesiediversiteit word in Suidoos-Asië aangetref. Hierdie oostelike tipe bestaan uit ongeveer 20 spesies, waaronder verskeie Sonneratia-spesies. Nog 'n tipiese plant van die Suidoos-Asiatiese wortelboommoerasse is die nipapalms (Nypa fruticans), 'n kruipende palmspesie waarvan slegs die blare bo die water uitsteek.

Na die suide en noorde neem die getal spesies af sodat daar byvoorbeeld in Suid-Afrika slegs vier spesies, en in Nieu-Seeland slegs een spesie aangetref word. In Suid-Afrika word Avicennia marina, Bruguiera gymnorrhiza en Rhizophora mucronata tot aan die Transkeise kus aangetref, terwyl Sonneratia alloa 'n meer tropiese spesie is wat slegs tot in Mosambiek voorkom. Die Rhizophora- en Bruguiera-spesies is vivipaar wat beteken dat die sade reeds in die vrug ontkiem terwyl dit nog aan die boom hang.

Die hipokotiel verleng geweldig, soms tot meer as 'n meter. As die vrug ryp is, val die hipokotiel met die eerste blaartjies af en slaan vas in die modder. Soms word hulle egter deur die gety weggespoel en na ander gebiede vervoer.

Ekologie

Hervestiging en rehabilitasie van beskadigde wortelboombosse in Thailand het 'n terugkeer van voormalige dierelewe meegebring.

Wortelboommoerasse kan as ekostelsels op hul eie beskou word waarin 'n groot aantal voedselkettings aangetref word. Die basis van die ekologiese piramides is hoofsaaklik die blare van die wortelbome wat afval. Hulle dien as voedsel vir ʼn groot aantal detritus-vreters (klein diertjies en ander organismes wat van dooie organiese materiaal leef).

Hierdie organismes vorm op hul beurt weer die kos van diere soos klein visse wat weer deur roofvisse geëet word. Wortelboommoerasse is oor die algemeen baie belangrik vir visbevolkings, omdat baie van die seevisse hul eiers in hierdie moerasse lê en die kleintjies daar uitbroei. Die kleintjies is vir voedsel en skuiling van hierdie moerasse afhanklik en die vernietiging van die moerasse het ʼn baie negatiewe invloed op die visbevolkings. Benewens die gespesialiseerde wortelboommoerasbewoners word 'n groot aantal ander diere soos voëls, slange en soogdiere in ander woude sowel as in wortelboommoerasse aangetref.

In teenstelling met die tropiese reënwoude is daar min liane en epifiete in wortelboommoerasse.

Kyk ook

Bronnelys

Verwysings

  1. Moslem Sharifinia, Moslem Daliri, Ehsan Kamrani (2019). Chapter 4 - Estuaries and Coastal Zones in the Northern Persian Gulf (Iran); in: Coasts and Estuaries. Elsevier. pp. 57–68. doi:10.1016/B978-0-12-814003-1.00004-6. ISBN 9780128140031.{{cite book}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)

Eksterne skakels

Read other articles:

العلاقات الإيرانية الزامبية إيران زامبيا   إيران   زامبيا تعديل مصدري - تعديل   العلاقات الإيرانية الزامبية هي العلاقات الثنائية التي تجمع بين إيران وزامبيا.[1][2][3][4][5] مقارنة بين البلدين هذه مقارنة عامة ومرجعية للدولتين: وجه المقارنة إيرا�...

 

For other uses, see Mehdia (disambiguation). Town in Rabat-Salé-Kénitra, MoroccoMehdya المهديةTownMehdyaCoordinates: 34°15′35″N 6°39′0″W / 34.25972°N 6.65000°W / 34.25972; -6.65000Country MoroccoRegionRabat-Salé-KénitraProvinceKénitraPopulation (2004) • Total16,262Time zoneUTC+0 (WET) • Summer (DST)UTC+1 (WEST) Mehdya (Arabic: المهدية, romanized: al-Mahdiyā), also Mehdia or Mehedya, is a town in Ké...

 

Spanish footballer (born 1979) In this Spanish name, the first or paternal surname is Marchena and the second or maternal family name is López. Carlos Marchena Marchena in 2017Personal informationFull name Carlos Marchena López[1]Date of birth (1979-07-31) 31 July 1979 (age 44)[1]Place of birth Las Cabezas, SpainHeight 1.82 m (6 ft 0 in)[1]Position(s) Centre-back, defensive midfielderYouth career Cabecense1990–1997 SevillaSenior career*Y...

Craft of fastening or attaching objects using stitches made with a needle and thread Not to be confused with Sowing. Sewn redirects here. For the song, see Sewn (song). Sewing Fisherman's Wife by Anna Ancher, 1890 Sewing is the craft of fastening or attaching objects using stitches made with a sewing needle and thread. Sewing is one of the oldest of the textile arts, arising in the Paleolithic era. Before the invention of spinning yarn or weaving fabric, archaeologists believe Stone Age peopl...

 

The Madness Fall TourThe Weeknd nel 2015Tour di The WeekndAlbumBeauty Behind the Madness Inizio Toronto 3 novembre 2015 Fine Miami 19 dicembre 2015 Tappe1 Spettacoli24 in Nord America24 totali Cronologia dei tour di The Weeknd King of the Fall Tour(2014) Starboy: Legend of the Fall Tour(2017) The Madness Fall Tour è il terzo tour musicale del cantante canadese The Weeknd, a supporto del secondo album in studio Beauty Behind the Madness (2015).[1][2][3][4] Indi...

 

Cet article est une ébauche concernant le Brésil. Vous pouvez partager vos connaissances en l’améliorant (comment ?) selon les recommandations des projets correspondants. Le couvent en 1818 Le Couvent du Carmel de Rio de Janeiro est un ancien couvent carmélite construit à Rio de Janeiro à partir de 1619 et transformé en palais pour la reine Marie Ire de Portugal en 1808. Il accueille ensuite les volumes de la bibliothèque royale, qui constituent l'embryon de l'actuelle Bibliot...

此条目序言章节没有充分总结全文内容要点。 (2019年3月21日)请考虑扩充序言,清晰概述条目所有重點。请在条目的讨论页讨论此问题。 哈萨克斯坦總統哈薩克總統旗現任Қасым-Жомарт Кемелұлы Тоқаев卡瑟姆若马尔特·托卡耶夫自2019年3月20日在任任期7年首任努尔苏丹·纳扎尔巴耶夫设立1990年4月24日(哈薩克蘇維埃社會主義共和國總統) 哈萨克斯坦 哈萨克斯坦政府...

 

  دافيديف (بالأوكرانية: Давидів)‏    دافيديف (لفيفسكا) تاريخ التأسيس 1355  تقسيم إداري البلد أوكرانيا الإمبراطورية النمساوية الإمبراطورية النمساوية المجرية  خصائص جغرافية إحداثيات 49°44′39″N 24°08′17″E / 49.744166666667°N 24.138055555556°E / 49.744166666667; 24.138055555556   المس...

 

Highest court in the U.S. state of New Mexico New Mexico Supreme CourtSeal of the New Mexico Supreme CourtEstablished1841LocationSanta Fe, New MexicoAuthorized byNew Mexico ConstitutionAppeals toSupreme Court of the United StatesJudge term length8 yearsNumber of positions5WebsiteOfficial websiteChief JusticeCurrentlyDavid K. ThomsonSinceApril 17, 2024Lead position endsApril 16, 2026Jurist term endsDecember 31, 2026 New Mexico Supreme Court Building Politics of New Mexico Constitution United S...

Parish in Louisiana, United States Parish in LouisianaWest Carroll ParishParishWest Carroll Parish Courthouse in Oak GroveLocation within the U.S. state of LouisianaLouisiana's location within the U.S.Coordinates: 32°47′N 91°27′W / 32.79°N 91.45°W / 32.79; -91.45Country United StatesState LouisianaFoundedMarch 26, 1877Named forCharles Carroll of CarrolltonSeatOak Grove, West Carroll ParishLargest townOak Grove, West Carroll ParishArea • To...

 

Italo-libanesiLuogo d'origine Italia Popolazionecirca 4.300 Linguaarabo, italiano, francese Religionecristianesimo, islam Distribuzione  Libanocirca 4.300 Manuale Castello crociato genovese di Biblo. Gli Italiani del Libano (o Italo-libanesi) sono una comunità originaria del Libano composta da alcune migliaia di persone. Indice 1 Storia 2 Comunità italiana nel Libano 3 Lingua e religione 4 Note 5 Bibliografia 6 Voci correlate Storia Durante il Medioevo le Repubbliche marinare...

 

إن حيادية وصحة هذه المقالة محلُّ خلافٍ. ناقش هذه المسألة في صفحة نقاش المقالة، ولا تُزِل هذا القالب من غير توافقٍ على ذلك. (نقاش) (مايو 2016) هذه المقالة بحاجة لمراجعة خبير مختص في مجالها. يرجى من المختصين في مجالها مراجعتها وتطويرها. (مايو 2016) رأسماليةمعلومات عامةصنف فرعي من نظ...

Schematisk översikt av jordens åtta faunaregioner:   Nearktiska regionen   Palearktiska regionen   Etiopiska regionen   Orientaliska regionen   Australiska regionen   Neotropiska regionen   Oceaniska regionen och Antarktiska regionen visas inte. En djurgeografisk region, även kallad faunaregion eller zoogeografisk region är en del av biosfären som har en karakteristisk fauna. Varje region har en karakteristisk växelve...

 

العلاقات الفيجية الكندية فيجي كندا   فيجي   كندا تعديل مصدري - تعديل   العلاقات الفيجية الكندية هي العلاقات الثنائية التي تجمع بين فيجي وكندا.[1][2][3][4][5] مقارنة بين البلدين هذه مقارنة عامة ومرجعية للدولتين: وجه المقارنة فيجي كندا المساحة (كم2...

 

St Peter's Church, Barnstaple, east end St Peter's Church is the parish church of the town of Barnstaple in North Devon, England. Parts of the church date to the 13th-century with much restoration during the Victorian era by George Gilbert Scott and later by his son John Oldrid Scott which changed the atmosphere of the building, although many fine wall monuments and tablets remain. The church comes under the Diocese of Exeter. History The pulpit Æthelstan is said to have granted Barnstaple ...

American racing driver (1882–1956) Ralph DePalmaDePalma in 1912BornRaffaele De Palma(1882-12-19)December 19, 1882Biccari, Apulia, ItalyDiedMarch 31, 1956(1956-03-31) (aged 73)South Pasadena, California, U.S.Championship titlesMajor victories Vanderbilt Cup (1912, 1914) Indianapolis 500 (1915)Champ Car career100 races run over 23 yearsBest finish4th (1916, 1920)First race1909 Wheeler-Schebler Trophy (Indianapolis)Last race1933 Syracuse 100 (Syracuse)First win1909 Long Island Stock Car D...

 

Early firearm, 13th-15th century Swiss soldier firing a hand cannon, with powder bag and ramrod at his feet, c. late 15th century (produced in 1874) Part of a series onCannons History Artillery in the Song dynasty Artillery in the Middle Ages Naval artillery in the Age of Sail Field artillery in the US Civil War Siege artillery in the US Civil War Operation Breech-loading List of cannon projectiles Muzzleloading By country English cannon Cannons of Maritime Southeast Asia Japanese cannon Fili...

 

Town in Baden-Württemberg, GermanyBruchsal Town FlagCoat of armsLocation of Bruchsal within Karlsruhe district Bruchsal Show map of GermanyBruchsal Show map of Baden-WürttembergCoordinates: 49°08′N 8°36′E / 49.133°N 8.600°E / 49.133; 8.600CountryGermanyStateBaden-WürttembergAdmin. regionKarlsruhe DistrictKarlsruhe Subdivisions6Government • Mayor (2017–25) Cornelia Petzold-Schick[1] (Greens)Area • Total93.02 km2 (35....

Barony in County Waterford, Ireland Barony in Munster, IrelandGlenahiry Gleann na hUidhre (Irish)BaronyGlenahiry countryside, Ballydonagh townlandBarony map of County Waterford, 1900; Glenahiry is coloured yellow, in the north.Sovereign stateIrelandProvinceMunsterCountyWaterfordArea • Total157.58 km2 (60.84 sq mi) Glenahiry (Irish: Gleann na hUidhre[1]) is a barony in County Waterford, Ireland.[2][3] Etymology Glenahiry barony is derived from...

 

Questa voce sugli argomenti cantanti statunitensi e compositori statunitensi è solo un abbozzo. Contribuisci a migliorarla secondo le convenzioni di Wikipedia. Segui i suggerimenti del progetto di riferimento. Mark MothersbaughMark Mothersbaugh al Sundance Film Festival 2024 Nazionalità Stati Uniti GenereNew wavePost-punkDance rockSynth popPunk rock Periodo di attività musicale1972 – in attività Sito ufficiale Modifica dati su Wikidata · Manuale Mark ...