Wonder of the Seas

Wonder of the Seas
Plesierboot
Vaartuig klasOasis-class cruise shipWysig
Amptelike naamWonder of the SeasWysig
Kort naamWonderWysig
EienaarRoyal Caribbean InternationalWysig
Voorafgegaan deurSymphony of the SeasWysig
Opgevolg deurUtopia of the SeasWysig
Land van oorsprongFrankrykWysig
OperateurRoyal Caribbean InternationalWysig
VervaardigerChantiers de l'AtlantiqueWysig
Ligging van vervaardigingChantiers de l'AtlantiqueWysig
Ingebruikneming4 Maart 2022Wysig
TuishawePort Everglades, Port of Civitavecchia, Port of Barcelona, Port CanaveralWysig
Amptelike webwerfhttps://www.royalcaribbean.com/cruise-ships/wonder-of-the-seasWysig
RegistrasiehaweNassauWysig
VlagstaatBahamasWysig
RoepseinC6EY2Wysig
Category for ship nameCategory:Wonder of the Seas (ship, 2022)Wysig

Wonder of the Seas is 'n plesierboot wat deur die Amerikaanse skeepsvaartlyn Royal Caribbean International bedryf word. Die skip is gebou in die Chantiers de l'Atlantique -skeepswerf in Saint-Nazaire (Frankryk) en is in Januarie 2022 as die vyfde skip van die Oasis-klas afgelewer. Teen 2023 was dit die wêreld se grootste vaartuig met 'n bruto tonnemaat van 235 600, en neem die titel van sy voorganger susterskip, Symphony of the Seas oor.

Beskrywing

Wonder of the Seas is 362 meter lank en 64 meter breed en kan 7 084 passasiers en 2 204 bemanningslede akkommodeer. Daar is 2 867 kajuite, wat beteken daar is plek vir 5 734 passasiers wanneer dit dubbel beset is. Daar is 24 passasiershysers. Daarbenewens is daar nege gratis en twaalf spesialiteitsrestaurante en twaalf kroeë.[1]

Die skip se fasiliteite sluit in 'n konferensiesentrum, mediese fasiliteite, 'n opelug-bioskoop, kasino, 'n musieksaal, vier swembaddens, tien borrelbaddens, 'n waterpark, 'n tiendek-ritslyn, ysskaatsbaan, basketbalbaan, twee 13 meter-hoë klimmure en 'n teater vir 1 400 mense.[1]

Die skip bestaan uit agt "buurte", waarvan die "Suite"-buurt nog nie voorheen op Royal Caribbean-skepe tevinde was nie.[2] Dié area het onder meer 'n sondek en 'n swembad. Daarbenewens is daar 'n park met sowat 21 000 regte plante op die skip,[3] die "Central Park", en ook die woonbuurte "Boardwalk", "Pool & Sports Zone", "Entertainment Place", "Royal Promenade", "Vitality Spa & Fitness Centre" en "Youth Zone".[4]

Daar is agt enjins beskikbaar vir die kragtoevoer op die skip; vier Wärtsila V12 12V46F-enjins, wat elk 14 400 kW lewer, en twee 16-silinder 16V46F-enjins van 19 200 kW elk. Verder is daar twee MTU 16V4000-enjins van 2070 kW elk. Die aandrywing word verskaf deur drie ABB-roerskroewe van 20 MW elk, wat elk 'n 6 meter groot skeepsskroef aandryf, en vier Wärtsila CT3500-boegstuwers van 5,5 MW.

Verwysings

  1. 1,0 1,1 "Wonder of the Seas Cruise Ship". ship-technology.com (in Engels). 20 Mei 2021. Besoek op 4 Februarie 2023.
  2. Anne Kalosh (15 September 2021). "Wonder of the Seas to debut in US and Europe, not China". seatrade-cruise.com (in Engels). Besoek op 2 Februarie 2023.
  3. "Wonder Of The Seas deck 8 plan (Central Park-Cabins)". cruisemapper.com (in Engels). Besoek op 5 Februarie 2023.
  4. "Wonder of the Seas Cruise Ship". ship-technology.com (in Engels). 20 Mei 2021. Besoek op 4 Februarie 2023.