Die Wilde-eendsterrestelsel (ook bekend as Messier 11, M11 en NGC 6705) is ’n oop sterreswerm in die sterrebeeld Skild. Dit is in 1681 deur Gottfried Kirch ontdek. Charles Messier het dit in 1764 in sy Messier-katalogus opgeneem.
Die Wilde-eend is een van die rykste en kompakste oop sterreswerms bekend; dit bevat sowat 2 900 sterre. Sy ouderdom word geraam op sowat 220 miljoen jaar. Die naam kom van die helderste sterre wat ’n driehoek vorm wat kan lyk soos ’n swerm vlieënde eende.
Eksterne skakels