Voyager 2

Voyager 2

Gelanseer deur Nasa
Tipe sending Verbyvlug
Datum 1977-08-20
Duur van sending 35 jaar+
Jupiter-verbyvlug
(voltooi 1979-08-05)
Saturnus-verbyvlug
(voltooi 1981-09-25)
Uranus-verbyvlug
(voltooi 1986-02-25)
Neptunus-verbyvlug
(voltooi 1989-10-02)
Webtuiste Nasa-Voyager-webtuiste
Massa 721,9 kg
Krag 420 W
Bronne [1]

Voyager 2 is ’n ruimtetuig van 722 kg wat op 20 Augustus 1977 deur Nasa gelanseer is om die buitenste sonnestelsel en eindelik die ruimte tussen die sterre te bestudeer. Ná amper 35 jaar ontvang die tuig steeds roetinebevele en stuur data terug na Nasa se diepruimtenetwerk.

Dit is saam met sy sustertuig, Voyager 1, deel van die Voyager-program en is tans op ’n uitgebreide sending om die grense van die sonnestelsel te vind en bestudeer, onder meer die Kuiper-gordel, die heliosfeer en die ruimte tussen die sterre. Die primêre sending het op 31 Desember 1989 geëindig nadat dit die Jupiter-stelsel in 1979 verken het, die Saturnus-stelsel in 1981, die Uranus-stelsel in 1986 en die Neptunus-stelsel in 1989. Dit was die eerste ruimtetuig wat gedetailleerde inligting verskaf het van die buitenste gasplanete.

Agtergrond

Die idee om ’n "groot toer" van die planete te doen, het in die 1960's ontstaan en Nasa het in die vroeë 1970's aan so ’n program begin werk. Dit het saamgeval met die oplyning van die planete, wat ’n sending na die buitewyke van die sonnestelsel met behulp van ’n nuwe tegniek, swaartekragslinger, moontlik gemaak het.

Daar is vasgestel dat swaartekragslinger ’n tuig in staat sal stel om die vier gasplanete (Jupiter, Saturnus, Uranus en Neptunus) te besoek met minder brandstof en ’n korter reistyd tussen die planete. Voyager 2 is aanvanklik beplan as Mariner 12 van die Mariner-program, maar weens besnoeiings is die sending afgeskaal om net verby Jupiter en Saturnus te vlieg en hernoem na die Mariner-Jupiter-Saturnus-sending. Namate die program gevorder het, is dit hernoem na Voyager omdat die tuig se ontwerp grootliks begin verskil het van dié van vorige Mariner-sendings.[2]

Ná Voyager 1 se suksesvolle verbyvlug van Saturnus se maan Titaan, is Voyager 2 se sending uitgebrei om dit na Uranus en Neptunus ook te stuur en so die droom van die "groot toer" te verwesenlik.[3]

Voyager se Goue Skyf.

Goue skyf

Elke Voyager-ruimtetuig het ’n vergulde oudiovisuele skyf aan boord ingeval die tuig ooit deur intelligente bewoners van ander planetêre stelsels gevind word.[4]

Die skywe bevat foto's van die Aarde en sy lewensvorme, ’n reeks wetenskaplike inligting, boodskappe van verskeie belangrike mense en ’n medley, Sounds of Earth, wat die geluid van walvisse, ’n huilende baba, branders wat breek en ’n verskeidenheid musiek insluit.

Sendinginligting

Heliosentriese posisies van die vyf interstellêre ruimtetuie (vierkante) en ander liggame (sirkels) tot 2020, met die datums van hul lanserings en verbyvlugte. Posisies op 1 Januarie elke jaar word aangedui, met elke vyfde jaar gemerk.
Aansig 1 is van die ekliptiese noordpool, volgens skaal; aansig 2 tot 4 is uit ander hoeke op ’n skaal van 20%.
Hou jou muis op die SVG-lêer oor ’n vlug- of wentelbaan om die baan en sy verwante lanserings en verbyvlugte uit te lig.
Reistydlyn
Datum Gebeurtenis
1977-08-20 Tuig gelanseer om 14:29:00 UT.
1977-12-10 Gaan Asteroïdegordel binne.
1977-12-19 Voyager 1 gaan Voyager 2 verby. (sien diagram)
1978-06- Radio-opvanger gee in. Rugsteunstelsel gebruik.
1978-10-21 Verlaat Asteroïdegordel
1979-04-25 Begin Jupiter-waarnemingsfase
1981-06-05 Begin Saturnus-waarnemingsfase.
1985-11-04 Begin Uranus-waarnemingsfase.
1989-06-05 Begin Neptunus-waarnemingsfase.
1989-10-02 Begin interstellêre sending.
Interstellêre fase[5][6][7]
1990-02-14 Laaste foto's deur Voyager-program geneem deur Voyager 1 om die sonnestelsel-"familieportret" te voltooi.
1997-08-20 20 jaar onafgebroke vlug om 14:29:00 UT.
1998-11-13 Staak skanderingsplatform en UV-waarnemings.
2007-08-20 30 jaar ononderbroke vlug om 14:29:00 UT.
2007-09-06 Staak data-opnemer-operasies.
2008-02-22 Staak planetêre radio-astronomie-eksperimente.
2011-11-07 Slaan oor na rugsteunaandrywing om krag te bespaar[8]
2013-02-12 Afstand Aarde – Voyager 2: ligsnelheid 14 uur, 4 minute, 31 sekondes = 15,2 miljard kilometer[9]

Lansering en baan

Voyager 2 is op 20 Augustus 1977 van Kaap Canaveral gelanseer met ’n Titan IIIE/Centaur-lanseervoertuig. Twee weke later, op 5 September 1977, is Voyager 1 gelanseer. Dié het Jupiter en Saturnus egter vroeër bereik omdat Voyager 2 in ’n langer, ronder baan gelanseer is.

Jupiter

Voyager 2 het op 9 Julie 1979 op sy naaste aan Jupiter gekom, binne 570 000 km van die planeet se boonste wolke.[10] Dit het ’n paar ringe om Jupiter ontdek, sowel as vulkaniese aktiwiteit op die maan Io.

Daar is ontdek dat die Groot Rooi Vlek ’n komplekse storm is wat antikloksgewys draai. Talle ander, kleiner storms is ook tussen die wolke gevind.

Die ontdekking van vulkaniese aktiwiteit op Io was seker die mees onverwagte ontdekking by Jupiter. Dit was die eerste keer dat aktiewe vulkane waargeneem is op ’n ander liggaam in die sonnestelsel. Saam het die Voyagers die uitbarsting van nege vulkane op Io waargeneem, en daar is bewyse dat daar tussen die twee tuie se verbyvlugte nog uitbarstings was.

Voyager 1 het op die maan Europa ’n groot aantal lyne waargeneem wat mekaar kruis. Wetenskaplikes het eers gedink dit is dalk diep krake. Die hoërresolusiefoto's van Voyager 2 het hulle verstom: die lyne het geen topografiese reliëf nie. Europa is inwendig aktief en daar word vermoed dit het ’n dun kors (minder as 30 km dik) waterys, wat moontlik op ’n oseaan van 50 km diep dryf.

Twee nuwe klein satelliete, Adrastea en Metis, is net buite die ring gevind. ’n Derde nuwe satelliet, Thebe, is tussen die wentelbane van Amalthea en Io gevind.

Saturnus

Op 26 Augustus 1981 was Voyager die naaste aan Saturnus.[11] Terwyl hy agter die planeet was (soos gesien vanaf die Aarde) het die tuig Saturnus se boonste atmosfeer verken. Voyager 2 het gevind dat die temperatuur by die heel boonste drukvlakke (sewe kilopascal druk) 70 kelvin (−203 °C) was, terwyl dit by die diepste vlakke wat gemeet is (120 kilopascal) gestyg het tot 143 K (−130 °C).

Ná die verbyvlug van Saturnus het die kameraplatform vir ’n kort ruk probleme gegee en die uitbreiding van die sending na Uranus en Neptunus tydelik in gevaar gestel. Ingenieurs kon egter die probleem regstel en die sending kon voortgaan.

Uranus

Op 24 Januarie 1986 het Voyager 2 op sy naaste aan Uranus gekom: 81 500 km van die boonste wolke af. Die tuig het ook die mane Cordelia, Ophelia, Bianca, Cressida, Desdemona, Juliet, Portia, Rosalind, Belinda, Perdita en Puck ontdek; die planeet se unieke atmosfeer bestudeer wat veroorsaak word deur sy as se kanteling van 97,8°; en Uranus se ringe bestudeer. Dié groot kanteling is vermoedelik vanweë ’n botsing met ’n ander planeetgrootte-voorwerp vroeg in die vorming van die sonnestelsel. Uranus se poolstreke is dus jare lank aan óf sonlig óf donkerte blootgestel en wetenskaplikes was nie seker wat om van Voyager 2 se data te verwag nie.

Voyager 2 het gevind een van die treffendste gevolge van Uranus se kanteling is die uitwerking op die agterste punt van die planeet se magneetveld. Dié is self gekantel teen sowat 60° van Uranus se draai-as. Die planeet se magnetiese agterste punt is deur Uranus se draaiing in ’n lang kurktrekkervorm gedraai wat die planeet volg.

Die maan Miranda, die binneste van die vyf groot mane, is een van die vreemdste liggame wat nog in die sonnestelsel waargeneem is. Foto's van Voyager 2 wys groot canyons van tot 20 km diep wat veroorsaak is deur geologiese verskuiwings, terras-lae en ’n mengsel van ou en jong oppervlakke. Volgens een veronderstelling bestaan Miranda dalk uit ’n hersamesmelting van materiaal nadat Miranda deur ’n gewelddadige impak in stukke geskiet is.

Uranus se nege ringe is ook bestudeer en daar is gevind hulle verskil grootliks van Jupiter en Saturnus s'n. Die ringstelsel kan baie jonk wees en het nie ontstaan in dieselfde tyd as die planeet nie. Die deeltjies wat die ring uitmaak, kan oorblyfsels wees van ’n maan wat opgebreek is.

Neptunus

Voyager 2 was op 25 Augustus 1989 die naaste aan Neptunus.[12][13] Omdat dit die laaste planeet is wat die tuig kon besoek, het die sendingspan besluit om dit ook verby Triton, die grootste van Neptunus se oorspronklike twee bekende mane, te stuur om soveel inligting moontlik van Neptunus en Triton te versamel, ongeag die hoek waarteen Voyager 2 van daar af sou vlieg.

Terwyl hy in die omgewing was, het die tuig die "Groot Donker Vlek" afgeneem wat intussen verdwyn het, volgens waarnemings van die Hubble-ruimteteleskoop. Hoewel aanvanklik geglo is dat dit ’n groot wolk is, is later gereken dat dit ’n gat in Neptunus se sigbare wolkekombers was.

Neptunus se atmosfeer bestaan uit waterstof, helium en metaan. Die metaan in Neptunus se boonste atmosfeer absorbeer die rooi lig van die son, maar weerkaats die blou lig van die son terug die ruimte in. Dit is hoekom die planeet blou lyk.

Met die besluit van die Internasionale Astronomiese Unie om Pluto as ’n dwergplaneet te herklassifiseer, was die verbyvlug van Neptunus in 1989 die tydstip dat elke bekende planeet in die sonnestelsel minstens een keer deur ’n ruimtetuig besoek is.

Interstellêre sending

Vandat sy interplanetêre sending verby is, is Voyager 2 nou op ’n interstellêre sending, waartydens Nasa probeer uitvind hoe die sonnestelsel daar uitsien buite die heliosfeer.

Die tuig is nie op pad na ’n spesifieke ster nie. Indien dit onveranderd aanbeweeg, sal dit verby Sirius beweeg wat op die oomblik sowat 2,6 parsek van die son af is[14] en in sowat 296 000 jaar diagonaal na die son toe beweeg op ’n afstand van 1,32 parsek (4,3 ligjare).[15]

Voyager 2 sal na verwagting swak radioboodskappe bly uitstuur tot minstens 2025, meer as 48 jaar ná sy lansering.[16]

Verwysings

Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
  1. "Voyager:Mission Information" (in Engels). Nasa. 1989. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Februarie 2014. Besoek op 2 Januarie 2011.
  2. Planetary Voyage Nasa Jet Propulsion Laboratory – California Institute of Technology. 23 Maart 2004. Besoek op 8 April 2007.
  3. Chapter 11 "Voyager: The Grand Tour of Big Science" (sek. 268.), deur Andrew, J. Butrica, in From Engineering Science To Big Science ISBN 978-0-16-049640-0, red. Pamela E. Mack, Nasa, 1998
  4. Ferris, Timothy (Mei 2012). "Timothy Ferris on Voyagers' Never-Ending Journey" (in Engels). Smithsonian Magazine. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 November 2013. Besoek op 15 Junie 2012.
  5. "Voyager 2 Full Mission Timeline" Muller, Daniel, 2010
  6. "Voyager Mission Description" Nasa, 19 Februarie 1997
  7. "JPL Mission Information" Geargiveer 21 Julie 2011 op Wayback Machine Nasa, JPL, PDS.
  8. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Februarie 2012. Besoek op 31 Julie 2012.
  9. Twitter: @NASAVoyager2
  10. ""Voyager 2, July 9, 1979"". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Maart 2021. Besoek op 31 Julie 2012.
  11. Nasa
  12. "Voyager – Fact Sheet" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 November 2016. Besoek op 28 Augustus 2009. Following Voyager 2's closest approach to Neptune on August 25, 1989
  13. Nardo 2002, p. 15
  14. Henry, Dr. Todd J. (1 Julie 2006). "The One Hundred Nearest Star Systems" (in Engels). Georgia-staatsuniversiteit. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Maart 2013. Besoek op 27 November 2008.
  15. "Voyager – Mission – Interstellar Mission" (in Engels). Nasa. 22 Junie 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Februarie 2004. Besoek op 27 November 2008.
  16. "Voyager – Spacecraft – Spacecraft Lifetime" (in Engels). Nasa Jet Propulsion Laboratory. 15 Maart 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Junie 2002. Besoek op 25 Mei 2008.

Verdere leesstof

Eksterne skakels

Read other articles:

Уголовное дело 1944 года Уголовное дело — дело, возбужденное в установленном законом (см. Уголовно-процессуальный кодекс) порядке в случае обнаружения признаков преступления. Уголовное дело рассматривается и разрешается судом по материалам дознания и предварительног...

 

 

BelieveAlbum studio karya Justin BieberDirilis2012Direkam2011–2012GenrePop, R&B, hip hopLabelIslandProduserMike Posner, Mason Levy, Timbaland, Rodney Darkchild JerkinsKronologi Justin Bieber Under the Mistletoe(2011)Under the Mistletoe2011 Believe(2012) Singel dalam album Believe BoyfriendDirilis: 26 Maret 2012 (2012-03-26) As Long as You Love MeDirilis: 10 Juli 2012 (2012-07-10) Beauty and a BeatDirilis: 24 Oktober 2012 (2012-10-24) Right HereDirilis: 5 Februari 2013...

 

 

PT Bakrie Telecom TbkNama dagangBtel GroupSebelumnyaPT Radio Telepon Indonesia (1993-2003)JenisPublikKode emitenIDX: BTELIndustriOperator telekomunikasi seluler (2003-2016)Perusahaan induk (2016-sekarang)Didirikan13 Agustus 1993KantorpusatWisma Bakrie I Lt. 3Jl. H.R. Rasuna Said Kav B2Jakarta, Indonesia[1]TokohkunciHarya Mitra Hidayat (Direktur Utama)ProdukJaringan telepon (1993-2012)Operator seluler (2003-2016)MerekRatelindo (1993-2006)Esia (2003-2016)Wimode (2007-2010)AHA (2010-2012...

War memorial in Brisbane, Australia Shrine of RemembranceAustraliaShrine of Remembrance monument and the Eternal Flame ANZAC Square façadeFor the Australian soldiers of all wars including World War IUnveiled11 November 1930LocationBrisbaneDesigned byBuchanan and Cowper The Shrine of Remembrance is located in ANZAC Square, between Ann Street and Adelaide Street, in Brisbane, Queensland, Australia. With its 'Eternal Flame', the Shrine is a war memorial dedicated to the Australian and New ...

 

 

Batang KuantanBatang Indragiri, Sungai Indragiri, Soengai Inderagiri, Indragiri River, Batang Inderagiri, Batang Koeantan, Sungai Kuatan, Koentan, Sungai BatangkuantanLomba pacu jalur di Batang Kuantan dekat kawasan Teluk KuantanLokasi mulut sungaiTampilkan peta SumatraBatang Kuantan (Indonesia)Tampilkan peta IndonesiaLokasiNegaraIndonesiaProvinsiSumatera Barat, RiauCiri-ciri fisikHulu sungaiDanau Singkarak[1] - lokasiTanah Datar Muara sungaiPantai timur Sumatra - ...

 

 

Walter-Gropius-Haus The Walter Gropius House (also known as Gropiushaus) is a residential building with nine floors and 66 apartments at the Händelallee 1-9 in Berlin Hansaviertel, bordering its central Grosser Tiergarten park. It was designed by Walter Gropius / The Architects' Collaborative - TAC (Cambridge, Massachusetts, USA) in collaboration with Wils Ebert, Berlin, on the occasion of the first International Building Exhibition (Interbau), in 1957. It is regarded as an important moderni...

English judoka and professional wrestler For other people named Chris Adams, see Chris Adams (disambiguation). Chris AdamsAdams, c. 1985BornChristopher Adams(1955-02-10)10 February 1955Rugby, Warwickshire, EnglandDied7 October 2001(2001-10-07) (aged 46)Waxahachie, Texas, U.S.Cause of deathBallistic traumaResting placeOak Grove Memorial Gardens (Irving, Texas)Occupation(s)Professional wrestler, promoter, trainer, judokaSpouses Toni Adams ​ ​(m. 1984; ...

 

 

Il fiume Chagres visto dalla Foresta pluviale di Gamboa Panama Il fiume Chagres è un corso d'acqua che scorre nello Stato di Panama. La parte centrale del fiume è sbarrata dalla diga di Gatún che forma il Lago Gatún, un lago artificiale che fa parte del Canale di Panama. Esso scende verso nord-ovest sfociando nel Mar dei Caraibi. Fu scoperto nel 1502 da Cristoforo Colombo che gli diede il nome di Río de los Lagartos, cioè «fiume dei coccodrilli».[1] Il fiume fu esplorato prima...

 

 

American Secretary of the Navy and senator for North Carolina (1795–1866) George BadgerUnited States Senatorfrom North CarolinaIn officeNovember 25, 1846 – March 3, 1855Preceded byWilliam HaywoodSucceeded byAsa Biggs12th United States Secretary of the NavyIn officeMarch 6, 1841 – September 11, 1841PresidentWilliam Henry HarrisonJohn TylerPreceded byJames PauldingSucceeded byAbel Upshur Personal detailsBorn(1795-04-17)April 17, 1795New Bern, North Carolina, U.S.DiedMay ...

مصر السفلى مملكة مصر السفلى غير معروف – 3150 ق.م مصر السفلىشعار مقاطعات مصر السفلى القديمة عاصمة منف نظام الحكم ملكية مطلقة اللغة الرسمية اللغة المصرية الديانة ديانة قدماء المصريين ملك غير معروف (الأول) غير معروف واش (الأخير) 3150 ق.م التاريخ التأسيس غير معروف الزوال 3150 ق....

 

 

Religious belief of Christianity, primarily Catholicism Purification after death redirects here. For the rite, see Last offices. For other uses, see Purgatory (disambiguation). Image of a fiery purgatory by Ludovico Carracci. Top: Christ directing, with Mary and interceding saints. Middle: Angel showing a soul the intercessors. Bottom: souls being purged with various attitudes. Purgatory (Latin: purgatorium, borrowed into English via Anglo-Norman and Old French)[1] is a passing interm...

 

 

Peti rumah kaca tradisional buatan sendiri Di bidang pertanian dan berkebun, peti rumah kaca, bingkai dingin atau rumah kaca nirpemanas adalah peti kotak beratap tembus pandang, dibangun rendah ke tanah, digunakan untuk melindungi tanaman dari cuaca buruk, terutama suhu dingin atau basah yang berlebihan. Bagian atas yang tembus pandang memungkinkan masuknya sinar matahari dan mencegah keluarnya panas melalui konveksi yang biasanya terjadi, terutama pada malam hari. Pada dasarnya, peti rumah k...

نادي ستاندارد لييج ‘‘‘الشعار‘‘‘ الاسم الكامل نادي ستاندارد لييج لكرة القدم اللقب ليه روكس (الأحمر) الاسم المختصر ستاندارد لييج تأسس عام 1898 (منذ 126 سنة) الملعب ملعب موريس دوفراسن(السعة: 30,023) البلد بلجيكا  الدوري الدوري البلجيكي الممتاز 2013-14 الثاني الإدارة رئيس برونو في...

 

 

復康巴士 舊款復康巴士 由南區區議會資助的復康巴士 香港復康會復康巴士(英語:The Hong Kong Society for Rehabilitation Rehabus)於1977年2月28日開辦,由香港復康會負責營運,獲香港特別行政區政府勞工及福利局資助,屬非牟利的服務。致力為傷殘人士及長者提供無障礙的接載服務,滿足他們上班上學、旅遊參觀及出外交際的需要。復康巴士在2003年獲得ISO9001:2000認證。 復康巴士�...

 

 

Come leggere il tassoboxCaniformiaClassificazione scientificaDominioEukaryota RegnoAnimalia SottoregnoEumetazoa PhylumChordata SubphylumVertebrata InfraphylumGnathostomata SuperclasseTetrapoda ClasseMammalia SottoclasseTheria InfraclasseEutheria SuperordineLaurasiatheria (clade)Ferae OrdineCarnivora SottordineCaniformiaKretzoi, 1938 Famiglie e cladi Amphicyonidae † Canidae Hemicyonidae † Musteloidea: Ailuridae Mephitidae Procyonidae Mustelidae Pinnipedia: Enaliarctidae † Phocidae Otarii...

Manuscript in which the text is supplemented by the addition of decoration For the art of miniature painting, see Miniature (illuminated manuscript). Various examples of pages from illuminated manuscripts An illuminated manuscript is a formally prepared document where the text is decorated with flourishes such as borders and miniature illustrations. Often used in the Roman Catholic Church for prayers and liturgical books such as psalters and courtly literature, the practice continued into sec...

 

 

Italian politician (1922–1984) Enrico BerlinguerGeneral Secretary of theItalian Communist PartyIn office17 March 1972 – 11 June 1984PresidentLuigi LongoPreceded byLuigi LongoSucceeded byAlessandro NattaMember of the Chamber of DeputiesIn office5 June 1968 – 11 June 1984ConstituencyRomeMember of the European ParliamentIn office17 July 1979 – 20 January 1982ConstituencyCentral ItalySecretary of theItalian Communist Youth FederationIn office12 April 1949 �...

 

 

Organized collection of books or other information resources For other uses, see Library (disambiguation). Library patron retrieving a book from a shelf A library is a collection of books, and possibly other materials and media, that is accessible for use by its members and members of allied institutions. Libraries provide physical (hard copies) or digital (soft copies) materials, and may be a physical location, a virtual space, or both. A library's collection normally includes printed materi...

  رئيس وزراء باكستان رئيس وزراء باكستان رئيس وزراء باكستان شهباز شريف  منذ 11 أبريل 2022  البلد باكستان  عن المنصب مقر الإقامة الرسمي العاصمة الاتحادية إسلام آباد  المعين المجلس الوطني الباكستاني  تأسيس المنصب 15 أغسطس 1947  الموقع الرسمي الموقع الرسمي  تعدي...

 

 

Spreadsheet software This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: Lotus 1-2-3 – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (May 2023) (Learn how and when to remove this message) Lotus 1-2-3Lotus 1-2-3 Release 3.0 running on MS-DOSDeveloper(s)Lotus SoftwareInitial release26 January 1983; 41 y...