’n Lugmagblou vlag met die nasionale vlag in die skildhoek en die kenteken van die Nigeriese lugmag op die wapperkant.
Die nasionale vlag van Nigerië is op 1 Oktober1960 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n vertikale tweekleur met ewe wye bane in groen, wit en groen.
Simboliek
Elk van die drie bane het ’n unieke betekenis. Groen stel die landbou voor, wat Nigerië se vernaamste vorm van inkomste is, asook die skoonheid van die land (onderskeidelik die woude en die velde) en wit stel die Nigerrivier voor asook vrede en eenheid.
Ontwerp
Die nasionale vlag is ’n aanpassing van die weninskrywing in ’n kompetisie wat in 1959 gehou is. Die oorspronklike ontwerp het ’n rooi son met uitgaande strale bo-aan die wit baan gehad maar die beoordelaars het dit verwyder en sedertdien is die vlag nie verander nie. Die ontwerper was Michael Taiwo Akinkumni, ’n student van Ibadan, wat die kompetisie in ’n koerant gesien het. Die ontwerp is in 1958 gekies as die beste ontwerp en die vlag is uiteindelik gebruik om Nigerië se onafhanklikheid te vier op 1 Oktober 1960, toe die Britse vlag gestryk is en die nuwe Nigeriese vlag gehys is.
Totdat Nigerië in 1960 onafhanklik geword het, was dit ’n Britse kolonie. Tussen 1821 en 1877 het dit deel uitgemaak van Brits-Wes-Afrika en is ’n vlag van die kolonie gebruik (’n blou Britse vaandel) met die koloniale embleem. As afsonderlike Britse kolonie (1877 tot 1960) was die naam van die gebied Lagos-kolonie. ’n Blou Britse vaandel met die koloniale wapen van die Lagos-kolonie aan die wapperkant is toe amptelik gebruik. Op die koloniale wapen staan ’n olifant voor ’n palmboom en ’n groen berglandskap. Onder die olifant staan in rooi letters die voorletter van die gebied (L.). Gambië, Ghana (toe die Goudkus) en Sierra Leone, ook voormalige Britse kolonies, het dieselfde koloniale wapen gebruik maar met hul eie voorletters daarop (G., G.C. en S.L. onderskeidelik). Brits-Nigerië het ’n blou Britse vaandel gebruik met die kenteken van Nigerië (’n rooi skyf met ’n groen Dawidster (soos die vlag van Marokko) en ’n kroon in die middel van die ster) op die wapperkant.
Vlag van Brits-Wes-Afrika, 1870 tot 1888
Vlag van die Britse goewerneur, 1870 tot 1888
Vlag van die Olie-rivier Protektoraat, 1884 tot 1893
Vlag van die Lagos-kolonie, 1888 tot 1906
Vlag van die Britse goewerneur van die Lagos-kolonie, 1888 tot 1906
Vlag van die Koninklike Nigermaatskappy, 1887 tot 1888
Vlag van die Koninklike Nigermaatskappy, 1888 tot 1899
Vlag van die Nigerkus-Protektoraat, 1893 tot 1899
Vlag van die Kommissaris van die Nigerkus-Protektoraat, 1893 tot 1899
Vlag van die Noord-Nigeriese Protektoraat, 1900 tot 1914
Vlag van die Hoë-kommissaris van die Noord-Nigeriese Protektoraat, 1908 tot 1914
Vlag van die Suid-Nigeriese Protektoraat, 1900 tot 1914
Vlag van die Hoë-kommissaris van die Suid-Nigeriese Protektoraat, 1906 tot 1914
Vlag van Koloniale Nigerië, 1914 tot 1952
Vlag van Koloniale Nigerië, 1952 tot 1960
Vlag van die goewerneur-generaal van Nigerië, 1914 tot 1952
Vlag van die goewerneur-generaal van Nigerië, 1952 tot 1960
Vlag van die Nigeriese hawensowerheid, 1955 tot 1960
Voorgestelde vlag vir Nigerië
Vlag van die goewerneur-generaal van die Nigeriese Federasie, 1960 tot 1963