Tomas Tranströmer

Tomas Tranströmer
Tomas Tranströmer tydens die Internasionale Konferensie van Skrywers en Literêre Vertalers, in Junie 2008
Gebore
Tomas Gösta Tranströmer

(1931-04-15)15 April 1931
Stockholm, Swede
Sterf26 Maart 2015 (op 83)
Stockholm, Swede
NasionaliteitSweeds
Alma materUniversiteit van Stockholm
Beroepdigter, sielkundige
EggenootMonika Bladh

Tomas Gösta Tranströmer (15 April 193126 Maart 2015) was 'n Sweedse digter, sielkundige en vertaler.[1] Sy gedigte vang die uitgerekte Sweedse winters, die ritme van die seisoene, en die tasbare, atmosferiese prag van die natuur vas. Tranströmer se werk word ook gekenmerk deur die aanwesigheid van die geheimsinnigheid en wonder wat die alledaagse roetine van die lewe onderlê, 'n kenmerk wat dikwels 'n godsdienstige karakter aan sy gedigte verleen.[2] Hy is al beskryf as 'n Christelike digter.[3]

Tranströmer is geprys as een van die belangrikste Skandinawiese skrywers sedert die Tweede Wêreldoorlog. Kritici het sy poësie geprys vir die toeganklikheid daarvan, selfs in vertaling. Sy poësie is al vertaal in meer as 60 tale. Hy was die ontvanger van die 1990 Neustadt Internasionale Literatuurprys, die 2004 Internasionale Nonino-prys en die 2011 Nobelprys vir Letterkunde.[4]

Lewe en werk

Vroeë lewe

Tranströmer is in 1931 in Stockholm gebore. Hy is grootgemaak deur sy moeder Helmy ('n onderwyseres), na haar egskeiding van sy vader Gösta Tranströmer, 'n redakteur.[4][5] Hy ontvang sy sekondêre skoolopleiding aan die Södra Latin Gimnasium in Stockholm, waar hy poësie begin skryf. Sy eerste bundel gedigte, 17 dikter, is in 1954 gepubliseer. Hy het sy opleiding voortgesit aan die Universiteit van Stockholm, en verwerf sy graad in sielkunde in 1956, met bykomende studies in geskiedenis, godsdiens en letterkunde. [6] Tussen 1960 en 1966 werk Tranströmer as sielkundige by die Roxtuna sentrum vir jeugmisdadigers, terwyl hy ook poësie skryf.[4] Hy het ook vanaf 1965 tot 1990 as sielkundige gewerk by die Arbeidsmarkinstituut in Västerås.[7]

Poësie

Tranströmer word beskou as een van die "mees invloedryke Skandinawiese digter(s) van onlangse dekades".[4] Tranströmer het deur die loop van sy loopbaan 15 bundels gepubliseer wat in meer as 60 tale vertaal is.[4] 'n Engelse vertaling deur Robin Fulton van sy gehele oeuvre, New Collected Poems, is in 1987 in die Verenigde Koninkryk gepubliseer en in 1997 uitgebrei. Na die publikasie van Den stora gåtan was Fulton se werk verder uitgebrei na The Great Enigma: New Collected Poems, wat in 2006 in die VSA, en in 2011 as 'n opgedateerde uitgawe van New Collected Poems[8] in die Verenigde Koninkryk, gepubliseer is. In 1993 het Tranströmer 'n bondige outobiografie getiteld Minnena ser mig gepubliseer.

Teen die middel-1960's het Tranströmer hegte vriende geword met die digter Robert Bly. Die twee het gereeld gekorrespondeer, en Bly sou weldra Tranströmer se gedigte in Engels vertaal. In 2001 het Bonniers, Tranströmer se uitgewer, Air Mail vrygestel, 'n werk wat bestaan uit Tranströmer en Bly se daaglikse korrespondensie oor persoonlike, eietydse en literêre aangeleenthede vanaf 1965 tot 1991 – in 'n styl wat duidelik aantoon watter hegte vriende die twee binne 'n betreklik kort tydperk geword het.[4] Bly het ook gehelp om voorlesings vir sy mededigter in Amerika te reël. Die Siriese digter Adunis het gehelp om Tranströmer se bekendheid in die Arabiese wêreld te versprei, en hom op leestoere vergesel.[9]

Tranströmer (regs) in 2007 saam met die Sweeds-Irakese kunstenaar Modhir Ahmed.

In die 1970's het ander digters Tranströmer daarvan beskuldig dat hy ontheemd is van sy eie era, aangesien hy nie openlik met sosiale en politieke kwessies in sy gedigte en romans omgaan nie. Sy werk lê egter duidelik binne en is 'n ontwikkeling op die Modernistiese en Ekspressionistiese/Surrealistiese taal van 20ste-eeuse poësie; sy duidelike, oënskynlik eenvoudige beelde uit die alledaagse lewe en veral die natuur openbaar 'n mistieke insig in universele aspekte van die menslike verstand. Een van sy gedigte is in 2003 tydens Anna Lindh se gedenkdiens voorgelees.

Tranströmer het onmiddellik na die Bhopal-gastragedie van 1984 daarheen gereis en saam met Indiese digters soos K. Satchidanandan deelgeneem aan 'n voorlesiing van gedigte buite die gasaanleg.[10]

Tranströmer het in 1990 'n beroerte opgedoen wat hom gedeeltelik verlam gelaat het en sy spraakvermoë aangetas het; hy het egter deur die vroeë 2000's voortgegaan om gedigte te skryf en te publiseer. Een van sy laaste digbundels, Den stora gåtan, is in 2004 gepubliseer.

Afsterwe

Tranströmer het op 26 Maart 2015 in Stockholm gesterf, minder as drie weke voor sy 84ste verjaardag.[11]

Lys van werke

Digbundels
  • 17 dikter, Bonniers, 1954
  • Hemligheter på vägen, Bonniers, 1958
  • Den halvfärdiga himlen, Bonniers, 1962
  • Klanger och spår, Bonniers, 1966
  • Mörkerseende, Författarförlaget, 1970
  • Stigar, Författarförlaget, 1973
  • Östersjöar, Bonniers, 1974
  • Sanningsbarriären, Bonniers, 1978
  • Det vilda torget, Bonniers, 1983
  • För levande och döda, Bonniers, 1989
  • Sorgegondolen, Bonniers, 1996
  • Fängelse, 1959
  • Den stora gåtan, Bonniers, 2004
Ander
  • Minnena ser mig, Bonnier, 1993, prosa memoirs
  • Air Mail: Brev 1964-1990, Bonnier, 2001, korrespondensie met Robert Bly
  • Galleriet: Reflected in Vecka nr. II (2007), 'n kunsboek deur Modhir Ahmed

Vertalings van sy werk

in Afrikaans
  • Alles keer om - vertalings uit Tomas Tranströmer se oeuvre deur De Waal Venter (2021)
in ander tale
  • Hanns Grössel het verskeie van Tranströmer se werke in Duits vertaal.
  • Roberto Mascaró het verskeie van Tranströmer se werke in Spaans vertaal.
  • Morteza Saghafian het verskeie van Tranströmer se werke in Persies vertaal.
  • Maria Cristina Lombardi het sommige van Tranströmer se werke in Italiaans vertaal.
  • Jacques Outinnhet sy gedigte in Frans vertaal.
  • Milan Richter het die versamelde verse van Tranströmer in Slowaaks vertaal (Medzi allegrom a lamentom, 2001).

Eerbewyse en pryse

Tranströmer en Barbro Lindgren tydens die 2014 Astrid Lindgren Gedenkprys
  • 1966: Bellman-prys (Swede)
  • 1981: Petrarca-Preis (Duitsland)
  • 1990: Neustadt International Prize for Literature (VSA)[12]
  • 1990: Letterkundeprys van die Nordiese Raad vir För levande och döda (Nordiese lande)
  • 1991: Nordiese prys van die Sweedse akademie (Swede)
  • 1992: Horst Bienek-prys vir Poësie (Duitsland)
  • 1996: August-prys vir Sorgegondolen (Swede)
  • 1998: Jan Smrek-prys (Slowakye)
  • 2003: Struga Poësie Aande Goue Krans (Masedonië)
  • 2004: Internasionale Nonino-prys (Italië)
  • 2007: The Griffin Trust, Lifetime Recognition Award (Griffin Poetry Prize) (Kanada)
  • 2011: Titel van Professor (Sweeds: Professors namn), toegeken deur die kabinet van Swede (Swede)[13][14]
  • 2011: Nobelprys vir Letterkunde (Swede)

Ander toekennings sluit die Övralid-prys en die Sweedse toekenning van die Internasionale Forum vir Poësie in.

Verwysings

  1. Tomas Tranströmer är död. SVT Nyheter, 27 Maart 2015.
  2. Salisbury, Stephan (1987). "Straight into the Invisible: A Swedish Poet's Explorations". The Philadelphia Inquirer. Besoek op 20 Oktober 2011.
  3. Coyle, Bill (2009). "Anchor in the Shadows: Review of The Great Enigma: New Collected Poems". Contemporary Poetry Review. Besoek op 20 Oktober 2011.
  4. 4,0 4,1 4,2 4,3 4,4 4,5 "The Nobel Prize in Literature 2011 – Press Release". Nobelprize.org. Besoek op 6 Oktober 2011.
  5. Lea, Richard; Flood, Alison (6 Oktober 2011). "Nobel prize for literature goes to Tomas Tranströmer". The Guardian. Besoek op 6 Oktober 2011.
  6. "Swedish poet Tomas Transtromer wins Nobel literature prize for 'condensed, translucent' works". Associated Press. 6 Oktober 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Oktober 2011. Besoek op 6 Oktober 2011.
  7. "Tomas Tranströmer Biographical". nobelprize.org. Besoek op 1 Maart 2022.
  8. Batchelor, Paul (17 Junie 2011). "New Collected Poems by Tomas Tranströmer – review". The Guardian. Besoek op 6 Oktober 2011.
  9. "Adonis: Transtromer is deeply rooted in the land of poetry". Al-Ahram. 6 Oktober 2011. Besoek op 6 Oktober 2011.
  10. "Nobel laureate has an India connection". The Times of India. 7 Oktober 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Julie 2012. Besoek op 7 Oktober 2011.
  11. Brown, Andrew (26 Maart 2015). "Swedish Nobel laureate Tomas Tranströmer dies aged 83". The Guardian. Besoek op 28 Maart 2015.
  12. "1990 Neustadt International Prize for Literature Laureate Tomas Tranströmer". World Literature Today. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 November 2011.
  13. "The Cabinet awards the title of professor to poet Tomas Tranströmer 7 april 2011(in Swedish)" (in Sweeds). Regeringen.se. 7 April 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Oktober 2011. Besoek op 9 Oktober 2011.
  14. "Minister for Culture congratulates Tomas Tranströmer on Nobel Prize in Literature". Sweden.gov.se. 7 Oktober 2011. Besoek op 9 Oktober 2011.

Eksterne skakels

Read other articles:

Bupati Bangli Republik IndonesiaLambang Bupati BangliPetahanaSang Nyoman Sedana Artasejak 2016Masa jabatan5 tahunDibentuk1933Pejabat pertamaIda Anak Agung Ketut NgurahSitus webSitus Resmi Pemkab Bangli Berikut adalah Daftar Bupati Bangli dari masa ke masa. No. Foto Nama Bupati Mulai jabatan Akhir jabatan Wakil Bupati Keterangan Ref. 1 Ida Anak Agung Ketut Ngurah 1933 1960 Tidak Ada Bupati pertama 2 Ida Bagus Mde Sutha 1960 1968 3 Drs. I Dewa Made Beratha 1968 1970 4 Tjokorde Gde Ngurah 1...

 

Jacob Druckman Jacob Raphael Druckman (26 Juni 1928 – 24 Mei 1996) adalah seorang komposer Amerika kelahiran Philadelphia. Sebagai lulusan dari Juilliard School, Druckman belajar dengan Vincent Persichetti, Peter Mennin, dan Bernard Wagenaar. Pada 1949 dan 1950, ia belajar dengan Aaron Copland di Tanglewood dan kemudian melanjutkan pembelajarannya di École Normale de Musique di Paris (1954–55). Ia berkarya secara ekstensif dengan musik elektronik, selain sejumlah karya untuk orkestra ata...

 

1956 film by Cecil B. DeMille For the 1923 film, also directed by Cecil B. DeMille, see The Ten Commandments (1923 film). The Ten CommandmentsTheatrical release poster by Macario Gómez Quibus[1]Directed byCecil B. DeMilleScreenplay byAeneas MacKenzieJesse L. Lasky, Jr.Jack GarissFredric M. FrankBased onPrince of Egyptby Dorothy Clarke WilsonPillar of Fireby J. H. IngrahamOn Eagle's Wingsby A. E. SouthonBook of ExodusProduced byCecil B. DeMilleStarringCharlton HestonYul BrynnerAnne Ba...

Ace Combat 6: Fires of Liberation PublikasiNA: 23 Oktober 2007JP: 1 November 2007EU: 23 November 2007AU: 13 Desember 2007GenreSimulasi penerbangan tempurKarakteristik teknisPlatformXbox 360 Modepermainan video multipemain dan Permainan video pemain tunggal FormatDVD Format kode Daftar 30 Informasi pengembangPengembangProject AcesPenyuntingBandai Namco Entertainment PengarahNatsuki IsakiProdusenHiroyuki IchiyanagiPenulisToshiyuki IshiiDesainerToshiyuki IshiiKomponisTetsukazu NakanishiRyuichi T...

 

American college basketball season 1986–87 Marist Red Foxes men's basketballECAC Metro regular season champions ECAC Metro tournament championsNCAA tournament, first roundConferenceEastern Collegiate Athletic Conference MetroRecord20–10 (15–1 ECACM)Head coachDave Magarity (1st season)Home arenaMcCann Recreation CenterSeasons← 1985–19861987–88 → 1986–87 ECAC Metro men's basketball standings vte Conf Overall Team W   L   PCT W   L  ...

 

Piala FA 1993–1994Negara Inggris WalesJuara bertahanArsenalJuaraManchester United(gelar ke-8)Tempat keduaChelsea← 1992–1993 1994–1995 → Piala FA 1993–1994 adalah edisi ke-113 dari penyelenggaraan Piala FA, turnamen tertua dalam sepak bola di Inggris. Edisi ini dimenangkan oleh Manchester United setelah mengalahkan Chelsea pada pertandingan final dengan skor 4–0. Final Artikel utama: Final Piala FA 1994 Chelsea v Manchester United 14 Mei 199415:00 BST Chelsea 0–4 Manc...

Ouragan Wilma Ouragan Wilma, le 15 octobre 2005 à 19 h 15 UTC. Apparition 15 octobre 2005 Dissipation 25 octobre 2005 Catégorie maximale Ouragan catégorie 5 Pression minimale 882 hPa Vent maximal(soutenu sur 1 min) 295 km/h Dommages confirmés Considérables Morts confirmés 23 directement 39 indirectement Blessés confirmés 17 Zones touchées Haïti, Jamaïque, Îles Caïmans, Cuba, Honduras, Belize, Péninsule du Yucatán, États-Unis (Floride), Bahamas, Mexique Parcours...

 

Spontaneous spread of behavior or emotions among a group A visualization of social network analysis (SNA). In the 21st century, much of the study of social contagion involves online networks and communities. Social contagion involves behaviour, emotions, or conditions spreading spontaneously through a group or network. The phenomenon has been discussed by social scientists since the late 19th century, although much work on the subject was based on unclear or even contradictory conceptions of ...

 

Japanese epic novel (yomihon) by Kyokutei Bakin Nansō Satomi Hakkenden Nansō Satomi Hakkenden Volume 5AuthorKyokutei BakinOriginal title南総里見八犬傳CountryJapanLanguageJapaneseGenreHistorical fiction, historical fantasy, gesakuSet in15th century Kantō region, JapanPublisherSanseido (vol 1-5), Yusendo (vol 6-7), Bunkeido (vol 8-9)Publication date1814-42 Nansō Satomi Hakkenden (shinjitai: 南総里見八犬伝; kyūjitai: 南總里見八犬傳), commonly known as Satomi H...

此條目可参照英語維基百科相應條目来扩充。 (2021年5月6日)若您熟悉来源语言和主题,请协助参考外语维基百科扩充条目。请勿直接提交机械翻译,也不要翻译不可靠、低品质内容。依版权协议,译文需在编辑摘要注明来源,或于讨论页顶部标记{{Translated page}}标签。 约翰斯顿环礁Kalama Atoll 美國本土外小島嶼 Johnston Atoll 旗幟颂歌:《星條旗》The Star-Spangled Banner約翰斯頓環礁�...

 

2005 studio album by United State of ElectronicaU.S.E.Studio album by United State of ElectronicaReleasedMarch 15, 2005 (US)GenreAlternative rock, Electronica, Indie rockLength49:57LabelSonic BoomProducerJason Holstromand U.S.E.United State of Electronica chronology Emerald City 12(2003) U.S.E.(2005) Party People EP(2005) Professional ratingsReview scoresSourceRatingPitchfork Media(7.5/10) [1]Rolling Stone [2] U.S.E. is a 2004 album by United State of Electronica. It w...

 

Vazhakku Enn 18/9SutradaraBalaji SakthivelProduserN. Subash Chandrabose,Ronnie ScrewvalaDitulis olehBalaji ShakthivelPemeranSriMithun MuraliUrmila MahantaManisha YadavPenata musikR. PrasannaSinematograferVijay MiltonPenyuntingGopi KrishnaPerusahaanproduksiThirupathi BrothersUTV Motion PicturesTanggal rilis 04 Mei 2012 (2012-05-04) Durasi115 menitNegaraIndiaBahasaTamil Vazhakku Enn 18/9 (bahasa Indonesia: Kasus No. 18/9) adalah sebuah film thriller kejahatan Tamil 2012 yang ditu...

Item having value because of its age For other uses, see Antique (disambiguation). This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: Antique – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (September 2007) (Learn how and when to remove this message) Restoring the frame of an antique mirror Collecting Collectable...

 

Voce principale: Verein für Leibesübungen Bochum 1848. Verein für Leibesübungen Bochum 1848Stagione 2004-2005Sport calcio Squadra Bochum Allenatore Peter Neururer All. in seconda Frank Heinemann Nicolas Michaty Bundesliga16º posto Coppa di GermaniaSecondo turno Coppa di LegaTurno preliminare Coppa UEFAPrimo turno Maggiori presenzeCampionato: Lokvenc (32)Totale: Misimović, Lokvenc (36) Miglior marcatoreCampionato: Lokvenc (10)Totale: Lokvenc (11) StadioRuhrstadion Maggior numero di...

 

Sultan of Gujarat (1458–1511) Mahmud Shah I7th Sultan of GujaratReign25 May 1458 – 23 November 1511PredecessorDaud ShahSuccessorMuzaffar Shah IIBorn1445AhmedabadDied23 November 1511AhmedabadBurialSarkhej Roza, AhmedabadSpouseRupamanjhari, HirabaiIssueKhalíl Khán (Muzaffar Shah II)Muhammad KálaÁpá KhánÁhmed KhánNamesAbu'l Fath Nasir - ud - Din Mahmud Shah IDynastyMuzaffarid dynasty of GujaratFatherMuhammad Shah IIMotherBíbi MughliReligionSunni Islam Gujarat SultanateMuzaffarid dyn...

Not to be confused with the tragic poet Spintharus of Heracleia mentioned in Suda, with the character Spintharus mentioned in Aristophanes' The Birds, or with Spintharus of Tarentum [it], father of Aristoxenus. Ruins of the Temple of Apollo at Delphi Spintharus of Corinth (Ancient Greek: Σπίνθαρος, romanized: Spíntharos) was an ancient Greek architect. Pausanias reported in his Description of Greece that the Alcmaeonids hired him to build a temple at Delphi.[a&...

 

1950 animated short film starring Goofy For the unrelated video game, see Motor Mania (video game). Motor ManiaPosterDirected byJack KinneyStory byDick KinneyMilt SchafferProduced byWalt DisneyStarringBob JackmanJohn McLeishMusic byPaul J. SmithAnimation byJohn SibleyCharles NicholsEd AardalJack BoydLayouts byAl ZinnenBackgrounds byClaude CoatsColor processTechnicolorProductioncompanyWalt Disney ProductionsDistributed byRKO Radio PicturesRelease date June 30, 1950 (1950-06-30) ...

 

For other uses, see Siegen (disambiguation). City in North Rhine-Westphalia, GermanySiegen CityUpper town FlagCoat of armsLocation of Siegen within Siegen-Wittgenstein district Siegen Show map of GermanySiegen Show map of North Rhine-WestphaliaCoordinates: 50°53′N 8°1′E / 50.883°N 8.017°E / 50.883; 8.017CountryGermanyStateNorth Rhine-WestphaliaAdmin. regionArnsberg DistrictSiegen-Wittgenstein Government • Mayor (2020–25) Steffen Mues[1]...

Questa voce sull'argomento stagioni delle società calcistiche italiane è solo un abbozzo. Contribuisci a migliorarla secondo le convenzioni di Wikipedia. Segui i suggerimenti del progetto di riferimento. Voce principale: Solbiatese Arno Calcio. Associazione Sportiva SolbiateseStagione 1968-1969Sport calcio Squadra Solbiatese Allenatore Osvaldo Fattori Presidente Danilo Carabelli Serie C3º posto nel girone A. Maggiori presenzeCampionato: Dalle Crode, Vergani (37) Miglior marcator...

 

Set of data records (nodes) linked together and organized by references (links or pointers) Not to be confused with Linked data. In computer science, a linked data structure is a data structure which consists of a set of data records (nodes) linked together and organized by references (links or pointers). The link between data can also be called a connector. In linked data structures, the links are usually treated as special data types that can only be dereferenced or compared for equality. L...