Tertia Flemming

Tertia Flemming.

Tertia Flemming (gebore Kloppers, Robertson, 5 Desember 1907 - Pretoria, 28 Desember 2008) was een van die grootste weldoeners in die Vrystaat se geskiedenis,[1] 'n kampvegter vir beter bejaardesorg en, as eggenote van ds. H.C.J. Flemming (1907–1977), agtereenvolgens pastoriemoeder van die NG gemeentes Krugersdorp-Wes (vanaf 1931), Durban (1945), Port Natal (1945) en Bloemheuwel (1953–1977). Laasgenoemde gemeente se kerksaal is na haar genoem asook Flemmingpark, 'n behuisingsontwikkeling vir bejaardes in Brandwag, Bloemfontein.

Herkoms en opleiding

Tertia Kloppers is op Robertson gebore. Haar diensmotief is as hoërskoolmeisie by haar vasgelê toe sy ingewoon het by ’n tante, Maria Kloppers (van die Maria Kloppers-kinderhawe in Johannesburg), en in aanraking met die nood van haar medemens gekom het. Dit was nadat haar ouers na Standerton in Transvaal verhuis en sy 'n leerling geword het aan die Helpmekaar-hoërskool in Johannesburg, maar daar destyds nie koshuisgeriewe vir plattelandse kinders was nie. Ná skool het sy na die Potchefstroomse universiteitskollege en die Normaalkollege vir verdere studie gegaan, en daarna onderwys gegee op Middelburg, Transvaal, en Leeudoringstad.

Gesin

Ds. H.C.J. Flemming (naas links) vier sy verjaardag op 7 November 1961 saam met (van links) mev. Tertia Flemming, E.E. Kerken (met wie se seun die Flemmings se dogter Esther getrou het) en A.J. Jacobs. Ds. Flemming was van 1953 tot die middel 1970's.

Op 22 Desember 1931 tree sy in die huwelike met prop. H.J.C. Flemming, wat op 13 Januarie daardie tot die bediening in die NG Kerk toegelaat is. Uit dié huwelik is twee dogters en 'n seun gebore. Haar man is in 1977 oorlede. Die oudste dogter, Elna, is op tweejarige ouderdom in 1935 oorlede. Die ander dogter, Esther Tertia, gebore op 21 Mei 1940, behaal die grade B.A. en B.A. (Hons. Engels) aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat, en H.O.D. aan die Universiteit van Pretoria. Sy is getroud is met Henry, oudste seun van die eertydse direkteur van onderwys in die Vrystaat mnr. E.E. van Kerken. In later jare was sy 'n professor. Die seun, Hermanus Christoffel Johannes (Monus), gebore op 10 Januarie 1937, behaal die grade B.Com. en LL.B. (met onderskeiding) aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat, was 12 jaar lank advokaat-dosent in regsvakke aan die universiteit en praktiseer later as advokaat in Bloemfontein. Ten tyde van sy ma se dood in 2009 was Monus Flemming afgetrede adjunk-regter-president van die Randse hooggeregshof. Hy is met Sonneke Neethling, dogter van die prinsipaal van die Hoërskool Pellissier op Bethulie, getroud. Daar was agt kleinkinders en 11 agterkleinkinders met Tertia Flemming se dood.

Loopbaan

Die Tertia Flemmingsaal van die NG gemeente Bloemheuwel is in 1960 in gebruik geneem.
Ds. H.C.J Flemming, met wie Tertia Kloppers getroud was van 1931 tot sy dood in 1977.

Flemming was lewenslank besorg oor kinders en bejaardes. Nadat sy in 1929 lid van die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie geword het, het sy in ’n komitee gedien wat die eerste tehuis vir bejaardes in die land beplan het. Toe reeds het sy vir die versorging van verswakte bejaardes gepleit. Sy was die dryfkrag agter die oprigting en instandhouding van talle instansies, onder meer verskeie tehuise vir bejaardes in die Vrystaat (soos die Mooihawe-tehuis in Bloemfontein), behuising vir werkende vroue in Durban en Welkom, twee kleuterskole in Bloemfontein en versorgingswoonplekke vir ongehude moeders. Flemmingpark, ’n behuisingskompleks vir senior burgers in Brandwag, Bloemfontein, is na haar genoem. Sy was baie jare voorsitter van die Bloemfontein-tak van die Oranje-vrouevereniging (OVV) en het onder meer die oprigting van die kleuterskole Rooikappie en Tinktinkieland in Bloemfontein geïnisieer.

Tot op 82 was sy aktief betrokke in welsynswerk in die Vrystaat, veral die beheer van die OVV se tehuise vir bejaardes. Daarna het sy na Pretoria verhuis, waar sy etlike jare betrokke was by die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie. Oor haar vol en diensbare lewe het Flemming op Maandag 2 Maart 1987 aan Volksblad gesê: “Die Here het my langs wonderlike paaie gelei. Eer kom Hom toe. As dit nie vir Hom was wat vir my goeie gesondheid, krag en ’n lang lewe gegee het nie, sou ek nooit die werk kon doen nie.”[2]

Leierskap

Tertia Flemming het onder meer gedien in die Nasionale Raad vir Bejaardesorg, die streekwelsynsrade van die Vrystaat, verskillende ander komitees en die Lisensiesertifikaatraad. Sy was lid van Vrystaat-versorging in Aksie, vroeër die OVV, se hoofbestuur en ook voorsitter van 1972 tot 1985. Sy was die dryfkrag agter die ontwikkeling en uitbouing van die OVV op vele terreine. Sy het tot 1985 in die Federale Vroueraad-volksbelang gedien en was ook lid van die Gesinstigting, ’n raad van trustees wat geld ingesamel het vir die welsynswerk van die OVV en die susterorganisasies (die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie, Afrikaanse Christelike Vrouevereniging en die Natalse Christelike Vrouevereniging).

Ondanks al dié buitebedrywighede het Flemming ook tyd ingeruim om in talle verenigings en kommissie in haar man se gemeentes te dien. In Bloemheuwel, waar die paar die langste (sowat 24 jaar) gearbei het, was sy onder die enigste vroulike lid van die Feeskommissie met die gemeente se 25-jarige bestaan (1972), voorsitter van die beheerkomitee van die Mooihawe-tehuis vir bejaardes, lid van die Kerksaal-boukommissie (1960), lid van die reëlingskomitee vir die Vrystaatse Eeufees (1954), lid van die kerkkoor, lid van die susterswerkgeselskap, presidente van die plaaslike Vrouesendingbond-tak, presidente van die gemeente se tak van die Oranje-Vrouesendingbon en Sondagskoolonderwyseres.

Laaste jare

Die reëlingskomitee vir die Vrystaatse Eeufees (1954) in die NG gemeente Bloemheuwel. Tertia Flemming sit tweede van links.

Met die jare het die Flemming-egpaar in Bloemfontein ’n groot boekeversameling opgebou. Ná haar man se dood in 1977 is die meeste van sy boeke aan die UV geskenk en toe sy Bloemfontein verlaat in 1990, sowat 13 jaar ná haar man se dood, het sy die meeste van haar eie boeke aan die Instituut vir Eietydse Geskiedenis (Ineg) aan die UV in Bloemfontein geskenk.[3]

In 1998 (toe sy nagenoeg 90 jaar oud was) het sy ’n eenmanuitstalling gehou van haar kunsnaaldwerk, houtbrandwerk, skilderye en piouterwerk.

Sy het die laaste 18 jaar van haar lewe in ’n aftreeoord in Pretoria gewoon. Sy het, so het Volksblad op haar 100ste verjaardag berig, probeer om met behulp van ’n tuishulp so selfversorgend moontlik te funksioneer en was tot kort voor haar honderdste verjaardag nog betrokke by die SA Vrouefederasie se tak in Pretoria. Hoewel sy met ’n loopraam geloop het, het sy sy nog goeie gesondheid geniet en het sy steeds ’n lewendige belangstelling gehad in wat om haar aangaan. Sy het nog gebrei, graag rugby , krieket en sokker op TV gekyk en na radioprogramme geluister.

Sy is oorlede nadat sy agt dae tevore ’n beroerte gekry het, die laaste van drie. 'n Dankdiens is op 9 Januarie 2009 vir haar gehou in die NG kerk Suidoos-Pretoria.

Hulde

Reeds in 1972, in die gedenkboek vir die NG gemeente Bloemheuwel se kwarteeufees, skryf J.A. Bosch, in die lewenskets van ds. Flemming: "Die besielende bystand, aanmoediging en opoffering van mev. Flemming as pastoriemoeder en getroue lewensmaat kan nie onvermeld gelaat word nie. Sy is 'n persoon met besonder heldere insig, nugtere uitkyk, takt, uitstekende organisasietalent, onvermoeide ondermemingsgees, werkywer en deursettingsvermoë. Sy het 'n warm hart vir die sendingsaak en vir die mens-in-nood, en dien onder meer in die hoofbestuur van die Oranje-vrouesendingbond en van die Oranje-vrouevereniging, die streekswelsynsraad (OVS), die lisensieraad, en die Nasionale Raad vir Bejaardesorg en Gesinslewe waar sy die enigste verteenwoordiger uit die Oranje-Vrystaat is. As voorsitster van die direksie van die Utiliteitsmaatskappy van die Natalse Christelike Vrouevereniging en daarna van die Oranje-vrouevereniging staan die NCVV-Dameshuis (Durban), Huis-Oranje (Welkom), Mev. President Steyntehuis (Odendaalsrus), Mooihawe en die wooneenhede (Bloemfontein) as monumente van haar warm hart en ondernemingsgees. Sy het ook haar volle deel tot bevordering van die Afrikaner se taal en kultuur bygedra."

In 2007, met haar 100ste verjaardag, skryf Santa Oosthuizen, direkteur van Vrystaat-versorging, in Volksblad: "Sy is ’n formidabele vrou met visie en hoë aansien in die regerings- en nieregeringswelsynsektor. Sy was bekend vir haar deeglike voorbereiding, regverdige oordeel en die vermoë om haar saak met oortuiging te stel. Sy is ’n diep gelowige mens wat die Here innig dankbaar is dat Hy haar die geleentheid gegee het om diensbaar te wees."

Tertia Flemming het in 1953 ’n internasionale eerbewys vir haar bydrae tot welsynsdienste gekry en in 1987 die Orde vir Voortreflike Diens van die destydse staatspresident, PW Botha. Die Raad van die Universiteit van die Vrystaat, waarin sy van 1972 tot 1985 gedien het, het in 1988 ’n erepenning aan haar toegeken.

Bronne

Verwysings

  1. (af) Bekende VS-weldoener sterf ná beroerte. Was by talle welsynsdienste in provinsie betrokke[dooie skakel], Volksblad, 31 Desember 2008. URL besoek op 26 Augustus 2015.
  2. (af) Steunpilaar word 100 j., Volksblad, 14 Desember 2007. URL besoek op 26 Augustus 2015.
  3. (en) Bygones en Byways. URL besoek op 26 Augustus 2015.

Eksterne skakels

Read other articles:

Mark Stevensdalam The Dark Corner (1946)LahirRichard William Stevens(1916-12-13)13 Desember 1916Cleveland, Ohio, Amerika SerikatMeninggal15 September 1994(1994-09-15) (umur 77)Majores, SpanyolNama lainStephen RichardsTahun aktif1943–1987Suami/istriAnnelle Hayes ​(m. 1945⁠–⁠1962)​ (bercerai)Anak2 Mark Stevens (nama lahir: Richard William Stevens, 13 Desember 1916 – 15 September 1994) adalah seorang pemeran Ameri...

 

Simon Dawkins Dawkins berseragam SJ EarthquakesInformasi pribadiNama lengkap Simon Jonathan DawkinsTanggal lahir 1 Desember 1987 (umur 36)Tempat lahir Edgware, London, InggrisTinggi 5 ft 10 in (1,78 m)Posisi bermain PenyerangInformasi klubKlub saat ini Monterey BayNomor 8Karier junior2004–2008 Tottenham HotspurKarier senior*Tahun Tim Tampil (Gol)2008–2009 Tottenham Hotspur 0 (0)2008–2009 → Leyton Orient (pinjaman) 11 (0)2011–2014 Tottenham Hotspur 0 (0)2011–20...

 

Johann Balthasar NeumannUang kertas 50 Deutsche Mark dari Jerman tahun 1998 yang menampilkan Balthasar Neumann.Lahir(1687-01-27)27 Januari 1687 (?)Eger, Bohemia, Kekaisaran Romawi SuciMeninggal19 Agustus 1753(1753-08-19) (umur 66)Würzburg, Keuskupan Würzburg, Kekaisaran Romawi SuciPekerjaanArsitekGedungKeresidenan Würzburg, Basilika Empat Belas Penolong Kudus Johann Balthasar Neumann (simakⓘ; 27 Januari 1687 – 19 Agustus 1753), yang biasanya dikenal sebagai Balthasa...

Pour les articles homonymes, voir Coats. Dan Coats Portrait officiel de Dan Coats (2017). Fonctions Directeur du renseignement national 16 mars 2017 – 15 août 2019(2 ans, 4 mois et 30 jours) Président Donald Trump Gouvernement Administration Trump Prédécesseur James R. ClapperMike Dempsey (intérim) Successeur Joseph Maguire (intérim)Richard Grenell (intérim)John Ratcliffe Ambassadeur des États-Unis en Allemagne 15 août 2001 – 28 février 2005(3 ans, 6 mo...

 

Artikel ini sebatang kara, artinya tidak ada artikel lain yang memiliki pranala balik ke halaman ini.Bantulah menambah pranala ke artikel ini dari artikel yang berhubungan atau coba peralatan pencari pranala.Tag ini diberikan pada Oktober 2022. Gereja Santo Simeon Stylitesكنيسة مار سمعان العموديقلعة سمعانPemandangan kompleksAgamaAfiliasiKristenDiberkati475 MasehiStatusreruntuhanLokasiLokasiGunung Simeon, Kegubernuran Aleppo, SuriahKoordinat36°20′03″N 36°50�...

 

Синелобый амазон Научная классификация Домен:ЭукариотыЦарство:ЖивотныеПодцарство:ЭуметазоиБез ранга:Двусторонне-симметричныеБез ранга:ВторичноротыеТип:ХордовыеПодтип:ПозвоночныеИнфратип:ЧелюстноротыеНадкласс:ЧетвероногиеКлада:АмниотыКлада:ЗавропсидыКласс:Пт�...

What If...?serie TV d'animazione Lingua orig.inglese PaeseStati Uniti AutoreA.C. Bradley RegiaBryan Andrews Produttore esecutivoA.C. Bradley, Brian Andrews, Victoria Alonso, Louis D'Esposito, Kevin Feige, Brad Winderbaum ProduttoreKevin Feige, Victoria Alonso, Bryan Andrews Soggettodai fumetti di Marvel Comics SceneggiaturaGraham Fisher, Joel Fisher MusicheLaura Karpman StudioMarvel Studios 1ª TV11 agosto 2021 – in corso 1º...

 

Lion City Sailors 2021 football seasonLion City Sailors2021 seasonOwnerGarenaChairmanForrest LiHead coachKim Do-hoonStadiumBishan Stadium Jalan Besar Stadium (Temporary)Top goalscorerStipe Plazibat 7 Goals (As of 12 April) Home colours Away colours ← 20202022 → The 2021 season is Lion City Sailors' 26th consecutive season in the Singapore Premier League and the 2nd season since privatising from Home United.[1] The season covers from 13 March 2021 to 2 October 202...

 

Antiviral drug GalidesivirLegal statusLegal status US: Investigational New Drug Identifiers IUPAC name (2S,3S,4R,5R)-2-(4-Amino-5H-pyrrolo[3,2-d]pyrimidin-7-yl)-5-(hydroxymethyl)pyrrolidine-3,4-diol CAS Number249503-25-1 YHCl: 222631-44-9 YPubChem CID69211190ChemSpider8620968UNIIOLF97F86A7HCl: 1EL1K52SH1 YChemical and physical dataFormulaC11H15N5O3Molar mass265.273 g·mol−13D model (JSmol)Interactive image SMILES O[C@H]3[C@H](c2c1ncnc(N)c1[nH]c2)N[C@H](CO)...

Il motore a getto preraffreddato è una soluzione studiata per raggiungere alte velocità con motori turbogetto che sfrutta il preraffreddamento dell'aria in ingresso immediatamente a valle della presa d'aria mediante uno scambiatore di calore raffreddato dal combustibile criogenico. Dopo aver sottratto calore all'aria mediante l'evaporazione nello scambiatore, il combustibile (in genere H2) viene bruciato in camera di combustione. Motori a getto preraffreddati non hanno ancora volato, ma, su...

 

United States Army general For the United States Navy admiral, see John Sylvester. For the businessman associated with Babe Ruth, see Johnny Sylvester. John B. SylvesterSylvester as a Brigadier General in 1994Born (1946-05-25) May 25, 1946 (age 77)Columbia, South CarolinaAllegianceUnited StatesService/branchUnited States ArmyYears of service1968–2004RankLieutenant GeneralCommands heldStabilisation Force in Bosnia and Herzegovina3rd Brigade, 1st Cavalry Division1st Brigade, 2nd Arm...

 

Dalam agama Katolik, istilah kongregasi dapat mengacu ke pada jenis struktur administratif dalam Gereja Katolik Roma dalam Kuria Romawi atau dalam lembaga keagamaan. Kuria Romawi Artikel utama: Kuria Romawi Pejabat tertinggi dalam Kuria Romawi disebut kongregasi. Di bawahnya terdapat dewan kepausan dan komisi kepausan. Pada awalnya, kongregasi dipilih dari sekelompok kardinal, bukan dari keseluruhan kardinal, ditugaskan untuk mengurusi beberapa bidang kegiatan yang berhubungan dengan Tahta Su...

Orde JasaRepublik Federal JermanKelas Salib Agung Istimewa(diberikan kepada para kepala negara)Dianugerahkan oleh Presiden JermanTipeBintang jasa dengan delapan kelas umum dan satu kelas istimewaDibentuk7 September 1951Negara JermanStatusSaat ini dianugerahkanStatistikJumlah penerima260.429 (per 10 Januari 2021)[1]Salib Agung Kelas IstimewaSalib Agung Kelas I, Anugerah KhususSalib Agung Kelas ISalib AgungKesatria KomandanKomandanPrajuritAnggotaMedaliPita tanda kehormatan Orde Jas...

 

بيرلان تقسيم إداري البلد إيران  [1] إحداثيات 37°31′54″N 45°10′17″E / 37.53166667°N 45.17138889°E / 37.53166667; 45.17138889   السكان التعداد السكاني 178 نسمة (إحصاء 2016) الرمز الجغرافي 18162  تعديل مصدري - تعديل   بيرلان هي قرية في مقاطعة أرومية، إيران.[2] يقدر عدد سكانها بـ 178 نس�...

 

صورة من مرصد هابل للعنقود أبيل S740 في كوكبة قنطورس. المجرة الإهليلجية العملاقة ESO 325-G004 تشغل حيزا كبيرا في مركز العنقود. وهي مجرة BCG هائلة. المجرة العنقودية الالمع brightest cluster galaxy (BCG) تعرف بأنها ألمع مجرة في مجموعة من المجرات أو عنقود مجري و في الغالب العضو الاضخم في هذا العنقود، ...

23 1/2 Hours' LeaveIklan surat kabarSutradaraHenry KingProduserThomas H. InceSkenarioMary Roberts RinehartAgnes Christine JohnstonPemeranDouglas MacLeanDoris MayTom GuiseMaxfield StanleyWade BotelerAlfred HollingsworthSinematograferBert CannPerusahaanproduksiThomas H. Ince CorporationFamous Players-Lasky CorporationDistributorParamount PicturesTanggal rilis 16 November 1919 (1919-11-16) Durasi50 menitNegaraAmerika SerikatBahasaBisu (intertitel Inggris) 23 1/2 Hours' Leave adalah sebuah f...

 

График функции y = x3 с точкой перегиба (0, 0), также являющейся седловой точкой. Корни, стационарные точки, точки перегиба и выпуклость кубического многочлена x3 − 3x2 − 144x + 432 (чёрная линия) и его первой и второй производных (красная и синяя линии). Точка перегиба — точка плос...

 

For related races, see 2006 United States gubernatorial elections. 2006 Illinois gubernatorial election ← 2002 November 7, 2006 2010 → Turnout47.29% 2.76 pp   Nominee Rod Blagojevich Judy Baar Topinka Rich Whitney Party Democratic Republican Green Running mate Pat Quinn Joe Birkett Julie Samuels Popular vote 1,736,731 1,369,315 361,336 Percentage 49.79% 39.26% 10.36% County results Blagojevich:      30–40%    ...

الدوري الفرنسي الدرجة الأولىالموسم2019–20التواريخ9 أغسطس 2019 – 23 مايو 2020حامل اللقبباريس سان جيرمانأفضل هدافوسام بن يدر (14 هدف)مجموع الحضور4،381،210[1]متوسط الحضور22،468[1]→ 2018–19 2020–21 ← جميع الإحصائيات صحيحة اعتباراً من 12 يناير 2019. الدوري الفرنسي الدرجة الأولى 2019–20 (بالف�...

 

For other units with the same regimental number, see 75th Regiment of Foot (disambiguation). 75th (Stirlingshire) Regiment of FootActive1787–1881Country Kingdom of Great Britain (1787–1800) United Kingdom (1801–1881)Branch British ArmyTypeInfantrySizeOne battalionGarrison/HQDorchester BarracksEngagementsThird Anglo-Mysore WarFourth Anglo-Mysore WarSecond Anglo-Maratha WarNapoleonic WarsIndian RebellionMilitary unit The 75th (Stirlingshire) Regiment of Foot, was a British ...