Die Sukkulente Karoo [ 1] is ’n WWF-ekostreek wat behoort tot 'n woestynagtige bioom in Suid-Afrika en Namibië . Dit strek al met die kuslyn van Suidwes-Namibië en die Noord-Kaap in Suid-Afrika langs, waar die koue Benguelastroom dikwels mis veroorsaak. Die streek strek verder na die binneland van Suid-Afrika se Wes-Kaap . Dit word in die suide begrens deur die fynbosbioom , in die ooste deur die Nama-Karoo , met sy meer uiteenlopende temperature en wisselvallige reënval , en in die noorde deur die Namibwoestyn .
Flora
Vetplante
Die Sukkulente Karoo word gekenmerk deur die wêreld se grootste verskeidenheid vetplante en bevat sowat ’n derde van die wêreld se sowat 10 000 vetplantspesies.
Op die kwartsvelde van die Knersvlakte en die Klein Karoo is daar baie endemiese vygies van die genera Argyroderma en Gibbaeum en in kalksteengedeelte van die Knersvlakte van die genus Antimima .
Galery
Geofiete
Die streek is besonders ryk aan geofiete , met sowat 630 spesies , soos byvoorbeeld die bobbejaantjies . In die Kamiesbergstreek is dit veral geofietspesies van die Iridaceae soos die genera Babiana , Lapeirousia , Moraea en Romulea wat dikwels endemies is. Die aanwesigheid van vetplantspesies uit die Crassulaceae , soos Tylecodon sp. het dikwels krimpsiekte ten gevolge onder die skape en bokke waarmee hier geboer word.
Galery
Fauna
Die spikkelde padloper[ 2] , 'n endemiese skildpad[ 3]
Die streek bevat uiteenlopende reptiele en baie ongewerweldes . Van die 50 skerpioenspesies is 22 inheems . Kewers van die tribus Hopliini , wat grootliks inheems aan Suider-Afrika is, is in die Sukkulente Karoo gekonsentreer en is belangrike bestuiwers van die flora – so ook vliesvlerkiges , perdebye en bye .
Sowat 15 amfibieë word ook hier aangetref, waarvan drie inheems is. Van die streek se 115 reptielspesies is 48 inheems . In die Sperrgebiet word ’n ongewone skilpad , die Nama-padloper , aangetref. Minder van die streek se voël- en soogdierspesies is endemies .[ 4]
Verwysings
Eksterne skakels
Tropiese of subtropiese reënwoud Tropiese of subtropiese grasveld, savanne en struikveld Berggrasveld en -struikveld Toendra Mediterreense woud, bos- en struikveld Woestyn en droë struikveld Wortelboommoeras