Slag van Rorke's Drift

Slag van Rorke's Drift
Deel van Anglo-Zoeloe-oorlog
.
Die verdediging van Rorke's Drift, deur Alphonse de Neuville (1882)
Datum 22 Januarie 1879
Ligging Rorke's Drift, Natalprovinsie
Resultaat Britse oorwinning
Strydende partye
Verenigde Koninkryk Zoeloe-koninkryk
Bevelvoerders
Lt. John Chard
Lt. Gonville Bromhead
Prins Dabulamanzi kaMpande
Sterkte
139-141 Britse troepe, 11 Koloniale troepe en 4 siviele persone[1][2][3] 3 000-4 000 Zoeloes[4]
  • iNdluyengwe ibutho: 500 tot 700 man
  • uThulwana, iNdlondo, uDluko amabuthos: c. 3 000 man[5]
Ongevalle
17 gedood 351 gedood

Die Slag van Rorke's Drift het op 22 Januarie 1879 plaasgevind tydens die Anglo-Zoeloe-oorlog by Rorke's Drift. 'n Zoeloemag van ongeveer 4000 manne het die geboue wat as 'n tydelike hospitaal gedien het, aangeval.

Agtergrond

Rorke's Drift is een van drie driwwe waar die Buffelsrivier gekruis kon word wat op daardie stadium die grens tussen Natal en Zoeloeland was. Die drif is vernoem na die Ier James Rorke wat sy huis hier gebou en geboer het aan die Natalkant van die rivier. Die huis was groot met verskeie vertrekke. Ná Rorke se dood het die sendeling Otto Witt, sy vrou en vier kinders in die huis getrek wat hy toe in 'n kerk omskep het. Toe die oorlog uitbreek in 1879 tussen die Britse Ryk en die Zoeloes, het lord Chelmsford die huis toegeëien en in 'n hospitaal laat omskep. 'n Gedeelte was ook gebruik as 'n stoor waar ammunisie, gewere en voorrade gestoor is. Toe die Zoeloemag die hospitaal aanval, was daar slegs 'n paar fikse soldate asook 39 siek mense in die hospitaal. Die slag het net ná die Slag van Isandlwana plaasgevind.

Die opbou

Lt. John Chard
Lt. Gonville Bromhead

Nadat die Britse magte Zoeloeland ingeval het op 10 Januarie 1879 was daar 104 soldate van die 2de Batteljon, 24ste Regiment en 39 siek manne en 300 lede van die Natal Native Contingent. Die mees senior offisier was Majoor Henry Spalding en luitenant Gonville Bromhead was tweede in bevel. 'n Paar dae voor die slag het luitenant John Chard van die Royal Engineers daar gearriveer. Vroeg in die oggend van die 22ste kry kolonel Durnford 'n boodskap om by lord Chelmsford aan te sluit as bystand, die eerste aanduiding dat die eerste aksie in Zoeloeland begin het. Luitenant Chard het ook vroeg die oggend na Isandlwana vertrek om sy bevele met lord Chelmsford uit te klaar. Toe hy daar aankom, was hy ontsteld toe hy verneem dat die Zoeloes weswaarts in die rigting van Rorke's Drift vertrek het. Hy keer toe onmiddellik terug na Rorke's Drift.

Later in die oggend is daar skote gehoor by Rorke's Drift en Spalding vertrek na Helpmekaar om versterkings te kry. Dit laat Bromhead en Chard in bevel. 'n Assistent-offisier, James Langley Dalton, wys daarop dat dit beter sal wees om in die huis te bly as om te vlug. Hulle bou toe 'n versperring om die hospitaal uit koekiebokse en groot sakke mieliemeel. Die sakke het 90 kg elk geweeg.

Intussen het die Zoeloes die Britte by Isandlwana verslaan en 4000 van hulle was op pad na Natal. By Rorke's Drift het van Durnford se soldate aangekom wat gevlug het van die Zoeloes by Isandlwana. Die 300 soldate van die Natal Native Contingent vlug toe hulle die nuus hoor. Dalton laat 'n tweede, kleiner versperring bou om die area wat verdedig moet word.

Die aanvalle

Net hierna het die eerste Zoeloe-aanval plaasgevind uit die rigting van berg Shiyane. Die aanval is afgeweer met groot verliese vir die Zoeloes. 'n Tweede aanval uit die weste was ook afgeweer. Die Zoeloes het hulself toe aan die weste hergroepeer, oorkant die stoep van die hospitaal waar hulle naby die hospitaal was. Elke vertrek met 'n buitedeur het versperrings voor gehad met slegs 'n gat waardeur die Britte kon skiet met hulle Martini-Henry gewere. Die aanvallers het daarin geslaag om in die gebou te kom maar die verdedigers het gate in die kleimure gemaak om te ontsnap na aangrensende vertrekke. Elke gat is met 'n bajonet verdedig totdat alle persone die vertrek verlaat het. Die Zoeloes het toe uit pure frustrasie die grasdak aan die brand gesteek maar die gras was nat en het stadig gebrand. Die Britte het uit die brandende gebou ontsnap deur 'n klein venstertjie onder dekking van hulle kollegas agter die buite versperrings. Vrywilligers het die siek mense uit die brandende hospitaal gedra na veiligheid. Die Zoeloes het regdeur die nag aanvalle geloods en selfs een keer daarin geslaag om in die beeskraal te kom. Hulle is met 'n bajonetstormloop verdryf. Geleidelik het die aanvalle deur die nag verminder. Teen dagbreek het die Britte die aanvallers op 'n nabygeleë heuwel sien saamdrom en hulself voorberei vir nog 'n aanval. Skielik het die Zoeloes net verdwyn. Die Zoeloes het egter Chelmsford en sy manne sien terugkeer vanaf Isandlwana en gevlug.

Ongevalle

Slegs 17 Britse soldate en oor die 800 Zoeloes het gesneuwel. Daar is 17 Victoriakruise toegeken aan die Britte.

Bronne

  • Attwell, Eric: Rorke's Drift - on the day eleven Victoria Crosses were won. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 25, nr. 1, September 1975
  • Field Guide to the BATTLEFIELDS of South Africa Nicki von der Heyde. 2013 ISBN 978 1 43170 100 1
  • Louw, Helena: Rorke's Drift - van grenspos tot kunssentrum. In: Lantern. Kultuurtydskrif. Jaargang 41, nr. 1, Februarie 1992
  • Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. ISBN 1-86842-026-4

Verwysings

  1. Knight, Ian. Zulu: Isandlwana and Rorke's Drift, 1992, pp. 107–108.
  2. Holme, Norman. The Noble 24th, Savannah Publications, ISBN 1-902366-04-2, 1999, p. 265–369, 383.
  3. Whybra, Julian. England's Sons, Gift Ltd., 2004, pp. 68–69.
  4. Estimates vary: Colenso, F.E. History of the Zulu War and Its Origin, Londen, 1880, p. 305, dui 3 000 aan; Knight, Ian. The Zulu War 1879, Osprey, 2003, ISBN 1-84176-612-7, p. 37, Knight gee: "meer as 3 000"; Lock, Ron; Quantrill, Peter (2005). Zulu Victory: The Epic of Isandlwana and the Cover-up. Greenhill Books. pp. 231–232. ISBN 1-85367-645-4. dui 3 000 aan, p. 231; Morris, Donald R. The Washing of the Spears, Da Capo Press, 1998, dui meer as 4 000 aan.
  5. Knight, Ian, Rorke's Drift 1879, "Pinned Like Rats in a Hole"; Osprey Campaign Series #41, Osprey Publishing, 1996, ISBN 1-85532-506-3, p. 23.

28°21′29″S 30°32′12″O / 28.35806°S 30.53667°O / -28.35806; 30.53667

Read other articles:

Pierre Omidyar Pierre Morad Omidyar (lahir 21 Juni 1967) adalah seorang keturunan Prancis. Ia lahir dari keturunan pengusaha Iran dan Amerika. Dan juga pendiri / ketua dari situs lelang eBay [1] Omidyar dan Pam adalah istrinya merupakan dermawan terkenal yang mendirikan Jaringan Omidyar pada tahun 2004 dalam rangka memperluas usaha mereka di luar non-profit untuk menyertakan komersial bisnis dan kebijakan publik. Awal hidup dan bekerja Omidyar dilahirkan di Paris, Prancis dari orang t...

 

الكلية العسكرية التكنولوجية المعهد الفني للقوات المسلحة سابقا الدولة  مصر الإنشاء 1968 الولاء  مصر النوع كلية الدور تعليمي جزء من الجيش المصري المقر الرئيسي كوبري القبة، القاهرة شعار نصي الإيمان، العمل، التضحية الموقع الرسمي https://academy.mod.gov.eg/TechInstit.aspx القادة القائد الح�...

 

Cet article est une ébauche concernant l’Allemagne et le Concours Eurovision de la chanson. Vous pouvez partager vos connaissances en l’améliorant (comment ?) selon les recommandations des projets correspondants. Allemagneau Concours Eurovision 1961 Données clés Pays  Allemagne Chanson Einmal sehen wir uns wieder Interprète Lale Andersen Compositeur Rudolf Maluck Parolier Ernst Bader Langue Allemand, français Sélection nationale Radiodiffuseur Hessischer Rundfunk (HR) Ty...

Vijay KumarShri Pranab Mukherjee mempersembahkan Padma Shri Award kepada Shri Vijay Kumar, pada Upacara Penobatan-II, pada 20 April 2013Informasi pribadiKewarganegaraanIndiaLahir19 Agustus 1985 (umur 38)Harsour, HamirpurHimachal Pradesh, India OlahragaNegaraIndiaOlahragaMenembak Rekam medali Permainan Olimpiade {{{3}}} 2012 London Pistol api cepat 25 m Kejuaraan Menembak Dunia ISSF {{{3}}} 2009 Beijing 25m Rapid Fire Pistol 2011 Fort Benning Pistol Api Cepat 25m Commonwealth ...

 

Species of butterfly Grey albatross Scientific classification Domain: Eukaryota Kingdom: Animalia Phylum: Arthropoda Class: Insecta Order: Lepidoptera Family: Pieridae Genus: Appias Species: A. melania Binomial name Appias melania(Fabricius, 1775) Synonyms Papilio melania Fabricius, 1775 Tachyris asteria Miskin, 1889 Tachyris cerussa Fruhstorfer, 1904 Appias melania antoniae Fruhstorfer, 1910 Appias melania, the grey albatross, is a butterfly of the family Pieridae. It is endemic to nort...

 

この記事は検証可能な参考文献や出典が全く示されていないか、不十分です。出典を追加して記事の信頼性向上にご協力ください。(このテンプレートの使い方)出典検索?: コルク – ニュース · 書籍 · スカラー · CiNii · J-STAGE · NDL · dlib.jp · ジャパンサーチ · TWL(2017年4月) コルクを打ち抜いて作った瓶の栓 コルク(木栓、�...

Australian musician (born 1983) Missy HigginsHiggins performing at Bluesfest 2022Background informationBirth nameMelissa Morrison HigginsBorn (1983-08-19) 19 August 1983 (age 40)Melbourne, AustraliaGenresPop rockindieacousticOccupationsSinger-songwriter, musicianInstrumentsVocalspianosynthesiserguitarmelodicaxylophonecowbellukuleleYears active2001–presentLabelsElevenRepriseWarner Bros.Websitemissyhiggins.com.auMusical artist Melissa Morrison Higgins (born 19 August 1983), stage name Mi...

 

Ho0

Artikel ini sebatang kara, artinya tidak ada artikel lain yang memiliki pranala balik ke halaman ini.Bantulah menambah pranala ke artikel ini dari artikel yang berhubungan atau coba peralatan pencari pranala.Tag ini diberikan pada Oktober 2022. Ho (H diikuti dengan nol) atau Hoo dapat merujuk ke: Ho[pranala nonaktif permanen], digunakan dalam pemodelan transportasi kereta api skala menggunakan 1:87 skala (3,5 mm hingga 1 kaki). Ini adalah model kereta api skala paling populer di ...

 

32°32′32″N 022°44′43″E / 32.54222°N 22.74528°E / 32.54222; 22.74528 مطار مرتوبة   إياتا: DNF – ايكاو: مطار مرتوبهموقع المطار في ليبيا موجز نوع المطار مطار محلي المشغل الدولة البلد ليبيا  الموقع درنة، ليبيا الارتفاع 309 متر  إحداثيات 32°32′59″N 22°46′00″E / 32.54972°N 22.76667°E / 32...

Beberapa bagian biografi ini ditulis menyerupai resume atau daftar riwayat hidup (Curriculum Vitae). Tolong bantu perbaiki agar netral dan ensiklopedis.Ahmad BasarahPotret resmi sebagai Wakil Ketua Majelis Permusyawaratan Rakyat Republik Indonesia periode 2019–2024 Wakil Ketua Majelis Permusyawaratan Rakyat Republik IndonesiaPetahanaMulai menjabat 26 Maret 2018Menjabat bersama Periode 2014–19 Mahyudin Evert Ernest Mangindaan Hidayat Nur Wahid Oesman Sapta Odang Muhaimin Iskan...

 

Town in Oxfordshire, England Human settlement in EnglandHenley-on-ThamesHenley Town HallHenley-on-ThamesLocation within OxfordshireArea5.58 km2 (2.15 sq mi)Population12,186 (2021 Census)[1]• Density2,184/km2 (5,660/sq mi)OS grid referenceSU7682• London33 miles (53 km)Civil parishHenley-on-ThamesDistrictSouth OxfordshireShire countyOxfordshireRegionSouth EastCountryEnglandSovereign stateUnited KingdomPost townHENLEY-ON-THA...

 

本條目存在以下問題,請協助改善本條目或在討論頁針對議題發表看法。 此條目需要編修,以確保文法、用詞、语气、格式、標點等使用恰当。 (2013年8月6日)請按照校對指引,幫助编辑這個條目。(幫助、討論) 此條目剧情、虛構用語或人物介紹过长过细,需清理无关故事主轴的细节、用語和角色介紹。 (2020年10月6日)劇情、用語和人物介紹都只是用於了解故事主軸,輔助�...

American politician Perez MortonPortrait of Morton, by Saint-MéminMassachusetts Attorney GeneralIn office1810–1832GovernorElbridge GerryCaleb StrongJohn BrooksWilliam EustisMarcus MortonLevi Lincoln, Jr.Preceded byBarnabas BidwellSucceeded byJames T. AustinSpeaker of the Massachusetts House of RepresentativesIn office1810–1811Preceded byTimothy BigelowSucceeded byJoseph StorySpeaker of the Massachusetts House of RepresentativesIn office1806–1808Preceded byTimothy BigelowSucceeded byTim...

 

American hip hop duo This article is about the hip-hop duo. For other artists with a similar name, see Chris Cross (disambiguation). Kris KrossSmith (left) and Kelly in 1996Background informationOriginAtlanta, Georgia, U.S.GenresHip hopYears active 1990–2002 2007–2013 Labels CCO One Life Ruffhouse Columbia Judgement Past members Chris Mac Daddy Kelly (deceased) Chris Daddy Mac Smith Kris Kross was an American hip hop duo, consisting of Chris Mac Daddy Kelly and Chris Daddy Mac Smith. Kris...

 

Confederate Army general and Alabama politician (1836-1906) For other people named Joseph Wheeler, see Joseph Wheeler (disambiguation). Joseph WheelerWheeler in the uniform of a general of the Confederate States of America in the 1860sMember of theU.S. House of Representativesfrom Alabama's 8th districtIn officeMarch 4, 1885 – April 20, 1900Preceded byLuke PryorSucceeded byWilliam RichardsonIn officeJanuary 15, 1883 – March 3, 1883Preceded byWilliam M. LoweSucceeded byLu...

Resolusi 1119Dewan Keamanan PBBSemenanjung PrevlakaTanggal14 Juli 1997Sidang no.3.800KodeS/RES/1119 (Dokumen)TopikSituasi di KroasiaRingkasan hasil15 mendukungTidak ada menentangTidak ada abstainHasilDiadopsiKomposisi Dewan KeamananAnggota tetap Tiongkok Prancis Rusia Britania Raya Amerika SerikatAnggota tidak tetap Chili Kosta Rika Mesir Guinea-Bissau Jepang Kenya Korea Selatan Polandia Portugal Swedia Resol...

 

History of Morocco from 1666 to 1912 This article is about the pre-colonial history of Morocco under Alawi rule. For the sect of Shia Islam, see Alawites. For the current Moroccan royal family, see Alawi dynasty. Alawi Sultanate1666–1912 One of the flags used by the Alawi dynastyApproximate territories under the Sultanate's authority in the late 17th to 19th centuries[1]StatusRuling dynasty of MoroccoCapital Fez Meknes Marrakesh Common languagesArabic, Berber languagesReligion ...

 

Чиабаттаитал. ciabatta Входит в национальные кухни итальянская Страна происхождения  Италия Компоненты Основные мука, вода, закваска, дрожжи, оливковое масло, соль  Медиафайлы на Викискладе Чиаба́тта (от итал. Ciabatta — «тапочка»[1]) — итальянский пшеничный хлеб, ...

Pour les articles homonymes, voir Gaude (homonymie). La Gaude Vue du village depuis une impasse du chemin des Tuilières. Blason Administration Pays France Région Provence-Alpes-Côte d’Azur Département Alpes-Maritimes Arrondissement Grasse Intercommunalité Métropole Nice Côte d'Azur Maire Mandat Bruno Bettati 2020-2026 Code postal 06610 Code commune 06065 Démographie Gentilé Gaudois Populationmunicipale 7 133 hab. (2021 ) Densité 545 hab./km2 Géographie Coordonnée...

 

Online entertainment media company Tubefilter, Inc.Company typePrivateIndustryInternet, Media, EntertainmentFounded2008; 16 years ago (2008)[1]FounderDrew BaldwinBrady Brim-DeForestMarc Hustvedt[2]HeadquartersLos Angeles, California, United StatesKey peopleBrady Brim-DeForest (CEO)Websitewww.tubefilterinc.com Tubefilter, Inc. is a privately held company based in Los Angeles, California that operates media businesses focusing on the online entertainment indus...