Die Sjahada (Arabies: الشهادة, aš-šahādah, [aʃ.ʃaˈhaːda], luister(hulp·inligting); letterlik: "die getuienis") is die Islamitiese geloofsbelydenis en die eerste van die Vyf Pilare van die Islam. Met die Sjahada word die geloof in die eenwees van God (tawhid) en die erkenning van Mohammed as God se profeet uitgedruk.
وعليٌ وليُّ الله (wa ʿalīyyun walīyyu-llāh, [wa ʕaˈlɪj.jʊn waˈlɪj.jʊlˈɫɑː], "Ali is die Vriend van God")[5][6]
Betekenis
Die Sjahada is die enigste aanvaarde ritueel tydens die konversie van 'n persoon tot Islam. In die teenwoordigheid van twee Moslem-getuies uiter die nuwe gelowige die Sjahada. 'n Islamitiese gebruik bestaan om die Sjahada as jou laaste woorde te uiter, maar indien die sterwende persoon nie meer in staat is om dit te kan doen, word dit deur 'n gesinslid in sy oor gefluister. Dit word ook deur die pa in die oor van 'n pasgebore kind gefluister. Vir 'n Moslem is die Sjahada dus die eerste en laaste woorde wat hy in sy lewe sal hoor.
Gebed
Tydens die roep tot gebed (Adhān) deur die muezzin volg op die viermalige Takbirresitasie die twee dele van die Sjahada, voorafgegaan deur (wa) ašhadu ʾan أشهد أن "Ek getuig, dat...", twee keer elk.
Argitektuur
Sedert die vroe tye van Islam vorm die Sjahada 'n versieringselement in die Islamitiese argitektuur, veral binne en buite van moskees en dikwels in kombinasie met die Basmala.
↑(en) Mohammad, Noor (1985). "The Doctrine of Jihad: An Introduction". Journal of Law and Religion. 3 (2): 381–397. doi:10.2307/1051182. JSTOR1051182.
↑(en) E. Thomas Dowd, Stevan Lars Nielsen: The psychologies in religion : working with the religious client. Springer Pub. Co, New York, 2006, bl. 237.
↑(de) Rudolf Fischer: Der Islam: Glaube und Gesellschaftssystem im Wandel der Zeiten : eine Einführung. Ed. Piscator, Oberdorf, 1992, bl. 49.
Verdere leesstof
(en) Daniel Gimaret: Artikel Shahāda, in: The Encyclopaedia of Islam. New Edition. Band IX (1997), bl. 201.