Die silwerhakea (Hakea sericea) is 'n indringerboompie of struik wat voorkom aan die suidkus van die Wes- en Oos-Kaap. Die plant is endemies aan Australië en kan tot 5 m hoog word. Die plant is gewoonlik 'n veeltakkige, stekelrige struik met 'n gladde bas terwyl die jong takkies harig is. Die naaldagtige blare is donkergroen. Die vrug is 'n houtagtige kapsule met 'n gerimpelde oppervlak. Dit word gekweek as heinings of om duine te stabiliseer.