Seaborgium is ’n superswaar, kunsmatige element met die atoomgetal 106 en simboolSg. Dit kom nie in die natuur voor nie, kan net in ’n laboratorium vervaardig word en is radioaktief. Die stabielste bekende isotoop, seaborgium-269, het ’n halfleeftyd van ongeveer 3,1 minute. Dit is genoem na die Amerikaanse kernchemikus Glenn T. Seaborg en is een van net twee elemente wat genoem is na ’n persoon wat toe nog geleef het; die ander een is oganesson.
Op die periodieke tabel lê dit in die d-blok, in periode 7 en in groep 6 as die vierde lid van die 6d-reeks oorgangsmetale. Chemiese eksperimente het bevestig dit tree op soos die swaarder homoloog van wolfram net bo dit. Sy eienskappe is net gedeeltelik vasgestel, maar dit stem baie ooreen met dié van ander elemente in groep 6, chroom, molibdeen en wolfram.
In 1974 is ’n paar seaborgium-atome in laboratoriums in Amerika en die Sowjetunie vervaardig. Daar was onenigheid tussen wetenskaplikes van dié twee lande oor die prioriteit van ontdekking en die benaming van die element, en die IUPAC het dus eers in 1997 bepaal die element se amptelike naam is seaborgium.
Verwysings
↑ 1,01,1Hoffman, Darleane C.; Lee, Diana M.; Pershina, Valeria (2006). "Transactinides and the future elements". In Morss; Edelstein, Norman M.; Fuger, Jean (reds.). The Chemistry of the Actinide and Transactinide Elements (3de uitg.). Dordrecht, Nederland: Springer Science+Business Media. ISBN1-4020-3555-1.