Saransk (Russies: Сара́нск; Moksja: Саранош; Erzja: Саран ош) is die hoofstad van die Republiek van Mordowië, ’n federale deelgebied van Rusland. Dit is in die opvanggebied van die Wolga-rivier geleë, by die samevloei van die Saranka- en die Insar-rivier, 630 km oos van Moskou. Die bevolking in 2018 was 318 841. Dit was een van die gasheerstede tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018.
Eksterne skakels