SG Aumund Vegesack

SG Aumund-Vegesack

Volledige naam Sportgemeinschaft Aumund-Vegesack
von 1892 e.V.
Stigtingsdatum 1892
Tuisveld Stadion Vegesack,
Bremen
Kapasiteit 3 000
Kompetisie Oberliga Bremen

SG Aumund-Vegesack is 'n sportklub uit Bremen in die deelstaat Hansestad Bremen in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Behalwe sokker het die klub ook onder meer afdelings vir atletiek, gimnastiek, handbal, swem, boks, tafeltennis, judo en karate. Die klub het ook sy eie blaasorkes. Vegesack is 'n stadsdistrik van Bremen.

Die klub is in 1892 gestig as Spiel- und Sport Blumenthalen en op 11 Mei 1912 herdoop as Fußballverein Blumenthal. Op 6 Junie 1919 het 'n deel van die lede die klub verlaat om Blumenthaler Sportverein te stig. Later in 1919 het die klub met Sportverein Vegesack saamgesmelt om Spielvereinigung Aumund-Vegesack te vorm. In 1929 het SuS Vegesack by die klub aangesluit. Die huidige naam is in 1953 aangeneem.

Die klub het in die laat 1940’s en vroeë 1950’s in die 2. Amateurliga Bremen gespeel op die tweede vlak van die Duitse sokkerstruktuur.

Onlangse ligaposisionering

  • 1986-87 (VI) Landesliga Bremen 1ste
  • 1987-88 (V) Verbandsliga Bremen 14de
  • 1988-89 (V) Verbandsliga Bremen 9de
  • 1989-90 (V) Verbandsliga Bremen 15de
  • 1990-91 (VI) Landesliga Bremen
  • 1991-92 (VI) Landesliga Bremen
  • 1992-93 (VI) Landesliga Bremen 1ste
  • 1993-94 (V) Verbandsliga Bremen 9de
  • 1994-95 (V) Verbandsliga Bremen 11de
  • 1995-96 (V) Verbandsliga Bremen 15de
  • 1996-97 (VI) Landesliga Bremen 1ste
  • 1997-98 (V) Verbandsliga Bremen 12de
  • 1998-99 (V) Verbandsliga Bremen 10de
  • 1999-00 (V) Verbandsliga Bremen 4de
  • 2000-01 (V) Verbandsliga Bremen 4de
  • 2001-02 (V) Verbandsliga Bremen 7de
  • 2002-03 (V) Verbandsliga Bremen 7de
  • 2003-04 (V) Verbandsliga Bremen 9de
  • 2004-05 (V) Verbandsliga Bremen 9de
  • 2005-06 (V) Verbandsliga Bremen 8ste
  • 2006-07 (V) Verbandsliga Bremen 9de
  • 2007-08 (V) Verbandsliga Bremen 9de
  • 2008-09 (V) Oberliga Bremen 8ste
  • 2009-10 (V) Oberliga Bremen

Literatuur

Eksterne skakels

Oberliga Bremen 2009/10-seisoen

Blumenthaler SVVfL 07 BremenSV Werder Bremen IIISV Türkspor Bremen-NoordBremer SV
FC BremerhavenOSC BremerhavenBrinkumer SVSV Grohn - Habenhauser FV
TSV Blouwit MelchiorshausenFC Oberneuland IITSV Osterholz-Tenever - TuS Schwachhausen
SG Aumund Vegesack – TSV Wulsdorf