Share to: share facebook share twitter share wa share telegram print page

Rassisme in die Verenigde State

Lede van die Ku Klux Klan masjeer in 1928 in Pennsylvania Avenue in Washington, D.C.
Statutêre segregasie in skoolonderwys in die Verenigde State voor 1954

Rassisme en etniese diskriminasie is sedert die dae van kolonialisme en slawerny 'n ernstige probleem. Wettige of sosiaal-goedgekeurde voorregte en regte is aan wit Amerikaners gegee wat die inheemse Amerikaners, Afro-Amerikaners, Asiatiese-Amerikaners en Latyns-Amerikaners nie gehad het nie. Europese-Amerikaners (in besonder die Anglo-Amerikaners) het vanaf die 17de eeu tot in die 1960's ekslusiewe regte soos onderwys, stemreg, immigrasie, burgerskap, en eiendomsreg geniet. Nie-Protestantse immigrante uit Europa, in besonder die Iere, Pole en Italianers, het egter xenofobiese-uitsluiting en etnies-gegronde diskriminasie in die Amerikaanse gemeenskap ervaar, en is nie ten volle wit beskou nie. Hierby is daar ook voortdurend teen die Jode en Arabiere gediskrimineer, met die gevolg dat baie mense van dié groepe, hulself nie as wit geÏdentifiseer het nie.

Die belangrikste ras- en etniesgebonde instellings in Amerika was:

  • Slawerny,
  • Die Indiaanse oorloë,
  • Reservate vir die inheemse-Amerikaners,
  • Segregasie,
  • Gemeenskapskole vir die inheemse-Amerikaners, en
  • Interneringskampe.

Formele rasse-diskriminasie is merendeels in die 20ste eeu verbied, het sosiaal onaanvaarbaar geraak, en is moreel veragtelik beskou. Rassepolitiek het 'n groot fenomeen gebly, en rassisme bly voortbestaan in sosio-ekonomiese ongelykheid. Die laagvorming van rassisme het egter bly voortleef in die volgende sfere van die Amerikaanse samelewing: Behuising, opvoeding, in die regering en by die uitleen van geld. Die Amerikaanse menseregte-netwerk (U.S. Human Rights Network), 'n netwerk van talle burger- en menseregte- organisasies, reken dat diskriminasie elke aspek van die Amerikaanse leefwyse deurdring, en uitkring na alle anderskleurige gemeenskappe.[1] Hoewel die aard van die gemiddelde Amerikaner se houding baie oor die afgelope paar dekades verander het, het meningspeilings deur organisasies soos ABC News gevind dat groot dele van die Amerikaanse samelewing erken dat hulle steeds diskriminerende sieninge huldig. So onlangs soos in 2007 het een uit tien Amerikaners gesê hulle is bevooroordeeld teenoor Spaans-Amerikaanse medeburgers, terwyl een uit vier so voel teenoor Arabiese-Amerikaners.[2]

Afro-Amerikaners

Die dae voor die burgeroorlog

Transatlantiese slawehandel

Belangrike slawehandelgebiede van Afrika, 15de tot 19de eeu
Reproduksie van 'n handbrief wat 'n slaweveiling in Charleston, Suid-Carolina adverteer (1769).

Hoewel slawerny beskou word as die oorsprong van die Afro-Amerikaanse bevolking het die slawehandel in Afrika 'n groot ekonomiese grondslag in die wêreld gevestig. Onder die Europese elite, wat regdeur die tydperk van die Atlantiese stelsel die nasionale beleid bepaal het, het daar 'n gewilde ideologie by name, merkantilisme, bestaan. Merkantilisime is ook beskryf as die veronderstelling dat beleidsdoelwitte sentreer rondom militêre mag ek ekonomiese rykdom. Die kolonies was die bron van minerale rykdomme en voedsevoorrade wat tot voordeel van die tuisland gebruik is.[3] Die inheemse-Amerikaners was nie geskik vir handerabeid nie want hulle het doodgegaan van siektes en geweld. Die Europeërs was te duur en sou ook die arbeidskrag in die tuislande verswak. Slawe was "in groot getalle" beskikbaar wat plantasie-landbou in die Amerikas baie winsgewend gemaak het.[4]

Die slawehandel na Amerika het voor die Amerikaanse Burgeroorlog gefloreer en, volgens die Trans- Atlantiese databasis van slawehandel, is daar tussen 1626 en 1860 meer as 470 000 slawe uit Afrika na, wat vandag die Verenigde State van Amerika is, vervoer.[5][6] Voorts het een uit elke vier gesin in die Suidelike Verenigde State voor die Amerikaanse Burgeroorlog slawe aangehou.Volgens die Amerikaanse sensus van 1860, was daar ongeveer 385 000 slawe-eienaars uit 'n wit bevolking van 7 miljoen.[7][8]

Stappe om slawerny af te skaf

"Is ek nie 'n man en 'n broer nie?" – Antislawerny-medalje van die laat 18de eeu

Vroeg in die 19de eeu is 'n verskeidenheid van organisasies gestig wat daarna gekyk het om die swartes in Amerika elders te verskuif waar hulle groter vryheid kan geniet, Sommiges het kolonisasie as 'n oplossing voorgestel, en ander weer emigrasie. In die 1820's en 1830's was dit die Amerikaanse Kolonisasie-vereniging wat wou hê die swart Amerikaners moet terug Afrika toe gaan vir groter vryheid en gelykheid,[9] en in 1821 is die kolonie van Liberië gestig. Duisende vrygestelde slawe en vrye swartmense (met beperkte regte) is gehelp om van Amerika af soontoe te verskuif. Die kolonisasie-proses is uit 'n mengsel van motiewe gebore met die vader van die idee, Henry Clay, wat dit as volg opgesom het:[10]

Weens die onoorkombare vooroordele oor hul kleur, kon hulle nooit saamsmelt met die vrye wittes van die land nie. Dit is dus wenslik, ten einde hulle te respekteer, om die oorskot van die bevolking te dreineer."[11]

Sowat 4 miljoen swart slawe is in 1865 bevry.[12] Van hulle het 95% in die suide gebly wat een-derde van die bevolking daar uitgemaak het, in vergelyking met die vyf persent in die noorde van die land. So, die vrese in die Suide was veel groter as in die Noorde vir die emansipasie van die swart bevolking.

Die Groot Migrasie

Wit mense betoog in 1959 teen die integrasie van Afro-Amerikaners by die Little Rock Central High School en bestempel rasvermenging as "Kommunisme"

Rassisme, wat as 'n uitsluitlike probleem van die Suidelike state beskou was, het nasionale kommer begin wek met die Groot Migrasie toe miljoene Afro-Amerikaners na die Eerste Wêreldoorlog in die Suide ontwortel en na die industriële hartaar in die Noorde verskuif het. Die meerderheid migrante het hulle in Boston, Chicago en in New York (Harlem) gevestig. Tussen 1910–1970 het die persentasie Afro-Amerikaners in Chocago van 2.0% tot 32.7% gestyg.[13] Die migrerende swartes van 1910–1920 was in die meeste gevalle meer geletterd as dié wat in die Suide agtergebly het.[14]

Die Jim Crow-wette was die diskriminerende wette wat vanaf 1876 tot 1965 in die Suidelike Verenigde State afgedwing is. Dit het 'n mandaat gevestig vir "afsonderlik, maar gelyke" status aan Afro-Amerikaners. Inderwaarheid het dit egter aanleiding gegee tot die minderwaardige behandeling en leefwyse as wat hul wit medeburgers geniet het. Van die wette het bepaal dat staatskole, openbare parke en persele en openbare vervoer, soos treine en busse, afsonderlike geriewe vir wit en swart gehad het. Segregasie in staatskole is in 1954 deur die hooggeregshof as onkonstitusioneel verklaar.

In reaksie op die toename in diskriminasie en geweld, het swartes met nie-gewelddadige protesveldtogte begin. In Februarie 1960 het vier Afro-Amerikaanse studente in Greensboro, North Carolina by 'n winkel ingestap en by die toonbank gaan sit, maar die personeel het geweier om hulle te bedien. Die studente het in hul lesings van passiewe weerstand geleer en vreedsaam gesit terwyl wittes hulle by die toonbank getart, tamatiesous oor hulle uitgegooi, en hulle met sigarette gebrand het. Hierna was daar nog talle ander soortgelyke protesaksies teen rassisme en ongelykheid gewees. Dit het regdeur die Suide posgevat en wyer begin uitbrei. Die veldtogte, optogte en boikotte het later begin vrugte afwerp en plekke het begin om hul sakeondernemings vir alle rasse oop te stel.

Die bomaanval op die 16de straat Baptistekerk was die keerpunt in die menseregte-tydvak van Amerika. Dit het die hele land se aandag op die probleem gevestig. Op Sondag 15 September 1963 het 'n lid van die Ku Klux Klan 'n gedeelte van die kerk in Birmingham met 'n bom verwoes. Die bom het naby 26 kinders ontplof waar hulle besig was om in die kelder vir kooroefening bymekaar te kom. Vier swartmeisies is in die aanval dood.[15][16]

Die voorval was skaars enkele weke na Martin Luther King jr. se groot optog in Washington. Dit het uiteindelik 'n integrale deel geword van die veranderde persepsies oor die lewensomstansdighede van swartes in Amerika, en die weg gebaan vir die wet op menseregte van 1964 en die wet op stemreg van 1965 om aanvaar te word. Nie een van die twee wette is egter teen die einde van die 1960's geïmplementeer nie want die kampvegters vir menseregte se stryd om politieke en sosiale vryheid het nog voortgeduur. Talle Amerikaanse state het huwelike oor die kleurgrens verbied. Mildred Loving, 'n swartvrou, en Richard Loving, 'n witman, is in 1967 in Virginia vir een jaar tronk toe gestuur omdat hulle getrou het.[17][18]

Die hede

Hoewel aansienlike vooruitgang in die voorafgaande dekades gemaak is om 'n middelklas op te bou en werk te skep, het swart armoede en 'n gebrek aan opvoeding,[19] in die konteks van de-industrialisering, toestande laat versleg.[20] Vooroordele, diskriminasie, en institusionele rassime het steeds die Afro-Amerikaners benadeel. Ondanks die vordering wat gemaak is na die bomaanval op die16de straat Baptistekerk, het die geweld op swartes voortgegaan.In die 1990's is kerke regdeur die Suidstate aan die brand gesteek.[21][22][23]

Verwysings

  1. U.S. Human Rights Network (Augustus 2010).
  2. "Aquí Se Habla Español – and Two-Thirds Don't Mind" (PDF).
  3. Darity Jr., William (2005).
  4. "Darity Jr., 2005"
  5. Eltis, David (2008).
  6. Eltis, David.
  7. http://www.fpri.org/articles/2008/08/teaching-about-slavery
  8. Alonzo L. Hamby, George Clack, and Mildred Sola Neely.
  9. "Background on conflict in Liberia" Geargiveer 14 Februarie 2007 op Wayback Machine.
  10. XIII – Slavery Abolished Geargiveer 19 Augustus 2016 op Wayback Machine The Avalon Project
  11. Maggie Montesinos Sale (1997).
  12. "The Deadliest War" Geargiveer 27 September 2007 op Wayback Machine.
  13. Tolnay, Stewart (2003).
  14. Beck, E.M.; Tolnay, Stewart (1990).
  15. Ravitz, Jessica.
  16. "Birmingham Church Bombed".
  17. Walker, Dionne (2007-06-10).
  18. Lawing, Charles B. "Loving v. Geargiveer 4 Julie 2007 op Wayback Machine
  19. "JBHE Statistical Shocker of the Year".
  20. Ronald Takaki, A Different Mirror: A History of Multicultural America (New York: Little, Brown & Co., 1993), 400-414.
  21. Booth, William (1996-06-19).
  22. Elizabeth Whitman.
  23. Southall, Ashley (2010-05-25).

Read other articles:

El ArenalPaís España España• Com. autónoma Andalucía Andalucía• Provincia Córdoba Córdoba• Ciudad Córdoba• Distrito Sureste[editar datos en Wikidata] El Arenal, también llamado simplemente Arenal, es un barrio de la ciudad de Córdoba (España), perteneciente al Distrito Sureste. Está situado en zona sur del distrito, junto a la ribera del Guadalquivir. Limita al norte con los barrios de Arcángel y Santuario; a…

Derechos LGBT en San Cristóbal y NievesBanderaEscudo San Cristóbal y Nieves en AméricaHomosexualidadEs legal Desde 2022Protección legal contra la discriminaciónLaboral Bienes y servicios En todos los aspectos Protección legal de parejaAcceso igualitario a la unión civil Matrimonio entre personas del mismo sexo Derechos reproductivos y de adopciónAcceso igualitario a la adopción monoparental Derecho de adopción conjunta Acceso igualitario a técnicas de reproducción asistida Acceso igu…

Este artículo o sección necesita ser wikificado, por favor, edítalo para que cumpla con las convenciones de estilo.Puedes avisar al redactor principal pegando lo siguiente en su página de discusión: {{sust:Aviso wikificar|Arma a distancia}} ~~~~Uso de esta plantilla: {{Wikificar|t={{sust:CURRENTTIMESTAMP}}}} Una ilustración de época de la Batalla de Crécy. Los arqueros ingleses figuran en primer plano a la derecha, donde alejan a los ballesteros franceses. Un arma a distancia es cualquie…

Any of the fifteen lanthanides plus scandium and yttrium Rare-earth elementsin the periodic table Hydrogen Helium Lithium Beryllium Boron Carbon Nitrogen Oxygen Fluorine Neon Sodium Magnesium Aluminium Silicon Phosphorus Sulfur Chlorine Argon Potassium Calcium Scandium Titanium Vanadium Chromium Manganese Iron Cobalt Nickel Copper Zinc Gallium Germanium Arsenic Selenium Bromine Krypton Rubidium Strontium Yttrium Zirconium Niobium Molybdenum Technetium Ruthenium Rhodium Palladium Silver Cadmium I…

For the national origin group of Ethiopia, see Ethiopians. This article has multiple issues. Please help improve it or discuss these issues on the talk page. (Learn how and when to remove these template messages) This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: Demographics of Ethiopia – news · newspapers · books · sc…

2005 Indian filmKanchanamala Cable TVDVD CoverDirected byPardha SarathiWritten byMarudhuri Raja (dialogues)Produced byPotluri SatyanarayanaK.V. Krishna RaoP.V.V.S.N. Murthy (Presents)StarringSrikanthLakshmi RaiCinematographyPoornaEdited byA. Sreekar PrasadMusic byK.M. Radha KrishnanProductioncompanyRamya MoviesRelease date 9 July 2005 (2005-07-09) CountryIndiaLanguageTelugu Kanchanamala Cable TV is a 2005 Indian Telugu-language comedy film directed by Pardha Sarathi and starring S…

1993 Russian filmYou Are My Only LoveRussian: Ты у меня однаDirected byDmitry AstrakhanWritten by Dmitry Astrakhan Oleg Danilov Produced by Galina Alekseyeva Arkadi Tulchin Starring Aleksandr Zbruyev Mark Goronok Marina Neyolova Mariya Lobachova Svetlana Ryabova CinematographyYuri VorontsovEdited by Nina Dushenkova V. Rubanov N. Viktorova Music byAleksandr PantykinProductioncompanyLenfilmRelease date1993Running time101 min.CountryRussiaLanguageRussian You Are My Only Love (Russian: Т…

English musician For the English cricketer, see William Horsley (cricketer). This article includes a list of references, related reading, or external links, but its sources remain unclear because it lacks inline citations. Please help to improve this article by introducing more precise citations. (February 2012) (Learn how and when to remove this template message) William Horsley (1832)by Richard James Lane William Horsley (18 November 1774 – 12 June 1858) was an English musician.…

Footballer (born 2002) In this Spanish name, the first or paternal surname is Sarmiento and the second or maternal family name is Morante. Jeremy Sarmiento Sarmiento playing for Brighton & Hove Albion in 2023Personal informationFull name Jeremy Leonel Sarmiento Morante[1]Date of birth (2002-06-16) 16 June 2002 (age 21)Place of birth Madrid, SpainHeight 1.78 m (5 ft 10 in)[2]Position(s) WingerTeam informationCurrent team West Bromwich Albion(on loan…

British chemist and physicist (1842–1923) For other people named James Dewar, see James Dewar (disambiguation). SirJames DewarFRS FRSEBorn(1842-09-20)20 September 1842Kincardine-on-Forth, ScotlandDied27 March 1923(1923-03-27) (aged 80)London, EnglandAlma materUniversity of EdinburghKnown forCorditeDiffuse and Sharp seriesLiquid oxygenLiquid hydrogenSolid hydrogenDewar flaskDewar benzeneAwardsHodgkins gold medal (1899)Bakerian Medal (1901)Lavoisier Medal (1904)Rumford Medal (…

Margaret DilkeBornMargaret Mary Smith4 September 1857Died19 May 1914 (1914-05-20) (aged 56)Newport, Isle of Wight, England, United Kingdom of Great Britain and IrelandNationalityBritishOther namesMrs. William Russell CookeOccupationcampaigner for women's rightsSpouses Ashton Wentworth Dilke ​ ​(m. 1876; died 1883)​ William Russell Cooke ​ ​(m. 1891)​ Margaret Maye Dilke born Margaret Mary Smith beca…

この記事は英語版の対応するページを翻訳することにより充実させることができます。(2021年5月)翻訳前に重要な指示を読むには右にある[表示]をクリックしてください。 英語版記事を日本語へ機械翻訳したバージョン(Google翻訳)。 万が一翻訳の手がかりとして機械翻訳を用いた場合、翻訳者は必ず翻訳元原文を参照して機械翻訳の誤りを訂正し、正確な翻訳にしな…

Círculo de Escritores Cinematográficos Acrónimo CECTipo OSFLObjetivos Crear, apoyar y difundir actividades culturales asociadas al cineFundación 1945Fundador Fernando Viola Sánchez, Luis Gómez Mesa, Carlos Fernández Cuenca, Joaquín Romero Marchent, Pío García Viñolas, Francisco Hernández Blasco, Adriano del Valle, Pío Ballesteros, Fernando Merelo, José González de Ubieta, Domingo Fernández Barreira, Fernando Méndez Leite von Haffe, Luis Figuerola, Antonio Barbero y Antonio Cresp…

عين الغزاللقطة من الفيلممعلومات عامةالصنف الفني روائيتاريخ الصدور 1924[1]مدة العرض 17 دقيقة[2]اللغة الأصلية ‍العربيةالعرض أبيض وأسود البلد  تونسالطاقمالمخرج ألبير شمامة شيكليالبطولة هايدي تمزالي, أحمد دزيري, عبد القاسم بن طالب, حاج هادي دهاليتعديل - تعديل مصدري - تع…

The Fairy PrinceMasque by Thomas Arne1778 portrait of the composerLibrettistGeorge Colman the ElderBased onJonson's Oberon, the Faery PrincePremiere12 November 1771 (1771-11-12)Covent Garden Theatre, London The Fairy Prince is a masque in three acts by composer Thomas Arne. The English libretto, by George Colman the Elder, is based on Ben Jonson’s Oberon, the Faery Prince (1611). The work premiered at the Covent Garden Theatre, London, on 12 November 1771.[1] History Des…

Ion sulfat. Ion sulfat (IUPAC bahasa Inggris: sulfate atau sulphate) adalah anion poliatomik dengan rumus empiris SO42-. Garam, turunan asam, sulfat peroksida banyak digunakan dalam industri. Sulfat digunakan secara luas dalam kehidupan sehari-hari. Sulfat dapat juga digunakan untuk menyebut garam dari asam sulfat dan beberapa senyawa lain yang terbuat asam tersebut. Ciri kimia Ion sulfat merupakan sejenis anion poliatom dengan rumus empiris SO42- dengan massa molekul 96.06 satuan massa atom; ia…

Painting by Rembrandt The Raising of Lazarus, Rembrandt. Oil on panel. 37 15/16 x 32 in. (96.36 x 81.28 cm). c. 1630-1632. Los Angeles County Museum of Art The Raising of Lazarus is an oil-on-panel painting by the Dutch artist Rembrandt from early in his career; it was probably painted between 1630 and 1632. The work depicts the Raising of Lazarus as told in the Gospel of John, Chapter 11. It is in the collection of the Los Angeles County Museum of Art. Imagery The painting shows the moment Laza…

Australian actress and singer Jessica JacobsBornJessica Madison Jacobs(1990-11-14)14 November 1990Canberra, AustraliaDied10 May 2008(2008-05-10) (aged 17)Cheltenham, Victoria, AustraliaResting placeSt. Kilda Cemetery, St. Kilda, Melbourne, Victoria, AustraliaEducationSandringham CollegeOccupation(s)Actress, singerKnown forMelanie Atwood on The Saddle ClubMusical careerGenresDance/electronicInstrumentsVocals, guitar, violinYears active1999–2008 Musical artist Jessica Madison Jacobs (1…

This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: Ustad Ali Maryam – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (February 2017) (Learn how and when to remove this template message) Rendering of Aminoddole Carvansarai, built by Ustad Ali Maryam. The ceiling of a room in Borujerdi House, Kashan Ustad Ali Maryam (P…

Young adult novel by Abigail Tarttelin Golden Boy AuthorAbigail TarttelinCountryUnited KingdomLanguageEnglishGenreNovel, family sagaPublisherW&NPublication dateMay 9, 2013Media typePrint (Paperback and Hardback) and E-bookPages416ISBN0297870947OCLC826526529 Golden Boy is the second novel by Abigail Tarttelin, published in 2013 about an intersex teenager, Max, and his family. It was described as a dazzling debut by Oprah's Book Club.[1] Conception and influences Tarttelin has des…

Kembali kehalaman sebelumnya

Lokasi Pengunjung: 18.218.13.235