Raleigh is die hoofstad van Noord-Carolina, met 'n bevolking van 423 200 (2012), en vorm saam met Durham, Cary en Chapel Hill die "Triangle" (die driehoek) wat meer as 2 miljoen inwoners tel. Raleigh is die tweede grootste stad in Noord-Carolina, genoem na een van die bekendste persoonlikhede van die Elisabethaanse tydperk, die adellike Engelse seevaarder, ontdekker, skrywer, digter, soldaat, politikus, howeling en spioen Sir Walter Raleigh (1552–1616). Raleigh het in Amerika self nooit voet aan wal gesit nie.