- Hierdie artikel handel oor die stad in Washington, V.S.A. Vir die ou beskawing in Antieke Griekeland, sien "Olimpia".
Olympia is die hoofstad van die VSA-deelstaat van Washington en die setel van die Thurston County. Dit is op 28 Januarie 1859 gestig. Die bevolking het 46 478 getel tydens die 2010-sensus. Die stad grens aan Lacey in die ooste, en Tumwater in die suide. Olympia is 'n groot kulturele sentrum van die Puget Sound-streek.