Puebla de Zaragoza ([ˈpweβla], Spaans: Heroica Puebla de Zaragoza, vorige koloniale naam: Puebla de los Ángeles; Nahuatl: Cuetlaxcoapan) is die hoofstad en grootste stad van die MeksikaansedeelstaatPuebla en dit is op 16 April 1531 deur Spanjaarde onder Fray Julían Garcés en Juan Salmerón gestig. Die stad het in 2020 'n bevolking van 1 692 181 en van 3 199 530 in die metropolitaanse gebied gehad en beslaan 'n oppervlakte van 534,32 km².
Puebla de Zaragoza is geleë net suidoos van die metropolitaanse gebied van Meksikostad en word deur die twee aktiewe vulkaneIztaccíhuatl en Popocatépetl van die hoofstad geskei. Puebla de Zaragoza is die vierde grootste stad van Meksiko ná Meksikostad, Guadalajara en Monterrey.
Historiese Monumentesone van Tlacotalpan • Historiese sentrum van Puebla • Vroegste 16de eeu kloosters op die hange van Popocatépetl1 • Voor-Spaanse stad van El Tajín
Suidwes
Historiese sentrum van Oaxaca en argeologiese plek van Monte Albán • Voor-Spaanse stad en Nasionale Park van Palenque • Prehistoriese grotte van Yagul en Mitla in die Sentrale Vallei van Oaxaca