Polokwane Internasionale Lughawe, voorheen bekend as Pietersburg Internasionale Lughawe of Gateway Internasionale Lughawe (IATA: PTG, ICAO: FAPP), is 'n lughawe in diens van die stad Polokwane (tot 2005 bekend as Pietersburg) in die Limpopoprovinsie van Suid-Afrika. Die lughawe is 5 km noord van die stad geleë.[2] Dit is in 1996 geopen op die perseel van die voormalige Lugmagbasis Pietersburg.[3]
Die lughawe het geskeduleerde vlugte van en na Johannesburg se O.R. Tambo Internasionale Lughawe, met vyf vlugte op weeksdae, een vlug op Saterdae en twee op Sondae.[4] In 2010/11 het die lughawe 7 783 vlugte met 58 723 passasiers vir die jaar hanteer.[3]
In April 2021 het Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid die lughawe se lisensiekategorie weens die onvoldoende voorsiening van veiligheidsdienste vir geskeduleerde kommersiële vlugte afgegradeer. Vervolgens het Airlink sy vlugte hierheen opgeskort.[5]
Verwysings
↑(en) "Aviation Statistics". Limpopo Province Freight Databank. Limpopo provinsiale regering. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Januarie 2015. Besoek op 9 Augustus 2013.