Pietermaritzburg-lughawe (IATA-kode: PZB, ICAO: FAPM), voorheen bekend as Oribi Lughawe, is 'n lughawe in Pietermaritzburg, in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Die lughawe bedien die stad van Pietermaritzburg en omgewing sowel as die westelike voorstede van Durban. Die lughawegebou en aanlêkaai is in 2013 opgegradeer.[1]