Die peulplant is inheems aan die sentrale plato, waar dit wydverspreid voorkom in grasveld.[3] Hulle groei in kleigrond en soms sandgrond, in die nabyheid van spruite en vleie, waar hulle in kolonies kan voorkom.[1]
Die haarlose, drieledige blare het skerp gekromde stekels langs die hoofas en groter syare,[4] wat aan die ondersy opgehewe is. Die lote en blare word jaarliks uitgestoot, en sterf weg tydens strawwe hoëveldse winters,[1] wanneer die plant oorleef as 'n aansienlike knolagtige wortelstok met kort bogrondse stingels. Bloeiwyses word in die somer voortgebring, van Oktober tot Januarie.[1] Die hangende skarlakenkleurige, of by uitsondering wit,[4] blomme het rooiblomkelke.
Die vrugte is gladde, swart peule, wat elk 'n paar harde, oranjerooi sade bevat.[1][4]
Dit is 'n voedselplant vir die mot Terastia margaritis.[5]