Peter Gerald Hain (Nairobi, 16 Februarie 1950) is 'n politikus van die Britse Arbeidersparty. Hy was parlementslid in Londen vir Neath (Wallis) en het Noord-Ierland en Wallis in die Britse kabinet verteenwoordig (1991 tot 2015). Hain het as tiener van Suid-Afrika (hy was op Pretoria Boys High School) na die Verenigde Koninkryk verhuis en was 'n bekende anti-apartheidsaktivis[verwysing benodig] in die 1970's wat hom op die ontwrigting van Suid-Afrikaanse rugby- en kriekettoere na Brittanje toegespits het. Sy ouers was Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktiviste wat tot "verbande persone" verklaar is, kortliks in die tronk aangehou is, en deur die Suid-Afrikaanse regering verhoed is om te werk. Die familie het in 1966 na Londen verhuis.
Verwysings