Nes ander teropodes is alle lede van Paraves tweevoetig en loop hulle op hulle agterpote.[2]
Die tande van primitiewe lede van Paraves was gebuig en geriffel, maar nie lemagtig nie, behalwe in sommige gespesialiseerde spesies soos Dromaeosaurus albertensis. Die geriffelde dele aan die voorkant van die Dromaeosauridae en Troodontidae se tande was klein en fyn, terwyl die agterkant s'n groot en krom was.[3]
Die meeste van die vroegste spesies van Paraves was karnivore, hoewel dit bekend is dat sommige van die kleiner spesies (veral in Troodontidae en vroeë lede van Avialae) omnivore (allesvreters) was. Daar is al voorgestel dat die groep se voorsate ook omnivoor was, met sekere lyne wat streng karnivoor geword het.[4][3]
Volgens fossiele was voorsate se bene en voete ook met vere bedek, moontlik van die Coelurosauria af, hoewel dié eienskap later meestal verlore gegaan het in meer ontwikkelde voëls.[5] Vroeë lede van Paraves is bekend vir 'n vergrote klou aan die tweede toon, wat sommige spesies van die grond af opgelig het wanneer hulle geloop het.[6]
↑Mayr, G. (Oktober 2016). Avian Evolution: The Fossil Record of Birds and its Paleobiological Significance (1 uitg.). p. Hoofstuk 2. ISBN978-1119020769.