Paranthropus het sowat 2,7 miljoen jaar gelede sy verskyning gemaak. Al die spesies het op twee voete geloop en geleef in die tyd toe spesies van die genus Homo (wat moontlik van Australopithecus afgestam het) algemeen voorgekom het.
Die meeste spesies van Paranthropus se brein was omtrent 40 persent van dié van die moderne mens. Daar was verskille tussen die spesies, maar die algemene lengte was sowat 1,3-1,4 m en hulle was sterk gespierd.
Die meeste Australopithecus-spesies het óf uit die fossielrekord verdwyn voor die verskyning van die vroeë mense óf hulle was die voorsate van Homo habilis, maar P. boisei en P. aethiopicus het langs ’n ander lyn ontwikkel en ’n pad apart van dié van die mens gevolg. Paranthropus het in dieselfde tyd voorgekom as die vroeë Homo-genusse soos H. habilis, H. ergaster en moontlik selfs H. erectus.[2]
"Paranthropus". Human Evolution—A Look At Our Ancestors. Humboldt-staatsuniversiteit. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 April 2001. Besoek op 12 Maart 2014.