Gibbons of langarmape is ape in die familieHylobatidae. Die familie het histories uit net een genus bestaan, maar is nou verdeel in vier genera. Gibbons kom in tropiese en subtropiese reënwoude voor van Noordoos-Indië tot Indonesië en Noord- en Suid-China, insluitende die eilande Sumatra, Borneo en Java.
Gibbons[1] is kleiner as die groot ape soos die sjimpansee, bonobo, gorilla, orangoetang en mens, en het ’n kleiner mate van geslagsdimorfie. In sekere opsigte stem hulle meer ooreen met die kleiner ape. Maar soos alle groot ape is die gibbon ook stertloos. ’n Verbintenis (Engels: bonding) kom ook tussen pare voor, anders as by die meeste van die groot ape. Gibbons het ’n spesifieke manier van voortbeweeg: hulle swaai van tak tot tak oor afstande van tot 15 m, teen snelhede van tot 55 km/h. Hulle kan ook tot 8 m hoog spring en op twee voete loop met hul arms opgelig vir balans. Hulle is die vinnigste, ratsste nie-vlieënde diere wat in bome woon.
Na gelang van die spesie en geslag, kan gibbons se haarkleur wissel van donker- tot ligbruin en van swart tot wit. Min van hulle is heeltemal wit.
Taksonomie
Die familie word in vier genera verdeel volgens hul diploïedechromosoomgetal: Hylobates (44), Hoolock (38), Nomascus (52) en Symphalangus (50).[1][2]
Genus Hylobates
H. lar
H. l. lar
H. l. carpenteri
H. l. entelloides
H. l. vestitus
H. l. yunnanensis
H. albibarbis
H. agilis
H. muelleri
H. m. muelleri
H. m. abbotti
H. m. funereus
H. moloch
H. m. moloch
H. m. pongoalsoni
H. pileatus
H. klossii
Genus Hoolock
H. hoolock
H. leuconedys
Genus Symphalangus
S. syndactylus
Genus Nomascus
N. annamensis
N. concolor
N. c. concolor
N. c. lu
N. c. jingdongensis
N. c. furvogaster
N. nasutus
N. hainanus
N. leucogenys
N. siki
N. gabriellae
Verwysings
↑ 1,01,1Mootnick, A.; Groves, C.P. (2005). "A new generic name for the hoolock gibbon (Hylobatidae)". International Journal of Primatology. 26 (26): 971–976. doi:10.1007/s10764-005-5332-4.