Die Overbergse speldekussing (Leucospermum oleifolium) is 'n blomdraende struik wat hoort tot die Leucospermum genus en deel vorm van die fynbos-bioom. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap; dit kom voor in die Slanghoek-, Du Toitskloof-, Riviersonderend-, Hottentots-Hollandberge, Kleinmond, Groenlandberg en Caledon. Die struik word slegs 1,0 m groot en dra hoofsaaklik blomme van September tot Oktober.
In Engels staan dit as die Overberg pincushion bekend.
Galery
Sien ook
Bronnelys
Eksterne skakels