Die naam beteken "oor die berg" en is 'n verwysing na die streek se ligging ten opsigte van Kaapstad.
Die streek is nog altyd as die broodmandjie van die Kaap gesien en word meestal vir graanlandbou — hoofsaaklik koring — gebruik. Die koringlande is 'n belangrike broeiplek vir Suid-Afrika se nasionale voël, die Bloukraanvoël. 'n Ander belangrike voedselsoort wat in die Overberg verbou word, is sagtevrugte. Die Elginvallei is die tweede grootste verskaffer van vrugte in Suid-Afrika.
Die hoofdorpe is Hermanus, Caledon en Swellendam, en die streek sluit ook Kaap Agulhas, die mees suidelike punt van Afrika, in. Die landskap word oorheers deur golwende heuwels wat deur die see en berge ingesluit word.
Galloway, T.S.: 'n Streeksgeskiedenis oor die kusdorpe in die Strandveld van die Overberg, circa 1940 - 1994. Universiteit van Stellenbosch: ongepubliseerde M.A.-verhandeling, 2017