Organisasie vir Eenheid in Afrika

   Hierdie artikel behoort versmelt te word met Organisasie vir Afrika-eenheid.
Maak seker om die inhoud te skuif na die bladsy wat reeds aan Wikidata gekoppel is!
Indien altwee gekoppel is, sien hier.

Lidlande

Die Organisasie vir Eenheid in Afrika (OEA) (FransOrganisation de l'unité africaine (OUA)) is op 25 Mei 1963 in Addis Abeba deur 32 deelnemende Afrika-state gestig .[1] Dit is op 9 Julie 2002 deur sy laaste voorsitter, die voormalige Suid-Afrikaanse president Thabo Mbeki ontbind, en deur die Afrika-unie (AU) vervang.

Oogmerke

Die OEA het die volgende primêre oogmerke nagestreef:

  • Om die samewerking van die Afrikastate the koördineer en te verskerp om 'n beter lewe vir al die volke van Afrika te kan skep. [1]
  • Om die soewereiniteit, territoriale integriteit, en onafhanklikheid van Afrikastate te beskerm.
  • Die OEA het hom ook beywer vir die uitwissing van alle vorme kolonialisme en wit minderheidsheerskappy aangesien daar, met sy stigting in 1963, nog etlike state was, wat nog nie onafhanklikheid verkry het nie, of nog onder wit minderheidsregerings was. Suid-Afrika en Angola was twee sulke lande. Die OEA het twee maniere voorgestel om van kolonialisme en wit minderheidsregerings ontslae te raak. Eerstens sal die belange van onafhanklike state verdedig word en die lande wat nog onder die koloniale juk staan sal gehelp word om hul onafhanklikheid te kry. Tweedens sal die OEA neutraal bly in die wêreldsake en sodoende verhoed dat die lidlande weereens deur buitelandse moondhede beheer kan word.

'n Bevrydingskomitee is gestig om onafhanklikheidsbewegings by te staan, en na die belange van lande, wat reeds onafhanklik was, om te sien.

Die OEA het ook ander oogmerke nagestreef:

  • Verseker dat alle Afrikane menseregte geniet.
  • Verhoog die lewenstandaarde van alle Afrikane.
  • Skik argumente en dispute tussen die lede- nie deur gevegte nie, maar eerder vreedsaam en met diplomatieke onderhandelings.

Kort na die verkryging van onafhanklikheid het 'n aantal Afrikastate aangedui dat hulle groter eenheid tussen die Afrikalande op die kontinent wil hê. Nie elkeen het saamgestem hoe hierdie eenheid bereik kan word nie, maar twee uitgesproke groepe het in dié verband na vore getree:

  • Die Casablanca Groep onder leiding van Kwame Nkrumah van Ghana, wou 'n federasie van alle Afrikastate hê. Afgesien van Ghana het dié groep bestaan uit AlgeriëGuineeMarokkoEgipteMali en Libië. Die groep is in 1961 gestig en sy lede is as die "progressiewe state" bestempel.
  • Die Monroviese Groep, is deur Léopold Sédar Senghor van Senegal gelei. Hulle het gevoel dat eenheid stelselmatig bereik moet word deur ekonomiese samewerking. Die groep was nie ten gunste van 'n politieke federasie nie. Die lidlande was NigeriëLiberiëEthiopië en die meeste van die voormalige Franse kolonies

Sommige van die aanvanklike samesprekings is in Sanniquellie, Liberië gehou. Die dispuut is uiteindelik opgelos toe die Ethiopiese keiser Haile Selassie die twee groepe na Addis Abeba genooi het waar die OEA se hoofkwartier toe gevestig is. Die Handves van die OEA is  deur 32 onafhanklike Afrikastate onderteken.

Met die ontbinding van die OEA, was 53 van die Afrikastate lede daarvan. Marokko het op 12 November 1984 sy lidmaatskap beëindig toe die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara in 1982 as die regering van Wes-Sahara 'n lid geword het.

Die organisasie is wyd uitgekryt as niks anders as burokratiese "pratende koppe" met baie min magte. Die OEA het gesukkel om sy besluite af te dwing, en met die gebrek aan 'n gewapende mag was dit moeilik om by konfliksituasie in te gryp. Burgeroorloë het vir jare in Nigerië en Angola aangegaan sonder dat die OEA iets daaraan kon doen.

Die beleid van nie-inmenging in die huishoudelike sake van lidlande het ook die doeltreffendheid van die OEA benadeel. Toe Idi Amin hom in die 1970's skuldig gemaak het aan ernstige menseregteskendings was die OEA magteloos om in te gryp.

Die organisasie is deur Kofi Annan, die voormalige Ghanese sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies geloof vir die vereniging van Afrikane, maar in die 39 bestaansjare van die OEA was daar gereeld kritici wat gereken het dat daar baie min gedoen was om die regte en vryheid van Afrikaburgers teen hul eie leiers se vergrype te beskerm. Die OEA is dikwels as 'n "Diktatorsklub"[2] of  "Diktators-vakbond"  beskryf.

Die OEA was darem tot 'n mate suksesvol. Talle van sy lede was ook lid van die VN en hulle het daar saamgestaan om die belange van Afrika voorop te stel- veral in verband met die voortslepende kolonialisme. Die strewe na Afrika-eenheid was dus in 'n mate suksesvol.

Totale eenheid was moeilik om te bereik aangesien die OEA grootliks verdeeld was. Die voormalige Franse kolonies, wat nog grootliks afhanklik was van Frankryk, het die Monroviese groep gestig. Dan was daar nog 'n verdere verdeeldheid tussen dié wat die Verenigde State van Amerika en die Sowjetunie met die Koue Oorlog se ideologieë gesteun het. Die pro-sosialistiese faksie was deur Kwame Nkrumah gelei, terwyl Félix Houphouët-Boigny van die Ivoorkus die pro-kapitaliste gelei het. Hierdie verskille was die oorsaak dat dit vir die OEA onmoontlik was om teen state oor interne konflikte op te tree aangesien die organisasie nouliks eenstemmigheid oor enige aangeleenthede kon bereik.

Die OEA het darem daarin geslaag om van kolonialisme en wit minderheidsoorheersing in Afrika ontslae te raak. Dit het wapens, opleiding en militêre basisse aan rebellegroepe gegee om wit minderheidsregerings en kolonialisme te beveg. Groepe soos die African National Congress en die Pan Africanist Congress of Azania wat apartheid beveg het, en Zimbabwe African National Union en Zimbabwean African People's Union, wat teen die Rhodesiese bewind geveg het, is deur die OEA in hul vryheidsoorloë gesteun. Afrika se hawens is vir Suid-Afrika gesluit, en Suid-Afrikaanse vliegtuie is nie toegelaat om oor die res van die kontinent te vlieg nie. Die OEA het druk op die VN geplaas om Suid-Afrika uit internasionale liggame soos die Wêreldgesondheidsorganisasie te skors.

Die OEA het ook nou met die VN saamgewerk om die vlugtelingkwessie te verlig. Die Afrika Ontwikkelingsbank is gestig met die doel om Afrika finansieel sterker te maak. Hoewel alle Afrikalande uiteindelik hul onafhanklikheid gekry het, was dit maar moeilik om heeltemal onafhanklik van hul voormalige koloniseerders te word. Daar was dikwels op die voormalige koloniale heersers gesteun vir ekonomiese hulp, wat gewoonlik met voorwaardes toegestaan is soos: lenings moes teen hoë rentekoerse terugbetaal word, en goedere teen lae koste aan die uitleners verkoop word.

Die VSA en die Sowjetunie het vir hul eie doelwitte in die post-koloniale Afrika ingegryp. Hulp is soms in die vorm van tegnologie en hulpwerkers voorsien. Hoewel dit handig was, sulke buitelandse hulp dikwels nie in die beste belang van die voormalige kolonies beskou nie. Ondanks die stryd om die "Westerlinge" (koloniste) uit Afrikasake te hou, het die OEA nie daarin geslaag om sy doelwitte te bereik vir Afrika om sy eie sake te kan behartig nie. Die OEA het steeds baie afhanklik gebly van die Westerse hulp (militêr en ekonomies) om by Afrikasake in te gryp- dit, ten spyte van die Afrikaleiers se ongelukkigheid om met die internasionale gemeenskap en veral die Westerse lande sake te doen.

Egipte se president Nasser tydens die Kaïro spitsberaad in 1964

Lees ook

Verwysings

Nog leesstof

Read other articles:

Ikan telur Spirinchus lanceolatus TaksonomiKerajaanAnimaliaFilumChordataKelasActinopteriOrdoOsmeriformesFamiliOsmeridaeGenusSpirinchusSpesiesSpirinchus lanceolatus lbs Shisamo (berarti ikan daun dedalu) atau ikan telur , Spirinchus lanceolatus, adalah seekor ikan yang rutin bermigrasi, ikan ini asli dan populer di Hokkaido, Jepang. Keterangan Ikan ini rata-rata memiliki panjang 15 sentimeter, dengan panjang tercatat maksimal 70 cm. [1] Bagian belakang umumnya berwarna gelap dengan bag...

 

1958 Indian filmSitaron Se AageyDirected bySatyen BoseWritten bySatyen BoseProduced byV. L. NarasuStarringAshok KumarVyjayanthimalaJohnny WalkerCinematographyK. H. KapadiaEdited byBimal RoyMusic byS. D. BurmanProductioncompanyNarasu StudioRelease date1958Running time149 minutesCountryIndiaLanguageHindi Sitaron Se Aagey (transl. Ahead of the Stars) is a 1958 Hindi Black-and-white family film written and directed by Satyen Bose. The film starred Ashok Kumar and Vyjayanthimala, with Johnn...

 

Pour les articles homonymes, voir Bayer et Leverkusen (homonymie). Bayer Leverkusen Généralités Nom complet Bayer 04 Leverkusen Fußball GmbH Surnoms WerkselfPillendreher[1],Neverkusen, VizeKusen[2] Noms précédents 1904-1999 : TSV Bayer 04 Leverkusen e. V. Fondation 1er juillet 1904 Couleurs Rouge et noir Stade BayArena (30 210 places) Siège Bismarckstr. 122-12451373 Leverkusen Championnat actuel 1. Bundesliga Président Fernando Carro Entraîneur Xabi Alonso Joueur le p...

Historic house in New York, United States United States historic placeAdsit Cobblestone FarmhouseU.S. National Register of Historic Places Show map of New YorkShow map of the United StatesLocation3871 Clover St.,Mendon, New YorkCoordinates43°0′51″N 77°35′5″W / 43.01417°N 77.58472°W / 43.01417; -77.58472Area2 acres (0.81 ha)Built1832Architectural styleFederalMPSCobblestone Architecture of New York State MPSNRHP reference No.96001393[1...

 

Allen J. HolubarHolubar pada tahun 1923Lahir(1890-08-03)3 Agustus 1890San Francisco, California, Amerika SerikatMeninggal20 November 1923(1923-11-20) (umur 33)Los Angeles, California, Amerika SerikatPekerjaanPemeran, sutradara, penulis naskahTahun aktif1913–1923Suami/istriDorothy Phillips (m.1912) Allen Holubar (3 Agustus 1890 – 20 November 1923)[1] adalah seorang pemeran, sutradara dan penulis naskah Amerika Serikat dari era film bisu.[2] Ia tampi...

 

Castalian Springs Mound Site 40 SU 14Location within Tennessee todayLocationCastalian Springs, Tennessee, Sumner County, Tennessee,  USARegionSumner County, TennesseeCoordinates36°23′54.96″N 86°18′48.60″W / 36.3986000°N 86.3135000°W / 36.3986000; -86.3135000HistoryFounded1100 CEAbandoned1450CulturesMississippian cultureSite notesExcavation dates1891, 1893, 1916-1917, 2005-2011,ArchaeologistsWilliam E. Myer, Kevin E. SmithArchitectureArch...

North American trade union For the South African trade union, see Amalgamated Clothing and Textile Workers' Union of South Africa. ACTWUMerged intoInternational Ladies' Garment Workers' UnionSuccessorUnion of Needletrades, Industrial and Textile EmployeesFounded1976Dissolved1995Merger of Textile Workers Union of America Amalgamated Clothing Workers of America LocationUnited States of America The Amalgamated Clothing and Textile Workers Union (ACTWU) was a labor union representing wo...

 

この記事は検証可能な参考文献や出典が全く示されていないか、不十分です。出典を追加して記事の信頼性向上にご協力ください。(このテンプレートの使い方)出典検索?: コルク – ニュース · 書籍 · スカラー · CiNii · J-STAGE · NDL · dlib.jp · ジャパンサーチ · TWL(2017年4月) コルクを打ち抜いて作った瓶の栓 コルク(木栓、�...

 

English field hockey player Nicola WhiteMBE White at Our Greatest Team Parade in 2012Personal informationBorn (1988-01-20) 20 January 1988 (age 36)Shaw and Crompton, Greater Manchester, EnglandHeight 1.72 m (5 ft 8 in)Weight 65 kg (143 lb)Playing position Forward Medal record Representing  Great Britain Olympic Games 2016 Rio de Janeiro Team 2012 London Team Champions Trophy 2012 Rosario Representing  England Commonwealth Games 2014 Glasgow Team 2010 De...

навчальний заклад 2-й Київський державний медичний інститут 2-й КМІ Один з корпусів лікарні, на базі якої було відкрито медичний інститутОдин з корпусів лікарні, на базі якої було відкрито медичний інститут Країна  СРСР Українська СРРЗасновано 1931Закрито 1944 Другий к...

 

International Nichiren Buddhist movement Soka Gakkai International創価学会インターナショナルSoka Gakkai International flagAbbreviationSGIFormationJanuary 26, 1975HeadquartersTokyo, JapanRevenue donations and investmentsWebsitewww.sokaglobal.org The neutrality of this article is disputed. Relevant discussion may be found on the talk page. Please do not remove this message until conditions to do so are met. (October 2023) (Learn how and when to remove this message) This article nee...

 

Village in County Antrim, Northern Ireland Human settlement in Northern IrelandBroomhedgeBroomhedgeLocation within Northern IrelandPopulation403 (2001 Census)• Belfast12 mi (19 km)CountyCounty AntrimCounty DownCountryNorthern IrelandSovereign stateUnited KingdomPost townLisburn, CraigavonPostcode districtBT28BT67Dialling code028PoliceNorthern IrelandFireNorthern IrelandAmbulanceNorthern Ireland UK ParliamentLagan ValleyNI AssemblyLagan Valley List of place...

Execution method Suppression of the Indian Revolt by the English, which depicts the execution of mutineers by blowing from a gun by the British Army, a painting by Russian artist Vasily Vereshchagin c. 1884. Blowing from a gun is a method of execution in which the victim is typically tied to the mouth of a cannon which is then fired, resulting in death. George Carter Stent described the process as follows: The prisoner is generally tied to a gun with the upper part of the small of his back re...

 

Artikel ini perlu dikembangkan dari artikel terkait di Wikipedia bahasa Inggris. (Juli 2023) klik [tampil] untuk melihat petunjuk sebelum menerjemahkan. Lihat versi terjemahan mesin dari artikel bahasa Inggris. Terjemahan mesin Google adalah titik awal yang berguna untuk terjemahan, tapi penerjemah harus merevisi kesalahan yang diperlukan dan meyakinkan bahwa hasil terjemahan tersebut akurat, bukan hanya salin-tempel teks hasil terjemahan mesin ke dalam Wikipedia bahasa Indonesia. Jangan...

 

Camille CliffordLahirCamilla Antoinette Clifford(1885-06-29)29 Juni 1885Antwerp, BelgiaMeninggal28 Juni 1971(1971-06-28) (umur 85)Tahun aktif1902–1906, ca 1915–ca 1918Suami/istriHon. Henry Lyndhurst Bruce ​ ​(m. 1906; meninggal 1914)​ John Meredyth Jones Evans ​ ​(m. 1917; hingga wafat 1957)​ Camilla Antoinette Clifford (29 Juni 1885 – 28 Juni 1971), diken...

Chaim Abraham Gaginimage attributed to Chaim Abraham GaguinePersonalBorn1787Constantinople, Ottoman EmpireDied23 May 1848(1848-05-23) (aged 60–61)Jerusalem, Ottoman EmpireReligionJudaismJewish leaderPredecessorYehuda NavonSuccessorYitzhak KovoPositionChief Rabbi of Ottoman PalestineBegan1842Ended1848 Chaim Abraham Gagin (1787–1848) was Chief Rabbi of Ottoman Palestine from 1842 to 1848. He was a foremost posek, mekubal, author, and the head of the Tiferet Yerushalaim Yeshiva. One of ...

 

Pour les articles ayant des titres homophones, voir Mariolle. Mariol L'entrée de Mariol par la route départementale 260 et son église. Administration Pays France Région Auvergne-Rhône-Alpes Département Allier Arrondissement Vichy Intercommunalité Communauté d'agglomération Vichy Communauté Maire Mandat Romain Dejean 2020-2026 Code postal 03270 Code commune 03163 Démographie Gentilé Mariolais Populationmunicipale 713 hab. (2021 ) Densité 76 hab./km2 Géographie Coordonn...

 

この名前は、スペイン語圏の人名慣習に従っています。第一姓(父方の姓)はアルカンタラ、第二姓(母方の姓)はモンテロです。 サンディ・アルカンタラSandy Alcántaraマイアミ・マーリンズ #22 マイアミ・マーリンズ時代(2023年3月30日)基本情報国籍 ドミニカ共和国出身地 サン・フアン州サン・フアン・デ・ラ・マグアナ(英語版)生年月日 (1995-09-07) 1995年9月7�...

Internationaux de France de tennis 1990 Édition Roland-Garros Date Du 28 mai au 10 juin 1990 Lieu Stade Roland-Garros Paris Catégorie Grand Chelem Surface Terre (ext.) Dotation 2 700 000 $ Total Financial Commitment 2 700 000 $ Tableaux de simple Dames 7 tours (128 joueuses) Monica Seles Messieurs 7 tours (128 joueurs) Andrés Gómez Tableaux de double Dames 6 tours (64 équipes) Jana Novotná Helena Suková Messieurs 6 tours (64 équipes) Sergio Casal Emilio ...

 

Japanese manga artist Paru Itagaki板垣 巴留Born (1993-09-09) September 9, 1993 (age 30)[1][2]Tokyo, JapanArea(s)Manga artistNotable worksBeastarsSandaAwardsJapan Media Arts Festival AwardManga TaishōTezuka Osamu Cultural PrizeKodansha Manga Award Paru Itagaki (板垣 巴留, Itagaki Paru, born September 9, 1993) is a Japanese manga artist. She is best known as the creator of the manga series Beastars, for which she has won numerous awards. She is the daughter of mang...