Onseepkans

Onseepkans
Onseepkans is in Noord-Kaap
Onseepkans
Onseepkans
 Onseepkans se ligging in Noord-Kaap
Koördinate: 28°47′56″S 19°19′0″O / 28.79889°S 19.31667°O / -28.79889; 19.31667
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieNoord-Kaap
DistrikNamakwa
MunisipaliteitKhâi-Ma
Oppervlak
 • Totaal27,65 km2 (10,68 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal2 090
 • Digtheid76/km2 (200/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense1.5%
 • Indiërs/Asiërs0.4%
 • Bruin mense78.1%
 • Swart mense18.9%
 • Ander1.0%
Taal (2011)
 • Afrikaans 84.1%
 • Tswana 12.9%
 • Ander 3.0%
Poskode (strate)
Poskode (posbusse)
8892
Skakelkode054

Onseepkans[2] is 'n nedersetting aan die Oranjerivier in die Noord-Kaap, 57 km noord van Pofadder en 107 km suidoos van Karasburg, Namibië.

Geskiedenis

Die dorpie is in 1916 as besproeiingsnedersetting gestig en is sedert 1936 deur 'n dorpsbestuursraad beheer. Die naam is afgelei van die Khoekhoen woord wat draai in die rivier waar die lemoendoringbome groei beteken, 'n verwysing na Parkinsonia africana. Die bevolking was net meer as 2 000 in 2011.

Grenspos

Onseepkans is ook 'n grenspos (oop 08:00–16:30); die grenspos aan Namibië se kant staan bekend as Velloorsdrif. Die brug oor die Oranjerivier is in 1962 geopen. Die R358-streeksroete verbind dié dorp met die N14-nasionale pad.

Sien ook

Bronne

  • Green, Douglas G.: To the river's end. Kaapstad: Howard B. Timmins, s.j.
  • Rosenthal, Eric (red.). Ensiklopedie van Suidelike Afrika. Londen en New York: Frederick Warne & Kie Bpk.

Verwysings