Oelan-Chol (Russies: Улан-Хол) is 'n dorpie in Kalmikië, Rusland. Dit is die setel en die enigste nedersetting van die gelyknamige Oelan-Chol Plaaslike Munisipaliteit wat tot Lagan-rajon behoort. Die dorpie se naam kom van die Kalmikiese woorde vir "rooi vallei".
Demografie
Volgens Sensus 2010 het Oelan-Chol 2 329 inwoners gehad. Etniese Kalmikiërs vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.[1]